Wolodimir Zelenski: 6de president van Oekraïne

Wolodimir Oleksandrowitsj Zelenski (Oekraïens: Володи́мир Олекса́ндрович Зеле́нський; gebore 25 Januarie 1978 in Kriwi Rih) beklee sedert 20 Mei 2019 die amp van Oekraïense president.

Hy is 'n voormalige akteur en komediant.

Wolodimir Zelenski
Володимир Зеленський
Wolodimir Zelenski
Wolodimir Zelenski in 2022

6de President van Oekraïne
Ampsbekleër
Termynaanvang
20 Mei 2019
Voorafgegaan deur Petro Porosjenko

Persoonlike besonderhede
Gebore 25 Januarie 1978 (1978-01-25) (46 jaar oud)
Kriwi Rih, Sowjetunie
(tans Oekraïne)
Politieke party Sloeha Narodoe - Dienaar van die Volk
Eggenoot/-note Olena Zelenska (∞ 2003)
Kind(ers) 2
Alma mater Nasionale Ekonomiese Universiteit van Kijif (departement in Kriwi Rih)
Handtekening Wolodimir Zelenski: Vroeë lewe, Vermaakloopbaan, Presidentsveldtog van 2019

Zelenski het as 'n Russiessprekende Jood grootgeword in Kriwi Rih, 'n groot stad in die Dnipropetrofsk-oblast in Sentraal-Oekraïne. Hy het 'n graad in die regte verwerf en later 'n loopbaan in die media- en rolprentbedryf gevolg as akteur, draaiboekskrywer, televisieaanbieder en rolprentvervaardiger. In 2003 het hy die rolprentateljee Студія Квартал-95 (Stoedija Kwartal-95) gestig, wat rolprente, strokiesprente en TV-programme vervaardig. Daaronder was die TV-reeks Dienaar van die Volk, waarin Zelenski die rol van die Oekraïense president vertolk. Die reeks is van 2015 tot 2019 uitgesaai en was uiters gewild. Werknemers by Kwartal-95 het in Maart 2018 'n politieke party met dieselfde naam as die TV-reeks gestig.

Zelenski het sy kandidaatskap in die Oekraïense presidentsverkiesing van 2019 op die aand van 31 Desember 2018 aangekondig, op dieselfde tyd as die nuwejaarstoespraak van die destydse president, Petro Porosjenko. Hy was 'n politieke buiteperd, maar het reeds in meningspeilings een van die voorlopers in die verkiesing geword. Hy het die verkiesing met 73,23% van die stemme in die tweede ronde gewen, en daarmee het hy Porosjenko geklop. Hy het sy veldtog gevoer as 'n persoon teen die establishment en teen korrupsie.

As president was Zelenski 'n voorstander van e-regering en eenheid tussen die Oekraïens- en Russiessprekende dele van die land se bevolking.(p11-13) Sy kommunikasiestyl is om sosiale media, veral Instagram, baie te gebruik.:7-10 Sy party het kort ná sy beëdiging as president 'n groot oorwinning in die parlementêre verkiesing van 2019 behaal.

Tydens sy presidensiële veldtog het Zelenski beloof om die uitgerekte konflik tussen die Oekraïne en Rusland te beëindig en het hy probeer om 'n dialoog met die Russiese president, Wladimir Poetin, aan te knoop. Toenemende spanning met Rusland het egter in 2021 sy administrasie in die gesig gestaar, en dit het gelei tot die Russiese inval in Oekraïne in 2022. Zelenski se strategie gedurende die opbou van Russiese aggressie was om die Oekraïense bevolking te kalmeer en die internasionale gemeenskp te verseker dat Oekraïne nie wraak sal neem nie.

Ná die begin van die inval het Zelenski die krygswet in die hele Oekraïne afgekondig en 'n algemene mobilisasie van die weermag aangekondig. Hy is internasionaal wyd geprys vir sy leierskap in die krisis en beskryf as 'n simbool van die Oekraïense weerstand.

Zelenski is in 2022 aangewys as die tydskrif Time se Persoon van die Jaar, en volgens meningspeilings was hy Oekraïne se beste president nog.

