Geologie Warm Kol

’n Warm kol in geologie is ’n vulkaniese gebied wat vermoedelik geskep word deur mantelpluime, wat hipotetiese kolomme warm materiaal is wat van die grens tussen die aarde se mantel en kern, 3 000 km onder die aardoppervlak, af opstyg en warmer as die omliggende mantel is.

Nes by middeloseaniese skeure, ondergaan die stygende mantelrots dekompressiesmelting, wat groot hoeveelhede magma voortbring.

Geologie Warm Kol
Deursnee van die aardkors (geel), met magma wat van die mantel af opstyg (rooi). Die kors kan relatief tot die pluim beweeg en ’n vulkaanopening skep.

’n Warm kol se posisie op die aardoppervlak is onafhanklik van grense tussen tektoniese plate, en daarom kan warm kolle ’n ketting vulkane skep soos wat die plate bo hulle beweeg. Elke vulkaan word onaktief wanneer dit van die pluim af dryf, en nuwe vulkane word geskep waar die plaat oor die pluim beweeg. Die Hawaise Eilande het vermoedelik op so ’n manier gevorm. Die Yellowstone-kaldera is vermoedelik deel van die Noord-Amerikaanse Plaat wat op die oomblik bo die Yellowstone- warm kol lê.

’n Ander hipotese

’n Alternatiewe hipotese oor die oorsprong van warm kolle is dat die mantelbron onder ’n warm kol nie abnormaal warm is nie, maar dat die kors daarbo ongewoon dun of swak is. Wanneer die aardkors dan rek, laat dit die passiewe styging van magma uit vlak dieptes toe.

Verwysings

Skakels

  • Geologie Warm Kol  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

AardkernAardmantelGeologieMagma

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van die AardeIndo-Europese taleBestuiwingTussenwerpselRooikatNedersettingTrappe van vergelykingNicole StraussFanie OlivierAntjie KrogKoorsblaarSeksueel oordraagbare infeksieHartversakingPersoonlikheidBritse en Amerikaanse maateenhedeOnderwerp (taalkunde)AtoomPeter SnydersLys van Afrikaanse skrywersPizzaTafelbergJodeGlobaliseringFranse RewolusieGesonde dieetErfenisdag (Suid-Afrika)SkaapSomerMobutu Sese SekoKankerInvloed van vigs op die ekonomieJapanKolitisPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaTaalSkaakISimangaliso-vleilandparkAfrikaanse taalleerLangste woordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaBosvarkKaapstadLys van argaïsmesWikiquoteTweede VryheidsoorlogDemi Lee MoorePornhubGasSteenkool in Suid-AfrikaPriemgetalEugenetikaWoordsoortSpelerposisies in rugbySuiwelprodukFrederik Willem de KlerkCarike KeuzenkampBloeddrukGeslagSenuweestelselMisdaadReënspinnekopVloeistofAngssteuringAngolaEreksieDoc ImmelmanLatynLys van politieke partye in Suid-AfrikaLys van bekende Suid-AfrikanersSelfstandige naamwoordKindermishandeling🡆 More