Volmaan

’n Volmaan is die maanfase wanneer die Maan heeltemal verlig word soos van die Aarde af gesien.

Dit vind plaas wanneer die Aarde direk tussen die Son en die Maan is (meer presies: wanneer die ekliptiese lengtegraad van die Son en Maan met 180 grade verskil). Dit beteken die halfrond van die Maan wat na die Aarde wys, is feitlik heeltemal deur die Son verlig en lyk rond, terwyl die ander kant feitlik heeltemal donker is.

Volmaan
Die supermaan van 14 November 2016 was 356 511 km van die middel van die Aarde af, die naaste sedert 1948. Dit sal eers weer in 2034 so naby wees.
Volmaan
Die baan van die Maan, die skynbare baan van die Son en die knope.
Volmaan
’n Foto van die volmaan tydens die algehele maansverduistering op 28 September 2015.

’n Volmaan kom een keer per maand voor. Wanneer die volmaan in die Aarde se skaduwee inbeweeg, is daar ’n maansverduistering en ’n deel of die hele maan kan rooi lyk vanweë die Rayleigh-verstrooiing van blou lig in die Aarde se atmosfeer.

Maansverduisterings kan net met volmaan voorkom, wanneer die Maan se wentelbaan deur die Aarde se skaduwee loop. Dit gebeur nie elke maand nie omdat die Maan gewoonlik onder of bo die Aarde se skaduwee verbybeweeg. Dié is meestal beperk tot die sonnebaan. Maansverduisterings kan net voorkom wanneer die volmaan naby die twee knope van die wentelbaan voorkom, óf die klimmende óf die dalende knoop. Dit bring mee dat maansverduisterings elke ses maande voorkom, en dikwels twee weke voor of ná ’n sonsverduistering met donkermaan by die teenoorgestelde knoop.

Die tydsverloop tussen soortgelyke maanfases – bekend as die sinodiese maand – is gemiddeld sowat 29,53 dae.

Eienskappe

Mense dink dikwels aan volmaan as iets wat ’n hele nag lank duur. Dit is nie heeltemal waar nie, want sy fase soos van die Aarde af gesien, is heeltyd aan die groei of afneem (hoewel te stadig om dit met die blote oog te sien). Hy is op sy maksimum verlig aan die einde van sy afneemstadium. Op enige plek op Aarde kan sowat die helfte van hierdie maksimum volmane sigbaar wees, terwyl die ander helfte in die dag voorkom wanneer die Maan onder die horison is.

Wanneer dit volmaan is, is sterrekundige waarnemings gewoonlik die moeilikste omdat die lig wat deur die Maan weerkaats word, helderder is as die oënskynlik dowwer sterre.

OP 12 Desember 2008 was die Maan met volmaan nader aan die aarde as in die vorige 15 jaar, en dit word ’n supermaan genoem. Op 19 Maart 2011 was daar nog ’n supermaan, nader aan die Aarde as in die vorige 18 jaar. Op 14 November 2016 was die supermaan nader as in die vorige 68 jaar.

Formule

Die datum en benaderde tyd van ’n spesifieke volmaan (as ’n ronde wentelbaan veronderstel word) kan bereken word deur die volgende vergelyking:

    Volmaan 

waar d die getal dae is sedert 1 Januarie 2000 00:00:00 in die aardtydskaal wat in sterrekundige tabelle gebruik word; vir Universele Tyd (UT) voeg die volgende benaderde korreksie tot d by:

    Volmaan  dae

waar N die getal volmane is sedert die eerste volmaan van 2000. Die ware tyd van ’n volmaan kan met tot 14,5 uur van hierdie raming verskil vanweë die feit dat die Maan se wentelbaan nie rond is nie.

In folklore en tradisie

Volmane word tradisioneel verbind met slapeloosheid, waansin (vandaar die Engelse woorde lunacy en lunatic) en verskeie "magiese verskynsels" soos weerwolfswaansin. Sielkundiges het egter bevind daar is geen sterk bewyse dat die mens se gedrag tydens volmaan verander nie. Hulle het verder bevind studies stem dikwels nie ooreen nie; sommige toon ’n positiewe en ander ’n negatiese uitwerking.

Maan- en maansonkalenders

Die meeste antieke kalenders in die wêreld was maansonkalenders, wat maan- en sonkalenders gekombineer het met behulp van skrikkelmaande. Met die Juliaanse kalender is hierdie metode laat vaar ten gunste van ’n suiwer sonkalender, terwyl die 7de-eeuse Islamitiese kalender ’n suiwer maankalender is en die Hebreeuse kalender ’n maansonkalender gebly het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Volmaan EienskappeVolmaan In folklore en tradisieVolmaan Maan- en maansonkalendersVolmaan VerwysingsVolmaan Eksterne skakelsVolmaanAardeMaanMaanfaseSon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Covid-19-pandemie in Suid-AfrikaLeonardo da VinciJan van TonderVerkleinwoordVryheidsdagSwartkwasmuishondFilistyneBorskankerHipoteseKaapse VlakteHibernasieBestuiwingAngolese BurgeroorlogCristiano RonaldoDomineeLys van Suid-Afrikaanse musikanteNatuurlike hulpbronSpeelkaartRonelda KamferVingerseksDemokratiese Republiek die KongoSuurstofJagluiperdEllipstekenVolhoubaarheidWikiquoteLys van elemente volgens simboolHeupBloedsomloopstelselJo BlackLoftus MaraisBevolkingKrugerwildtuinPizzaLiewe HeksieSleutel (musiek)KaliumKrygkorEnkelvoudige sinGroot GatPresident van Suid-AfrikaLugbesoedelingTermiese geleidingsvermoëSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureLys van Griekse mitologiese figurePrivaat maatskappyJeanette FerreiraBipolêre gemoedsteuringLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierNag van die lang messeNamakwalandVolstruisNedersettingDurbanMaanKongo-krisisGenitale vratWerkwoordNederlandWoordeskatAppel (sanger)KaartMartin Luther King jr.MonopolieKrampSelTuisbladSeisoenLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaVerantwoordelikheidElon MuskLandbouKoue OorlogKlavier🡆 More