Waboom: Plantspesie

Die waboom (Protea nitida) – voorheen Protea arborea – is die proteaspesie wat die volopste voorkom in die winterreënvalgebied.

Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit staan ook as die blousuikerbos, bobbejaansuikerbos of brandhout bekend. Die boom se FSA-nommer is 86.

Waboom
Waboom: Habitat en verspreiding, Beskrywing, Gebruike
'n Waboom – blomme en blare.
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. nitida
Binomiale naam
Protea nitida
Mill., 1768
Sinonieme
  • Erodendrum angustum Knight
  • Erodendrum grandiflorum Knight
  • Protea arborea Houtt.
  • Protea grandiflora Thunb.
  • Protea marginata Lam.
  • Scolymocephalus nitidus Kuntze

Habitat en verspreiding

Dit kom in die Wes- en Oos-Kaap voor van die Bokkeveld-eskarp en Kaapse Skiereiland af tot by die Groot-Winterhoekberge in die Oos-Kaap. Dit is deel van die fynbos-bioom. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Beskrywing

Die plant word tot 5 m hoog maar eksemplare van 9 m bestaan. Hierdie spesie en die gewone protea (ook wabome genoem) is die enigste proteas wat groot genoeg word dat hul hout gebruik kan word. Dit blom regdeur die jaar met 'n hoogtepunt van Mei tot Augustus. Die plant spruit weer uit na dit gebrand het. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in vlak sandsteengrond of krake in rots op hoogtes van seevlak tot 1 200 m.

Gebruike

Die waboom het sy naam te danke aan die Voortrekkers wat die boom se hout gebruik het om ossewaens van te maak. Die hout van die boom het nie reguit vesels nie, maar is inmekaar gevleg. Dit maak die hout besonder sterk. Verskeie onderdele van 'n ossewa, soos die wielvellings word hiervan gemaak.

Fotogalery

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Waboom Habitat en verspreidingWaboom BeskrywingWaboom GebruikeWaboom FotogaleryWaboom Sien ookWaboom BronneWaboom VerwysingsWaboom Eksterne skakelsWaboom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Groot TrekEtniese groepOmtrek, oppervlakte en volumeOorkruipersBruto binnelandse produk22 AprilAdolf HitlerWikipediaRenosterVlag van Suid-AfrikaReënNeurenberg-verhoreKlereMenseregteBewaringstatusSirkelRumatiekVlekvrye staalKultuurLabia (geslagsdele)MetaalOos-KaapSarel Jacob PretoriusLeonardo da VinciThys die BosveldklongFranse RewolusieSteenkool in Suid-AfrikaSokkerDermpoliepTekstielEugenetikaDirekte en Indirekte redeSonkragNieuwoudtvilleKolitisSuid-EuropaIslamitiese StaatErfenisdag (Suid-Afrika)Olimpiese Somerspele 2024BywoordVersamelnaamHokkieVliegtuigFabelLys van myne in Suid-AfrikaKimberleyRacheltjie de BeerKlein vyf diereMagneetMolekuulKwame NkrumahSinkLys van Nederlandse skildersBevolkingsafnameChristiaan BarnardKatKommunismeKeramiekBeroerteTelevisieReg tot ‘n gesonde omgewingRymEkostelselStaalByvoeglike naamwoordPinksterWebwerfLyfstraf in skoleRubik se kubusSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994AvbobNatuurrampGriepOnderwysAfvalbestuur🡆 More