Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO; Engels: World Trade Organization, WTO; Frans: Organisation mondiale du commerce, OMC; Spaans: Organización Mundial de Comercio, OMC) is 'n internasionale organisasie met sy hoofkantoor in Genève, Switserland, wat met die regulering van handel en ekonomiese verhoudings besig is.
Die Wêreldhandelsorganisasie is die opvolger van die Algemene ooreenkoms op tariewe en handel (GATT), wat van 1948 tot 1994 bestaan het. Die Wêreldhandelsorganisasie is op 15 April 1994 in Marrakesj, Marokko, gestig en op 1 Januarie 1995 dit sy werk opgeneem. Die amptelike tale is Engels, Frans en Spaans.
Die Wêreldhandelsorganisasie is saam met die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank die belangrikste internasionale ekonomiese organisasies, wat handel- en ekonomiese-beleid in die globale spektrum onderhandel. Die Wêreldhandelsorganisasie bestaan uit 164 lidlande, met Engels, Frans en Spaans as sy voertale.
Vanaf 1 Januarie 1948 tot 1 Januarie 1995 het die Algemene ooreenkoms op tariewe en handel bestaan.
Wiki Commons bevat media in verband met Wêreldhandelsorganisasie. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wêreldhandelsorganisasie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.