Vuurstorm

’n Vuurstorm is ’n verwoestende brand wat so ’n hoë intensiteit bereik dat dit sy eie windstelsel opbou.

Dit kom meestal in natuurlike brande voor. Hoewel die term soms gebruik word om sekere groot brande te beskryf, is die verskynsel se bepalende eienskap dat dit sy eie stormsterk winde uit alle rigtings het.

Vuurstorm
Die Tillamook-brande in Augustus 1933 in Oregon.
Vuurstorm
Vuurstorm: 1. brand, 2. stygstroom, 3. sterk rukwinde, A. vuurwolk.

Die Swart Saterdag-brande in die Australiese deelstaat Victoria in Februarie 2009 en die Groot Peshtigo-brand in Peshtigo, in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin in Oktober 1871 is voorbeelde van brande met die een of ander vorm van ontbranding weens ’n vuurstorm.

Vuurstorms kan ook in stede voorkom, byvoorbeeld ná ’n groot bomaanval. Voorbeelde uit die Tweede Wêreldoorlog is Hamburg, Darmstadt, Dresden en Stalingrad, asook Hirosjima ná die atoombom.

Werking

’n Vuurstorm ontstaan wanneer die hitte van die oorspronklike brand al hoe meer van die omringende lug intrek. Die stygstroom, ’n kolom stygende warm gas, neem ’n sampioenvorm aan en sterk rukwinde vorm óm die brand wat na binne gerig is. Dié winde voed die brand met bykomende lug. Omdat die rukwinde na binne gerig is, keer dit dikwels dat die brand oor ’n baie groot gebied versprei, maar dit kan ook gebeur dat die geweldige ontbranding die rukwinde rond en bont van rigting laat verander. Die geweldige hitte van ’n vuurstorm kan ook vlambare materiaal in die omtrek laat vlamvat of insuig, en die brand só laat versprei.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OnderwysTolla van der MerweSokkerDarwinismeGrondwet van Suid-AfrikaMagneetSteenkoolGeboorteToerismeDroomSkilpadBysteekDrakensbergeNagmaalHolocaustCarike KeuzenkampHartversakingKompasWikiOnderwerp (taalkunde)Gregoriaanse kalenderKlereBynierGeskiedenis van erotiese afbeeldingsRassismeSomerDesmond TutuKlavierOorkruipersSeksuele penetrasieNag van die lang messeStereotipeMaselsSowjetunieDiskriminasieVerenigde KoninkrykDemokratiese Republiek die KongoDataverwerkingMenslike skeletKrugerwildtuinGroot Muur van ChinaJode in Suid-AfrikaRivierProvinsies van Suid-AfrikaBek-en-klouseerDonderstormKlinkerLeonardo da VinciGriekwa-AfrikaansSwawelHeupBewaringstatusSkaakInentingWes-KaapBevolkingPlantSeekoeiWoordeboek van die Afrikaanse TaalYslandRussiese inval in Oekraïne sedert 2022WekkerAnneli van RooyenAtlantis, Wes-KaapNatuurbewaringDramaMielieKaliumReënspinnekopMenstruasieGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaFranse RewolusieGasK🡆 More