Vroeë lewe

Zelenski is op 25 Januarie 1978 gebore in Kriwi Rih, wat toe in die Oekraïense SSR geleë was. Sy vader, Oleksandr Zelenski, is 'n professor en rekenaarwetenskaplike en die hoof van die departement kibernetika en rekenaarhardeware aan die Kriwi Rih-staatsuniversiteit van ekonomie en tegnologie; sy moeder, Rimma Zelenska, was 'n ingenieur.

Voordat hy laerskool toe is, het Zelenski vier jaar lank in die Mongoolse stad Erdenet gewoon waar sy vader gewerk het. Sy spreektaal as kind was Russies. Hy het later 'n regsgraad aan die Kriwi Rih- ekonomiese instituut verwerf, maar nooit in die regsveld gewerk nie.

Vermaakloopbaan

Op 17-jarige ouderdom het Zelenski aangesluit by 'n plaaslike span wat in die Russiese komedieliga KWN meegeding het. Hy is gou genooi om by die verenigde Oekraïense span aan te sluit wat die liga in 1997 gewen het. In dié jaar het hy ook Kwartal 95 gestig en gelei, wat later die komediespan Kwartal 95 geword het. Van 1998 tot 2003 het Kwartal 95 aan die KWN-liga deelgeneem en baie in Moskou en die oudrepublieke van die Sowjetunie getoer. In 2003 het Kwartal 95 TV-programme vir die Oekraïense TV-kanaal 1+1 begin vervaardig, en in 2005 het die span na die TV-kanaal Inter geskuif.

Wolodimir Zelenski: Vroeë lewe, Vermaakloopbaan, Presidentsveldtog van 2019 
Zelenski in 2009 in Praag.

In 2008 het hy gespeel in die rolprent Liefde in die Groot Stad en sy opvolg, Liefde in die Groot Stad 2. Daarna het rolle gevolg in Kantoorromanse. Ons Tyd (2011) en Rzhevsky Versus Napoleon (2012). Liefde in die Groot Stad 3 is in Januarie 2014 uitgereik. Zelenski het ook die hoofrol gespeel die 2012-prent 8 Eerste Afsprake en in 'n opvolg in 2015 en 2016. Hy het ook stemwerk gedoen.

Zelenski was van 2010 tot 2012 'n raadslid en die algemene vervaardiger van die TV-kanaal Inter. In Augustus 2014 het hy kritiek gelewer op die plan van die Oekraïense departement van kultuur om Russiese kunstenaars uit Oekraïne te verban. Sedert 2015 het Oekraïne Russiese kunstenaars, media en kuns verbied om Oekraïne binne te gaan.

Wolodimir Zelenski: Vroeë lewe, Vermaakloopbaan, Presidentsveldtog van 2019 
Kwartal 95 tree in 2018 op.

Nadat die Oekraïense media berig het Zelenski se Kwartal 95 het geld aan die Oekraïense weermag geskenk tydens die Russiese oorlog teen Oekraïne, het sommige Russiese politici en kunstenaars hulle daarvoor bewywer om sy werk in Rusland te verbied. Zelenski het weer daarna die departement van kultuur se plan om Russiese kunstenaars te verbied gekritiseer.

In 2015 het Zelenski die ster geword van die TV-reeks Dienaar van die Volk, waarin hy die rol van die Oekraïense president vertolk. In die reeks is Zelenski se karakter 'n geskiedenisonderwyser in sy 30's wat die Oekraïense presidentsverkiesing wen nadat 'n video gewys het hoe hy teen regeringskorrupsie uitvaar. Die komediereeks Swati ("Skoonfamilie"), waarin Zelenski verskyn, is in 2017 in Oekraïne verbied, maaar is in Maart 2019 weer toegelaat.

Zelenski het hoofsaaklik in Russiese produksies gewerk. Sy eerste rol in Oekraïens was in die romantiese komedie Ek, Jy, Hy, Sy, wat in Desember 2018 in Oekraïne begin wys het.

