Waterkloof is 'n voorstad van Pretoria, Suid-Afrika.
Dit is vernoem na die oorspronklike plaas wat in die gebied geleë was toe Pretoria in die 19de eeu gestig is. Dit is oos van die stadskern geleë. Waterkloof is 'n gevestigde, boomryke gebied met van die duurste eiendom in die stad. Soos in baie ander dele van Pretoria is jakarandabome langs die strate geplant wat die buurt in Oktober in 'n pers skouspel verander.
Waterkloof | |
---|---|
Waterkloof Village in Waterkloof | |
Koördinate: 25°46′46″S 28°14′31.5″O / 25.77944°S 28.242083°O 28°14′31.5″O / 25.77944°S 28.242083°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,73 km2 (1,44 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 4 820 |
• Digtheid | 1 292/km2 (3 350/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 71.68% |
• Indiërs/Asiërs | 2.49% |
• Bruin mense | 1.0% |
• Swart mense | 22.12% |
• Ander | 2.71% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 44.41% |
• Engels | 34.34% |
• Noord-Sotho | 2.74% |
• Tswana | 2.82% |
• Ander | 15.69% |
Poskode (strate) | 0181 |
Skakelkode | 012 |
Gedurende die apartheidera is Waterkloof geassosieer met die Afrikanerelite aangesien verskeie hooggeplaasde regeringsamptenare daar woonagtig was. Vandag is dit 'n uiters gesogte woonbuurt met weelderige huise teen die kloofhange en indrukwekkende uitsigte oor die hoofstad en die Uniegebou.
Talle strate in die buurt is na Britse koninklikes vernoem. Verskeie ambassadeurswonings word in die woonbuurt aangetref. Dit is ook die tuiste van die bekende Suid-Afrikaanse sopraansangeres, Mimi Coertse, en was die plek van die Dube-huis in die film Tsotsi.
Die hoofstraat deur Waterkloof is Crownrylaan wat Waterkloof met Brooklyn in die noorde verbind en Albertstraat wat van oos na wes loop deur die naburige Menlopark en Groenkloof.
Waterkloof is ook die tuiste van die Pretoria buiteklub met sy 18-putjie gholfbaan.
Waterkloof se klimaat is vogtig en subtropies. Die gemiddelde temperatuur was 19 °C. Die warmste maand is Januarie, 24 °C, en koudste Julie, 12 °C. Die gemiddelde reënval is 817 mm per jaar. Die natste maand is Desember, met 162 mm reën, en die droogste Julie, op 1 millimeter.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Waterkloof, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.