Vlag Van Nigerië

Die nasionale vlag van Nigerië is op 1 Oktober 1960 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon ’n vertikale tweekleur met ewe wye bane in groen, wit en groen.

Vlag van Nigerië
Vlag van Nigerië
Vlag van Nigerië
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 1:2
Goedgekeur 1 Oktober 1960
Ontwerp ’n Vertikale tweekleur in groen, wit en groen.
Ontwerp deur Michael Taiwo Akinkunmi
Wisselvormvlag van Nigerië
Wisselvormvlag van Nigerië
Gebruik Burgerlike vaandel Burgerlike vaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Rooi vlag met die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van Nigerië
Wisselvormvlag van Nigerië
Gebruik Staatsvaandel Staatsvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Blou vlag met die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van Nigerië
Wisselvormvlag van Nigerië
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Wit vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en die kenteken van die Nigeriese vloot op die wapperkant.
Wisselvormvlag van Nigerië
Wisselvormvlag van Nigerië
Bynaam Lugmagvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Lugmagblou vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en die kenteken van die Nigeriese lugmag op die wapperkant.

Simboliek

Elk van die drie bane het ’n unieke betekenis. Groen stel die landbou voor, wat Nigerië se vernaamste vorm van inkomste is, asook die skoonheid van die land (onderskeidelik die woude en die velde) en wit stel die Nigerrivier voor asook vrede en eenheid.

Ontwerp

Die nasionale vlag is ’n aanpassing van die weninskrywing in ’n kompetisie wat in 1959 gehou is. Die oorspronklike ontwerp het ’n rooi son met uitgaande strale bo-aan die wit baan gehad maar die beoordelaars het dit verwyder en sedertdien is die vlag nie verander nie. Die ontwerper was Michael Taiwo Akinkumni, ’n student van Ibadan, wat die kompetisie in ’n koerant gesien het. Die ontwerp is in 1958 gekies as die beste ontwerp en die vlag is uiteindelik gebruik om Nigerië se onafhanklikheid te vier op 1 Oktober 1960, toe die Britse vlag gestryk is en die nuwe Nigeriese vlag gehys is.

Vlag Van Nigerië 
Konstruksietekening

Kleure

Vlag Van Nigerië 
’n Nigeriese vlag wapper by die ambassade in Washington, D.C.

Die kleurskema word hieronder gelys:

Kleurskema Groen Wit
RAL
Geen
9003
Seinwit
CYMK 100.0.39.47 0.0.0.0
Heksadesimaal #008753 #FFFFFF
Desimaal 0,135,83 255,255,255

Geskiedenis

Totdat Nigerië in 1960 onafhanklik geword het, was dit ’n Britse kolonie. Tussen 1821 en 1877 het dit deel uitgemaak van Brits-Wes-Afrika en is ’n vlag van die kolonie gebruik (’n blou Britse vaandel) met die koloniale embleem. As afsonderlike Britse kolonie (1877 tot 1960) was die naam van die gebied Lagos-kolonie. ’n Blou Britse vaandel met die koloniale wapen van die Lagos-kolonie aan die wapperkant is toe amptelik gebruik. Op die koloniale wapen staan ’n olifant voor ’n palmboom en ’n groen berglandskap. Onder die olifant staan in rooi letters die voorletter van die gebied (L.). Gambië, Ghana (toe die Goudkus) en Sierra Leone, ook voormalige Britse kolonies, het dieselfde koloniale wapen gebruik maar met hul eie voorletters daarop (G., G.C. en S.L. onderskeidelik). Brits-Nigerië het ’n blou Britse vaandel gebruik met die kenteken van Nigerië (’n rooi skyf met ’n groen Dawidster (soos die vlag van Marokko) en ’n kroon in die middel van die ster) op die wapperkant.

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Eksterne skakels

  • (en) Nigerië by Flags of the World.
  • (en) "Flag of Nigeria". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Maart 2020.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Nigerië SimboliekVlag Van Nigerië OntwerpVlag Van Nigerië GeskiedenisVlag Van Nigerië Ander vlaeVlag Van Nigerië Eksterne skakelsVlag Van Nigerië1 Oktober1960Nigerië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jan-Willem BreureBywoordGroot vyfIranRassismeGoudKoolstofSigaretNarsismeMusiekWindTelefoonDie GelofteDigtheidWaar ruwe rotseKarooOnderwysBernice WestVolhoubare ontwikkelingHoofpynRudi ClaaseSportCutt GlasNamibiëCarles PuigdemontKompasPerdebyeMieliestronkInsekLys van veltoestandeKlimaatveranderingGreen PornoKlimaatVerantwoordelikheidVrymesselaryAfrikanersTasché BurgerRepubliek van Zoid AfrikaRolprentBeroerteVeeartsLika BerningVerkoueRugby, WarwickshireSinoniemRooilipslangInstagramGeskiedenis van Suid-AfrikaAmandelMunhwa Broadcasting CorporationVlekvrye staalKrimpvarkieKewerKasteel die Goeie HoopFrankrykOrale seksRina HugoBlaarDoopVingerseksSonnestelselHerpes simplexAfrikaansBiodiversiteitVakbondGlobaliseringKlein-KarooSkoolMenseregteGeslagsgelykheidAkwariumSaartjie BaartmanKoos du PlessisAnale kankerVolstruis🡆 More