Presidentsveldtog van 2019

In Maart 2018 het lede van Zelenski se vervaardigingsmaatskappy Kwartal 95 'n nuwe politieke party geregistreer met die naam Dienaar van die Volk – die naam van die TV-reeks waarin Zelenski oor die afgelope drie jaar opgetree het. Zelenski het enige onmiddellike planne om die politiek te betree ontken en gesê hy het die naam net geregistreer om te voorkom dat ander dit gebruik. Daar is egter oor die algemeen gegis dat hy hom as presidentskandidaat beskikbaar sou stel. Hy was in Oktober 2018 reeds 'n voorloper in meningspeilings: drie maande voor sy aankondiging dat hy as kandidaat gaan staan en ses maande voor die verkiesing.

Ná maande van dubbelsinnige verklarings het Zelenski op 31 Desember 2018 – vier maande voor die verkiesing – aangekondig hy gaan staan. Sy aankondiging is op die nuwejaarsprogram van die TV-kanaal 1+1 gedoen en het die kalklig gesteel van die nuwejaarsboodskap van die destydse president Porosjenko op dieselfde kanaal. Zelenski het gesê dit was onbedoeld en het dit aan 'n tegniese haakplek toegeskryf.

Wolodimir Zelenski: Vroeë lewe, Vermaakloopbaan, Presidentsveldtog van 2019 
Zelenski en die destydse president van Oekraïne, Petro Porosjenko, in April 2019.

Zelenski se presidentsveldtog teen Porosjenko was feitlik heeltemal virtueel. Hy het nie 'n gedetailleerde beleidsplan uitgereik nie en hy het min met die hoofstroommedia gepraat; tot op 18 April 2019 het hy nie onderhoude toegestaan nie. Hy het eerder sosiale media en YouTube-videogrepe gebruik. In die plek van tradisionele veldtogbyeenkomste, het hy met Kwartal 95 skerpskertsery-roetines deur die hele Oekraïne gehou. Hy het gesê hy is teen die establishment en teen korrupsie, hoewel hy nie gewoonlik as 'n populis beskryf is nie. Volgens hom wou hy vertroue in politici herstel, "professionele, ordentlike mense aan die mag bring" en "die toon en gehalte van die politieke establishment verander".

Op 16 April 2019, 'n paar dae voor die verkiesing, het 20 Oekraïense nuusmedia 'n broep op Zelenski gedoen "om op te hou om joernaliste te vermy". Zelenski het gesê hy kruip nie weg vir joernaliste nie, maar hy wou nie deelneem aan geselsprogramme waar "mense van die ou mag" net "openbare betrekkinge doen" nie, en dat hy nie tyd het om alle versoeke om onderhoude toe te staan nie.

Voor die verkiesing het Zelenski 'n span voorgestel wat die voormalige minister van finansies, Oleksandr Daniljoek, ingesluit het. Tydens die veldtog is kommer uitgespreek oor sy bande met die oligarg Ihor Kolomoiski, 'n biljoenêrsakeman wat in 2010 die Mediagroep 1+1 oorgeneem het. Die groep het agt TV-kanale en het die reeks Dienaar van die Volk, met Zelenski, van 2015 tot 2019 uitgesaai.

Zelenski het die eerste ronde van die verkiesing op 31 Maart 2019 duidelik gewen. In die tweede ronde, op 21 April 2019, het hy 73 persent van die stemme gekry teenoor Porosjenko se 25 persent, en is hy tot president verkies.

Presidentskap

Wolodimir Zelenski: Vroeë lewe, Vermaakloopbaan, Presidentsveldtog van 2019 
Zelenski se amptelike portret ná sy verkiesing.

Zelenski is op 20 Mei 2019 as president beëdig. Hy is die land se eerste Joodse president; met Wolodimir Groisman as premier, het Oekraïne die eerste land benewens Israel geword met 'n Joodse staatshoof én regeringshoof.

