Die nasionale vlag van Panama is op 28 Maart 1903 amptelik in gebruik geneem.
Die vlag vertoon vier kwadrante met die skildhoek in wit met ’n vyfpuntige blou ster daarin. Daaronder is ’n blou reghoek (so groot soos die skildhoek). Onder aan die wapperkant is ’n wit reghoek (so groot soos die skildhoek) met ’n vyfpuntige rooi ster en daarbo is ’n rooi reghoek (so groot soos die skildhoek).
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 20 Desember 1903 en 28 Maart 1941 |
Ontwerp | Die skildhoek is wit met ’n blou ster, daaronder is ’n blou reghoek, bo in die wapperkant is ’n rooi reghoek en daaronder ’n wit reghoek met ’n rooi ster. |
Ontwerp deur | María de la Ossa de Amador |
Die kleure van die Panamese vlag is waarskynlik gebaseer op die kleure van die belangrikste partye ten tyde van onafhanklikheidwording. Blou was die kleur van die konserwatiewes en rooi die kleur van die liberales.
’n Ander verklaring stel dit dat die blou vir suiwerheid en eerlikheid staan en die rooi vir die gesag van die wet. Die wit stel vrede voor. Die vlag toon ook ’n mate van ooreenkoms met die Amerikaanse vlag. Dit is omdat Amerika hulp aan Panama verleen het in die stryd om onafhanklikheid.
Wiki Commons bevat media in verband met Vlae van Panama. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vlag van Panama, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.