Vlag Van Papoea-Nieu-Guinee

Die nasionale vlag van Papoea-Nieu-Guinee is op 1 Julie 1971 in gebruik geneem.

Die vlag vertoon ’n diagonale tweekleur in swart aan die vlagpaalkant met ’n Suiderkruismotief en rooi aan die wapperkant met ’n geel paradysvoëlmotief.

Vlag van Papoea-Nieu-Guinee
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel Nasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding 3:4
Goedgekeur 1 Julie 1971
Ontwerp ’n Diagonale tweekleur in swart aan die vlagpaalkant met ’n Suiderkruismotief en rooi aan die wapperkant met ’n geel paradysvoëlmotief.
Ontwerp deur Susan Karike
Wisselvormvlag van Papoea-Nieu-Guinee
Wisselvormvlag van Papoea-Nieu-Guinee
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 3:4
Ontwerp ’n Eenvoudige wit vlag met die nasionale vlag in die skildhoek.

Simboliek

Swart en rooi is lank reeds tradisionele kleure van talle Papoea-Nieu-Guinese stamme. Die geel Raggia se paradysvoël in volle vlug stel vryheid en die geboorte van ’n onafhanklike nasie voor. Die vyf sterre stel die Alpha-, Beta-, Delta-, Gamma- en Epsilonsterre van die Suiderkruis voor. Die Suiderkruis op die vlag stel die land se geografiese posisie in die wêreld voor en dui ook op die land se bande met Australië wat ook die Suiderkruis op sy vlag het.

Geskiedenis

In die Duitse kolonie van Duits-Nieu-Guinee wat vandag die noorde van Papoea-Nieu-Guinee vorm, is die driekleur van die Duitse Ryk gebruik. In 1914 was daar planne vir ’n eie vlag vir die Duitse kolonie. Te wyte aan die Eerste Wêreldoorlog het dit egter nooit gebeur nie. Die vlag van 1884, wat deur die Duits-Nieu-Guinee Maatskappy gebruik is, was ’n eenvoudige wit veld met die Duitse vlag in die skildhoek en ’n swart heraldiese leeu wat ’n rooi fleur-de-lis in sy klou vashou. Die Papoeaanse bevolking het hierdie leeu as “bloedige bene” misverstaan.

Met die verlies van die kolonie aan Australië het die vlag van Australië die geldige simbool van die kolonie geword.

Die suidooste van Nieu-Guinee het in 1883 die kolonie van Brits-Nieu-Guinee geword. Die koloniale vlag was die standaard blou Britse vaandel met ’n wit skfyf op die wapperkant met ’n kroon in en die letters van die kolonie (TNG) in die skyf. Die gebied was ondergeskik aan Australië en die vlag is tot 1906 gebruik toe die gebied die Tarritorium Papoea geword het. Die vlag van die Territorium Papoea was soortgelyk aan dié van Brits-Nieu-Guinee, behalwe dat die woord “Papua” nou onder die kroon in die wit skyf gestaan het.

Die twee gebiede (Papoea en Nieu-Guinee) is in 1949 verenig tot Papoea-Nieu-Guinee maar was nog onder Australiese administrasie. Die vlag van Australië is in hierdie verenigde gebied gebruik.

Die eerste eie vlag in Papoea-Nieu-Guinee was bekend as ’n sportvlag en is sedert 1962 in sportkompetisies in Oseanië gebruik. Gedurende hierdie tyd is die vlag van Australië gebruik as die nasionale vlag. Die sportvlag was heldergroen met ’n geel en rooi paradysvoël aan die vlagpaalkant.

In 1964 is die verkryging van ’n eie nasionale vlag in die publiek bespreek. ’n Kommissie wat saamgestel is het voorkeur gegee aan ’n vertikale blou, geel en groen vlag met ’n wit Suiderkruis in die blou baan en ’n wit paradysvoël in die groen baan. Die kommissie het die land deurkruis met die voorstel maar die Amerikaanse ontwerp is nie goed ontvang nie

Administratiewe vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Vlag Van Papoea-Nieu-Guinee SimboliekVlag Van Papoea-Nieu-Guinee GeskiedenisVlag Van Papoea-Nieu-Guinee Administratiewe vlaeVlag Van Papoea-Nieu-Guinee Sien ookVlag Van Papoea-Nieu-Guinee VerwysingsVlag Van Papoea-Nieu-Guinee Eksterne skakelsVlag Van Papoea-Nieu-Guinee1 Julie1971Papoea-Nieu-GuineeParadysvoëlSuiderkruis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Reënvalbepaling23 AprilZoeloesKaliumVolhoubare ontwikkelingAspoestertjieKinkhoesGlasSuid-AfrikaVerlede tydPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSinkWoordeboek van die Afrikaanse TaalRudi ClaaseTatoeëermerkVaste stofRassisme in AfrikaOrthopteraTweede Nuwe JaarViëtnamoorlogSlaginstrumentSlag van Cuito CuanavaleSpierKletsrymBeeldspraakNedersettingNasionale VrouedagGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondJuan Antonio VillacañasEmo AdamsOogproblemePlaattektoniekSwartrenosterKaapstadVerantwoordelikheidTermietVisNaaldekokerChemiese elementAngssteuringDoelwitHandbalSoortnaamHokkieVerkleurmannetjieBloukraanvoëlLewerSeisoenMisdaadromanBrendan PeyperCarles PuigdemontDaggaOligopolieVoortrekkersShakaLys van Joodse feeste en herdenkingsCalviniaLandbouJagluiperdJohannesburgVoortrekkermonumentKunsmatige intelligensieKatNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaJansenvilleVoegwoordSeksuele penetrasieLeestekenSelfoonBlourokkeBTWSarel Jacob PretoriusKindermishandelingJakkalsAppel🡆 More