Wemmer

Wemmer is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 800 m suidsuidoos van die stadsaal.

Wemmer
Wemmer is in Gauteng
Wemmer
Wemmer
Wemmer Wemmer se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°12′55″S 28°02′45″O / 26.21528°S 28.04583°O / -26.21528; 28.04583 28°02′45″O / 26.21528°S 28.04583°O / -26.21528; 28.04583
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Stigting1919
Oppervlak
 • Totaal0,26 km2 (0,10 vk. myl)
Wemmer
Die grense van die Wemmer-goudmyn soos aangedui op dié straatkaart van 1897, stem in 'n mate ooreen met dié van die voorstad, wat in 1919 uitgelê is.

Die voorstad beslaan sowat 0,26 km² noord en suid van die M2 (Francois Oberholzer-snelweg). In die weste en suidweste grens dit aan Selby, in die noorde aan Marshalltown en Salisbury Claims, in die ooste aan Village Main en in die suidooste aan New Centre.

Wemmer is in 1919 uitgelê op die perseel van die nou uitgeputte Wemmer-goudmyn, wat ontstaan het op die plaas Turffontein. Die naam is van die myn s’n afgelei; dus roep dit die naam van Sam Wemmer (1846–1933) in herinnering, wat die destyds fabelagtige bedrag van R40 000 per jaar uit die myn verdien het, maar in volsale armoede gesterf het. Wemmerpan is ook na hom genoem.

Wemmer was vroeër jare 'n residensiële (of ten minste gemengde) voorstad, want in 1934 het hier 13 Afrikaanssprekende en 137 Engelssprekende munisipale kiesers gewoon. In 1949 was dit sewe en 71, maar teen 1961 het die nywerhede blykbaar oorgeneem, want toe was hier net een Afrikaanse en vyf Engelse kiesers.

Bronne

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers
  • (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.

Tags:

JohannesburgVoorstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SlaginstrumentGlasKlereBoelierySwart menseSuid-Afrikaanse GrensoorlogSlangGeelsugAkwariumPinksterVratAfrikaanse WikipediaMassaDiatomiese molekuulNeurenberg-verhoreAkroniemJan van RiebeeckMiskruierLemoenDiarreeSonkragToekoms van die AardeNarsistiese persoonlikheidsteuringBreinkaartSebraHarry PotterNasiebouSkoenlapperKweekhuiseffekKoolhidraatSoogdierNoordwesOorkruipersAkademiaSeksuele opwekkingPornografieTweede Nuwe JaarRenaissanceMolekuulNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHoofpynSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Suid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVlag van Suid-AfrikaFrederik Willem de KlerkLettergreepKunsmatige intelligensieSinoniemMuishondEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaTropiese sikloonStadRassismeSpinnekopJeuksiekteEnsiklopedieTransatlantiese slawehandelMateriaalCarike KeuzenkampKonjunktivitisVerenigde State van AmerikaNagmaalNederduitsch Hervormde KerkBestaansboerderyStereotipeGrondbesoedelingRobbeneilandVoegwoordEienaamSkoolOorstromingReënWeeluisOnderwysGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondSatellietHomoniemEmosie🡆 More