Wegkruipertjie

Wegkruipertjie is 'n speletjie waar iemand wegkruip en die ander na die persoon soek.

Wegkruipertjie
Drie kinders speel wegkruipertjie in 'n woud.
Wegkruipertjie
Kinders speel wegkruipertjie.

Benodigdhede

  1. Ten minste 3 of meer spelers
  2. 'n Area waar daar verskeie wegkruipplekke is soos byvoorbeeld:
    1. in die tuin rondom die huis,
    2. binne in die huis
    3. in die implemente skuur op 'n plaas.

Reëls van die spel

  1. Kom ooreen oor die reëls voor die spel begin.
  2. Die spel moet perke hê waar mense kan wegkruip, byvoorbeeld "enige plek binne die huis" of aan hierdie kant van die pad, ens.
  3. Een persoon word gekies om eerste aan te wees.
  4. 'n Plek word aangewys waar die persoon wat aan is gaan wag terwyl die ander wegkruip. Hierdie plek word die blok genoem.
  5. Die persoon wat aan is moet by die blok staan met toe oë en gewoonlik in 'n bepaalde rigting kyk en dan hardop tel tot by 50 terwyl die ander wegkruip.
  6. Daarna moet hy hardop skree "Ek kom!" en dan begin hy rondloop en soek na die wegkruipers.
  7. Die ander spelers moet stil bly in hulle wegkruipplekke tot hulle gevind word of tot die persoon wat aan is opgee.
  8. As iemand gevind word moet die persoon wat aan is hardop sê "Ek sien jou Dawie" (as die ander speler se naam Dawie is...). Dawie is dan gevind.
  9. Sodra almal gevind is, begin die volgende rondte en die speler wat eerste gevind was is nou aan.
  10. Spel stop wanneer almal genoeg gespeel het of moet gaan eet of bad.

Variasies op die spel

Julle kan op die volgende reëls ooreenkom voor die spel of voor 'n volgende rondte begin:

  1. Die wegkruipers mag skelm rond beweeg terwyl daar gesoek word. Dit is handig om gelydelik nader aan die blok te beweeg om makliker veilig tuis te kom.
  2. As iemand gevind word, moet die persoon wat aan is seker maak die ander persoon weet hy is gevind (sê hardop "Ek sien jou (naam)!"), en dan hardloop hulle twee resies om eerste by die blok te kom. Dit maak die spel baie meer kompeterend, maar is net geskik vir groter spelers en in 'n omgewing waar resies hardloop veilig is!
    1. As die persoon wat aan is dan eerste by die blok kom, sê hy hard "Blok vir Dawie!" (as sy naam Dawie is) en dan is Dawie geblok.
    2. As die persoon wat weggekruip het egter eerste daar kom, sê hy hard "Blok myself!" en hy is dan veilig.
  3. Die wegkruiptyd kan korter of langer as 50 tellings wees.
  4. As niemand gevind is nie, kan dieselfde speler aan wees, maar soms is dit beter om maar te roteer en iemand anders aan te wys, soos die eerste persoon wat homself gaan blok het.
  5. Meer as een persoon kan gelyktydig aan wees as daar baie spelers en baie wegkruipplek is. Hulle kan dan saamwerk om te soek. Die een wat 'n ander speler kry moet hom egter gaan blok om te keer dat een van die aan-spelers by die blok bly staan terwyl die ander een alleen soek. Dit maak die spel vinniger.
  6. Soms met klein kindertjies kruip hulle aspris sleg weg om eerste gekry te word en aan te wees. Dan laat jy die een wat die langste verskuil bly aan wees. Dit moedig hulle aan om beter weg te kruip.
  7. Jy kan in die donkerte speel. Dan word die spel donkerkamertjie genoem.
  8. As julle in 'n klein spasie met min wegkruipplek speel, kan julle die persoon wat aan is blinddoek.
  9. Met baie spelers kan die rondte ophou na 'n bepaalde tyd veral as party spelers regtig goed wegkruip! Dan word daar gesê "kom maar uit!" en dan is almal verbaas om te sien waar die spelers weggekruip het.
  10. Met beperkte spasie kan elke speler 'n item kry om weg te steek, en dan hoef hulle nie self weg te kruip nie.

Sien ook

Tags:

Wegkruipertjie BenodigdhedeWegkruipertjie Reëls van die spelWegkruipertjie Variasies op die spelWegkruipertjie Sien ookWegkruipertjie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Netaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweWallisNic de JagerOlifantDaggaLabia (geslagsdele)Ram (sterreteken)MensLys van nedersettings in Suid-AfrikaDonker materieErfenisBloemfonteinToorbergLKrieketWhitey BassonAalwynBynierPtolemeusMarsSuikersiekteSeekoeiCSSBelgiese gewesteDeelstate van die Verenigde State van AmerikaAgter Elke ManPlae van EgipteInternetIndiëRussiese inval in Oekraïne sedert 2022VoedingISBNJapanSamestellingOnderhandelinge om apartheid te beëindigMenseregtedagSkaapMuishondBorsbeenBruin huisslangOekraïneAsmaKonjunktivitisStrandbeestRooiwaterNagmaalEucalyptusLys van veltoestandeAnneli van RooyenDie BylNederlandsMusieksimboleMuggieSonsverduisteringPlantUniversiteit StellenboschAleksei NawalniChristendomHoofstadLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSkaakOrtopedieLys van lande volgens bevolkingBaarmoederCobus RossouwBloedvergiftigingDuitsRooibokAntjie KrogSendelingposisieMisdaadSteve BikoSonsteek🡆 More