Wes-Sahara

Wes-Sahara (Arabies: الصحراء الغربية, aṣ-Ṣaḥrā’ al-Gharbīyah; Berbers: Taneẓroft Tutrimt; Spaans: Sahara Occidental) is 'n gebied wat voorheen as Spaans-Sahara, 'n kolonie van Spanje bekend gestaan het.

Dit is geleë in Noord-Afrika, suid van Marokko, suidwes van Algerië en noordwes van Mauritanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara in die Atlantiese Oseaan.

Wes-Sahara
Ligging van Wes-Sahara
Wes-Sahara
Kaart van Wes-Sahara
Wes-Sahara
Topografiese kaart van Wes-Sahara
Wes-Sahara
Die Verenigde Nasies se kaart van Wes-Sahara toon die deur Marokko besette gebied (wes van die Berm) en die gebied wat beheer word deur die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara (oos van die Berm).

In Julie 2004 het Wes-Sahara 'n bevolking van 267 405 gehad. Dit beslaan 'n oppervlakte van 266 000 km². Wes-Sahara is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk, maar met 'n totale bevolking kleiner as die meeste stede in Suid-Afrika.

Bevolking

Die etniese samestelling van die bevolking is oorwegend Sahrawis, letterlik inwoner van die Sahara of woestyninwoner ('n mengsel van Arabiere en gearabiseerde Imazighen (Berbers)) en Arabiere uit Marokko. Sahara (Arabiese uitspraak: [ˈsˤɑħrɑːʔ]) beteken woestyn in Arabies. Byna die hele bevolking van Wes-Sahara is Moslems.

Politiek

Alhoewel Marokko aanspraak maak op die hele gebied, erken 39 lande, waaronder Suid-Afrika, die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara as soewereine owerheid van die gebied en dit is 'n lid van die Afrika-unie. Vanweë die feit dat Marokko Wes-Sahara nie as 'n onafhanklike gebied erken nie was hy nie lid van hierdie organisasie nie. Op 30 Januarie 2017 het Marokko tóg lid van die Afrika-unie geword, ten spyte daarvan dat die Wes-Sahara-konflik nie opgelos is nie. Die setel van die ADRS is tans in Algerië.

In Desember 2020 het die Verenigde State die eerste land ter wêreld geword wat Marokko se soewereiniteit oor die gebied erken het, maar sommige lande, soos Frankryk en Nederland, erken ook nie Wes-Sahara as 'n onafhanklike staat nie. Die VSA het Marokko se eis egter net in verruiling vir Marokko se diplomatieke erkenning van Israel aanvaar. As gevolg hiervan is die situasie van beide Palestyne en Sahrawis aan mekaar geheg.

Die republiek het op die oomblik slegs 'n klein strook van die land onder sy beheer (in die suidooste), die res word deur Marokko bestuur. Die grens tussen die twee lande is die Marokkaanse Muur.

Die hele bestuur van die SADR bestaan uit Polisario-lede. Polisario is 'n guerillaleër wat in 1973 gestig is en veg vir die bevryding van Wes-Sahara van Marokkaanse oorheersing.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Wes-Sahara BevolkingWes-Sahara PolitiekWes-Sahara VerwysingsWes-Sahara BronnelysWes-Sahara Eksterne skakelsWes-SaharaAlgeriëArabiesAtlantiese OseaanBerbertaleKanariese EilandeMarokkoMauritaniëNoord-AfrikaSpaansSpanje

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KrampNoord-KaapFinale OplossingCounter-Strike 2DonkiePenisHerpes simplexPseudowetenskapInnes en Franna BenadéKonsentrasiekampAfro-AmerikanersInvloed van vigs op die ekonomieLugbesoedelingMynbedryf van Suid-AfrikaPuberteitWiskundeMiltPersoonlike voornaamwoordLys van Griekse mitologiese figureJeanette FerreiraVerenigde State van AmerikaBosvarkTradisionele literatuurDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Afrikaanse TaalmonumentJan van TonderJavaScriptKitaarAnti-inflammatoriese middelHerfsGenadedoodPlantluisKaapse VlakteMotorvoertuigKindersiektesPoësieMassaNag van die lang messeBysteekApartheidHeupSendelingposisieHigiëneJohannesburgCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaWatersuiweringMandalaAppel (sanger)AkuutVlagterminologieAfrikanerweerstandsbewegingDwelmmiddelWerkwoord7de LaanUnie van Suid-AfrikaHindoeïsmeGautengHondKaapstadEreksieHefboomGeboorteTierHokkieVloeistofSkilpadHernubare energieRomanHulpwerkwoordVoornaamwoordKapitalismeSharpeville-slagtingMenslike seksuele gedragMark (ekonomie)🡆 More