Vlag Van Suid-Soedan

Die vlag van Suid-Soedan vertoon ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n vyfpuntige geel ster wat na die vlagpaal wys; aan die wapperkant is drie ewe wye bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan.

Vlag van Suid-Soedan
Vlag van Suid-Soedan
Vlag van Suid-Soedan
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 9 Julie 2005/11
Ontwerp ’n Blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n geel ster en drie bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan op die wapperkant.

Die vlag is aanvaar na die ondertekening van Naivasja-ooreenkoms wat die einde van die tweede Soedannese burgeroorlog bevestig het. Die vlag is aanvanklik gebruik deur die Soedannese Volksbevrydingsbeweging (SPLM).

Simboliek

Vlag Van Suid-Soedan 
Die vlag in Karima, Soedan

Saam met die vlag van Suid-Afrika is die vlag van Suid-Soedan een van net twee vlae wêreldwyd wat ses verskillende kleure in sy ontwerp het (dit sluit skakerings van een kleur in ’n vlag uit). Die kleure stel die volgende voor: swart stel die Soedannese bevolking voor, rooi stel die gevloeide bloed in die stryd om vryheid voor, groen stel die land voor en die ster verteenwoordig die Ster van Bethlehem.

Kleure

Volgens die Suid-Soedanese regering verteenwoordig die kleure van die vlag:

  • Swart: Die mense van Suid-Soedan.
  • Rooi: Die bloed wat op pad na onafhanklikheid gevloei het.
  • Groen: Die land se landbou, natuurlike rykdom, grond, sowel as vordering.
  • Wit: Suid-Soedan se vrede ná baie jare se bevrydingsstryd.
  • Blou: Waters van die Nylrivier, ’n bron van lewe vir die land.
  • Geel: Verteenwoordig eenheid (van die deelstate), hoop en vasberadenheid vir alle mense.

Ontwerp

Die vlag is soortgelyk aan die vlag van Kenia met die toevoeging van die blou driehoek en geel ster aan die vlagpaalkant en die weglating van die motief op die vlag van Kenia.

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Suid-Soedan SimboliekVlag Van Suid-Soedan OntwerpVlag Van Suid-Soedan Ander vlaeVlag Van Suid-Soedan Sien ookVlag Van Suid-Soedan VerwysingsVlag Van Suid-Soedan Eksterne skakelsVlag Van Suid-SoedanDriehoekSuid-Soedan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusiekWortelPaasfeesLabia (geslagsdele)Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Seksuele penetrasieMusieksimboleEskomFrederik Willem de KlerkSimboolMenstruasieWatersuiweringSeksismeKunsSeksueel oordraagbare infeksieVerenigde KoninkrykVarkTermietDirekte en Indirekte redeEkonomiePropagandaLys van visseFotosinteseLys van Griekse mitologiese figureLys van Joodse feeste en herdenkingsHemelvaartsdagFranse RewolusieMark (ekonomie)Septimius AwardsWoordsoortSiya KolisiGautengGloeilampRuslandNarsismeOu Apostoliese KerkRacheltjie de BeerSwangerskapArmoedeHomoniemKeramiekKunstenaarOranje-VrystaatVerlede tydE-posDikdermSwartbewussynsbewegingTuisbladTsoenamiGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaInentingErfenisGeweldBosluisbytkoorsMonopolieWes-KaapKnopiespinnekopSamestellingStaatstoelaeMielieTydN.P. van Wyk LouwDonkieOnderwysBatePlae van EgipteBreinIndiëGeskiedenis van Suid-AfrikaLys van bekende Suid-AfrikanersMetaalDagga🡆 More