Václav Havel

Vaclav Havel ( va ː t͡slaf ɦavɛl ) (* 5 Oktober 1936 in Praag; † 18 Desember 2011 in Vlčice-Hrádeček, Okres Trutnov, Královéhradecký kraj) was 'n Tsjeggiese dramaturg, skrywer, digter en politikus, wat tydens die kommunistiese tydperk een van die leidende teenstanders van die bewind was.

Václav Havel
Václav Havel
Václav Havel in 2009

1ste President van Tsjeggië
Ampstermyn
2 Februarie 1993 – 2 Februarie 2003
Eerste minister Václav Klaus
Josef Tošovský
Miloš Zeman
Vladimír Špidla
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Václav Klaus

9de President van Tsjeggo-Slowakye
Ampstermyn
29 Desember 1989 – 20 Julie 1992
Eerste minister Marián Čalfa
Jan Stráský
Voorafgegaan deur Marián Čalfa (waarnemend)
Opgevolg deur Jan Stráský (waarnemend)

Persoonlike besonderhede
Gebore 5 Oktober 1936
Praag, Tsjeggo-Slowakye (tans Tsjeggië)
Sterf 18 Desember 2011
Vlčice-Hrádeček, Tsjeggië
Eggenoot/-note Olga Šplíchalová (1964–1996)
Dagmar Veškrnová (1997–2011)
Alma mater Tegniese Universiteit Praag
Handtekening Václav Havel
Toekennings Erasmusprys 1986
Václav Havel
Václav Havel (2010)
Václav Havel
Dankseggings in Praag (2011)

Havel was die tiende en laaste president van Tsjeggo-Slowakye (1989–1992) en die eerste president van die Tsjeggiese Republiek (1993–2003). Hy het meer as 20 dramas en talle nie-fiksiewerke geskryf wat in verskeie tale vertaal is. Havel het verskeie internasionale toekennings ontvang waaronder die Verenigde State van Amerika se Presidensiële Medalje van Vryheid en die Orde van Kanada.

Havel was 'n stigterslid-ondertekenaar van die Praag-Verklaring oor die Europese gewete en kommunisme. Ten tye van sy dood was hy voorsitter van die New York-gebaseerde Human Rights Foundation. Hy was ook die stigter van die VIZE97 Foundation, en die globale konferensie Forum 2000 wat jaarliks gehou word.

Sedert die 1960's het sy aktiwiteite al hoe meer op die politiek van Tsjeggo-Slowakye begin fokus. Ná die kortstondige tydperk van politieke bevryding in Tsjeggo-Slowakye, wat as die Praagse Lente bekend gestaan het, het hy steeds meer aktief geword. In 1977 het sy betrokkenheid by die menseregte-manifes Handves 77 hom internasionale roem as die leier van die opposisie in Tsjeggo-Slowakye besorg, wat ook gelei het tot sy gevangenskap.

In 1989 het die vreedsame omverwerping van kommunisme in Tseggo-Slowakye, waarna dikwels as Fluweelrevolusie verwys word, tot Havel se verkiesing tot president gelei. In hierdie rol het hy Tsjeggo-Slowakye en later die Tsjeggiese Republiek se veelparty-demokrasie gelei. Sy dertien jaar in die presidensie is geassosieer met radikale verandering in sy land, insluitend die skeiding met Slowakye, wat Havel teengestaan het, toetreding tot NAVO en die begin van die onderhandeling om lidmaatskap van die Europese Unie, wat in 2004 bereik is.

Verwysings

Tags:

18 Desember193620115 OktoberInternasionale Fonetiese AlfabetPraag

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RuslandMalariaBurgerregteMuskietOos-KaapVaalrivierDemokrasieGawes van die Heilige GeesBloedvergiftigingJan van TonderWerkwoordVeeartsLys van Afrikaanse rolprenteOlimpiese Somerspele 2024Waterbesparing in Suid-AfrikaWindKoos du PlessisHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalYouTubeSoogdierDuitse maselsLys van landeNarsismeKunsmatige algemene intelligensieSarel Jacob PretoriusSelfvertroueMaroela MediaKewerKasteel die Goeie HoopSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Klimaatsverandering in AfrikaLeah van NiekerkKoppeltekenCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaCarles PuigdemontRina HugoBreinSebraChemiese elementBeenbreuke en ontwrigtingsWerkersdagOnderwysDigvormMuishondKlein vyf diereGraatjiemeerkatVisJeuksiekteGrondsoorteBestuiwingLianie MayAkademiaMieliestronkKankerHernubare energieAlice MunroDie GelofteRivierKriekGeografie van Suid-AfrikaVloeistofLys van slangeKrugerwildtuinTafeltennisTierVolhoubare ontwikkelingAmandelGautengEmfiseemLys van Suid-Afrikaanse musikanteSuid-Afrikaanse WeermagLys van politieke partye in Suid-AfrikaAngina pectorisWêreld- Ekonomiese ForumKoolhidraatPuberteitStres🡆 More