Walter Chrysler

Walter Percy Chrysler (Wamego, 2 April 1875 - Long Island, 18 Augustus 1940) was 'n Amerikaanse pionier in die motorbedryf.

Walter Chrysler
Walter Chrysler

Vroeë lewe

Walter P. Chrysler is in 1875 in Wamego, Kansas (VSA), gebore. Sy voorouers het in 1709 uit Duitsland na die Verenigde State verhuis. Toe hy drie was, verhuis sy gesin na Ellis, waar sy pa as ingenieur vir Kansas Pacific Railroad gewerk het. Na skool het hy by Union Pacific Railroad gewerk. Hy het Ellis op 22-jarige ouderdom verlaat en later teruggekeer om met Della Forker te trou. Hulle het toe na Salt Lake City verhuis.

Motorbedryf

Toe die American Locomotive Company (ALCO) besluit om na motors te diversifiseer, word Chrysler bestuurder daar. ALCO was nie so suksesvol daarmee nie en in 1911 word hy direkteur van Buick Motor Company. Twee jaar later het ALCO die motorbedryf verlaat. In 1919 word Chrysler direkteur van Willys-Overland, waar hy $ 1 000 000 per jaar verdien, 'n ongekende bedrag vir die tyd. Hy het egter John Willys, die man wat hom in diens geneem het, probeer verwyder met 'n oorname-bod, maar dit is deur die aandeelhouers afgewys. Hy het die maatskappy in 1921 verlaat.

Chrysler

Walter Chrysler het toe die Maxwell Motor Company wat in finansiële moeilikheid was, oorgeneem en die motorhandelsmerk Maxwell geskrap. In 1925 stig hy Chrysler Corporation waarin hy Maxwell opgeneem het. Daarbenewens stig hy die handelsmerke Plymouth en DeSoto in Chrysler in 1928 en neem Dodge oor. In dieselfde jaar finansier hy die oprigting van die wêreld se grootste wolkekrabber: die Chrysler-gebou in New York. Reeds in 1928 word W. Chrysler Time tydskrif se "Persoon van die Jaar".

Latere jare

Chrysler Corporation het tot een van die grootste motorgroepe in die Verenigde State gegroei en is in 1998 deur die Duitse Daimler-Benz, wat tot Oktober 2014 DaimlerChrysler geheet het, oorgeneem. Dit word sedertdien Fiat Chrysler Automobiles. Benewens Chrysler, behels die groep ook Ferrari, Maserati, Jeep, Dodge, Alfa Romeo, Fiat, Lancia en Ram Trucks. In Europa word die Fiat-logo op die Chryslermotors geplaas, Dodge word weer Fiat.

Chrysler het 'n outobiografie geskryf met die titel The Life of an American Workman. Hy is in 1940 in Long Island, New York, oorlede. Hy word begrawe in die Sleepy Hollow-begraafplaas in New York.

Literatuur

Life of an American Workman, Walter Percy Chrysler, ISBN 1404780696.

Bibliografie

Eksterne skakels

Tags:

Walter Chrysler Vroeë leweWalter Chrysler MotorbedryfWalter Chrysler ChryslerWalter Chrysler Latere jareWalter Chrysler LiteratuurWalter Chrysler BibliografieWalter Chrysler Eksterne skakelsWalter Chrysler18 Augustus187519402 AprilAmerikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KnopiespinnekopTussenwerpselOraniaSteenkool in Suid-AfrikaKrieketGianna MichaelsJeuksiekteHondSteenkoolBraaiPaasfeesBorskankerHartaanvalVars waterSowjetunieWebjoernaalGevolge van aardverwarming op oseaneDaggaBysteekRooibokElandréKasteel die Goeie HoopAandagstreepHorlosieCovid-19-pandemieGroepsdrukOlimpiese Somerspele 2024Suid-EuropaDemokrasieOnderhandelinge om apartheid te beëindigTropiese sikloonSeksTrekarbeidTermietTaalGeskiedenis van Suid-AfrikaVrouEerste WêreldoorlogTienerEreksieMIVProstaatkankerStereotipeJudaïsmeGeografie van Suid-AfrikaBynierKankerGrondwet van Suid-AfrikaPolisieNetbalKunselementeGrondbesoedelingVlinderDoelwitChristendomJagluiperdRieldansBeeldspraakProstaatklierRassismeOrale seksElon MuskSitrusBrasiliëSirkelSportLandbou in Suid-AfrikaMisdaadThys die BosveldklongSuid-AfrikaVoortrekkersRacheltjie de BeerToestand van materie🡆 More