As president is Zelenski 'n voorstander van e-regering en eenheid tussen die Oekraïens- en Russiessprekende deel van die land se bevolking. Hy gebruik die sosiale media baie in sy kommunikasie, veral Instagram. Tydens sy bewind het Zelenski toesig gehou oor die opheffing van wetlike immuniteit vir lede van die parlement, die Werchowna Rada, die land se reaksie op die Covid-19-pandemie en die daaropvolgende ekonomiese resessie en 'n proses om korrupsie by die horings te pak.

Wolodimir Zelenski: Vroeë lewe, Vermaakloopbaan, Presidentsveldtog van 2019 
Zelenski en sy vrou, Olena Zelenska, by die Hertog en Hertogin van Cambridge tydens 'n besoek aan Brittanje in Oktober 2020.

Kritici beweer Zelenski het, nadat hy die mag van die Oekraïense oligarge weggeneem het, probeer om mag te sentraliseer en sy persoonlike posisie te versterk.

Zelenski het in sy presidensiële veldtog belowe om sy land se uitgerekte konflik met Rusland te beëindig en pogings aan te wend om met dié land se president Wladimir Poetin 'n dialoog te voer. 'n Toename in die spanning tussen die twee lande het sy administrasie in 2021 in die gesig gestaar, en dit het gelei tot die Russiese inval van 2022 in Oekraïne. Zelenski se strategie tydens die Russiese militêre opbou was om die Oekraïense bevolking gerus te stel en die internasionale gemeenskap te belowe dat Oekraïne nie wraak soek nie. Hy het hom aanvanklik gedistansieer van waarskuwings van 'n dreigende oorlog, terwyl hy by Navo veiligheidswaarborge en militêre steun gevra het om die bedreiging die hoof te bied.

Ná die begin van die inval het Zelenski krygswet in Oekraïne afgekondig, asook 'n algemene mobilisasie van die weermag. Hy het internasionaal agting verdien vir sy hantering van die krisis en is beskryf as 'n simbool van Oekraïense weerstand.

Spesie na Zelenski genoem

Ausichicrinites zelenskyyi, 'n uitgestorwe spesie haarsterre wat op 20 Julie 2022 deur 'n groep Poolse paleontoloë beskryf is, is na Zelenski genoem vanweë "sy moed en dapperheid in die verdediging van 'n vrye Oekraïne".

Notas

Verwysings

Skakels

  • Wolodimir Zelenski: Vroeë lewe, Vermaakloopbaan, Presidentsveldtog van 2019  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Wolodimir Zelenski Vroeë leweWolodimir Zelenski VermaakloopbaanWolodimir Zelenski Presidentsveldtog van 2019Wolodimir Zelenski PresidentskapWolodimir Zelenski Spesie na Zelenski genoemWolodimir Zelenski NotasWolodimir Zelenski VerwysingsWolodimir Zelenski SkakelsWolodimir Zelenski197825 JanuarieAkteurKomediantOekraïensPresident van Oekraïne

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SelfoonStereotipeGoudCSSLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MelaatsheidKatHeupSwart nasionalismeLys van Suider-Afrikaanse soogdiereGroot DepressieGianna MichaelsNG gemeente JansenvilleKindermishandelingAfrikaanse TaalmonumentLys van politieke partye in Suid-AfrikaBoelieryDansAprilMantisXenofobieMis (weerkunde)NetbalBlaaskankerDiepaartromboseHenry MurrayHokkieMenslike seksuele gedragGordelroosDepressie (gemoedstoestand)Lys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandPeach van PletzenJohannesburgHolocaustRonelda KamferAdolf HitlerKoorsblaarKalsiumWet op NaturellengrondCorioliskragGlasKrimpvarkieHomofoonSoogdierJeugdagGroepsdrukMikro-ekonomieRuslandYsterSeksuele opwekkingOrale seksBysteekWaarheid-en-versoeningskommissieDigvormTsoenamiRepubliek van Zoid AfrikaVlekvrye staalGriepBetonSlawernyStresProstaatkankerFosforBloeddrukVerantwoordelikheidMobutu Sese SekoLandbou in Suid-AfrikaKookpuntDie GelofteGemeenskapsorganisasieHoërskool OuteniquaSelfieKindersiektesPoësieAppendiks🡆 More