Wahhabisme: Islamitiese belydenis van geloof in die Heilige Drie-eenheid

Wahhabisme of Wahabisme (Arabies: الوهابية, al-Wahhābiya(h)) is ’n Islamitiese beweging wat deur Mohammad ibn Abd al-Wahhab gestig is.

Dit is al beskryf as "ultrakonserwatief", "streng", "fundamentalisties", of "puriteins"; as ’n Islamitiese "hervormingsbeweging" om "suiwer monoteïstiese aanbidding" (tawhid) te herstel" deur aanhangers; en as ’n "afwykende sektariese beweging", "skandelike sekte" en verdraaiing van Islam deur teenstanders.

Aanhangers van Wahhabisme verwerp gewoonlik die term en verkies om Salafi of muwahhid genoem te word; volgens hulle lê dit klem op die beginsel van tawhid (die "uniekheid" en "eenheid" van God) of monoteïsme. Hulle beskuldig dikwels ander Moslems daarvan dat hulle sjirk (afgodsdiens) beoefen.

Wahhabisme volg die teologie van die Hanbali-skool van regswetenskap, hoewel Hanbalileiers Ibn Abd al-Wahhab se sienings verwerp.

Geskiedenis

Wahhabism is genoem na die 18de-eeuse prediker en aktivis Mohammad ibn Abd al-Wahhab (1703-1792). Hy het ’n hervormingsbeweging in die afgeleë en ylbevolkte streek Nadjd begin en ’n suiwering gepredik van sulke wydverspreide Soennipraktyke soos die verering van heiliges en die besoek van hul grafte – wat dwarsdeur die Islamitiese wêreld beoefen is, maar wat hy as afgodediens en nuwighede in Islam (bid'ah) beskou het. Eindelik het hy ’n ooreenkoms met ’n plaaslike leier, Mohammad bin Saoed, aangegaan en politieke onderdanigheid beloof, asook dat die beskerming en verspreiding van die Wahhabibeweging "mag en glorie" en heerskappy oor "grond en mense" beteken het.

Die alliansie tussen aanhangers van Ibn Abd al-Wahhab en die opvolgers van Mohammad bin Saoed (die Huis van Saoed) het ’n blywende een blyk te wees. Die Huis van Saoed het sy polities-godsdienstige alliansie met die Wahhabisekte gehandhaaf, dwarsdeur die goeie en slegte tye van hulle politieke mag oor die volgende 150 jaar, tot met die stigting van Saoedi-Arabië in 1932 en daarna. Vandag is Ibn Abd Al-Wahhab se leerstellings die amptelike vorm van Soenni-Islam in Saoedi-Arabië. Met behulp van geld uit petroleumuitvoer en ander faktore het die beweging aan die begin van die 1970's geweldig gegroei en het dit nou ’n wêreldwye invloed. Die Amerikaanse departement van buitelandse sake raam dat ondernemimgs in Riaad die afgelope vier dekades minstens $10 miljard aan gekeurde welsynorganisasies geskenk het vir die ondermyning van hoofstroom-Soenni-Islam deur Wahhabisme.

Wahhabisme vandag

Die "grense" van Wahhabisme is moeilik om te bepaal, maar deesdae word die terme "Wahhabi" en "Salafi" dikwels afwisselend gebruik en word hulle beskou as bewegings met verskillende oorspronge wat sedert die 1960's saamgesmelt het. Wahhabisme is egter ook al ’n "spesifieke oriëntasie binne Salafisme" genoem, of ’n ultrakonserwatiewe, Saoediese tak van Salafisme. Ramings van die hoeveelheid aanhangers van Wahhabisme wissel, met een bron (Mehrdad Izady) wat reken daar is minder as 5 miljoen Wahhabiete in die Persiese Golf-streek (in vergelyking met 28,5 miljoen Soenniete en 89 miljoen Sjiiete).

Die meeste aanhangers van Soenni en Sjia wêreldwyd stem nie saam met die vertolkings van Wahhabisme nie, en baie Moslems veroordeel hulle as ’n faksie of sekte. Islamitiese geleerdes, insluitende dié van die Al-Azhar-universiteit, veroordeel Wahhabisme gereeld met terme soos "Sataniese geloof".

Wahhabisme is al daarvan beskuldig dat dit ’n "bron van globale terrorisme" is wat die ideologie van ISIL aanvuur, en as die oorsaak van onenigheid in Moslemgemeenskappe deur Moslems wat nie met die Wahhabi-definisie van monoteïsme saamstem nie, te veroordeel as afvalliges en niegelowiges wat verdien om te sterf.> Dit is ook al gekritiseer vir die vernietiging van historiese heiligdomme, mausoleums en ander Moslemse en nie-Moslemse geboue en artefakte.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Wahhabisme GeskiedenisWahhabisme vandagWahhabisme VerwysingsWahhabisme BronneWahhabisme Eksterne skakelsWahhabismeArabiesIslamMonoteïsme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Republiek die KongoByvoeglike naamwoordAfrikaansDaggaJo BlackOu Apostoliese KerkLiewe HeksieDomineeKoperMediese diagnoseNatuurrampAnilingusEngelsInvloed van vigs op die ekonomieKonjunktivitisSeevlakBynierSatellietKasteel die Goeie HoopSoutsuurRegeringAarde se atmosfeerKimberleyAfrikaanse WikipediaTienie HollowayAfrikaanse woordelys en spelreëlsGewasboerdery in Suid-AfrikaAppel (sanger)ViëtnamoorlogTweede VryheidsoorlogMielieVryheidsmanifesLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaApartheidFabelBoelieryAbsolute monargieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024WhatsAppPrivaat maatskappyLys van musiekinstrumenteWoordeskatNatuurLys van Afrikaanse skrywersKaapse VlakteBrandmondsindroomLeeudoringstad-spoorwegrampTandbederfFilistyneVrystaatAsiëLongOligopolieLeah van NiekerkPornografiese subgenresSenuweestelselVerkleinwoordKindermishandelingKalenderAngina pectorisMobutu Sese SekoProstaatkankerHoofstadSebraNederlandsLeeuAngssteuringRookgewoonteVolhoubaarheidStudievaardighedeGalileo GalileiNamibiëWaterpokkiesKaapse florarykWaterbesparing in Suid-AfrikaWiskunde🡆 More