Vlag Van Maledive

Die nasionale vlag van Maledive is op 25 Julie 1965 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon ’n groen baan met ’n dik rooi fraiing reg rondom en ’n wit sekelmaan in die middel van die vlag.

Vlag van Maledive
Vlag van Maledive
Vlag van Maledive
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 25 Julie 1965
Ontwerp ’n Groen baan met ’n dik rooi fraiing reg rondom en ’n wit sekelmaan in die middel

Simboliek

Die rooi fraiing stel die dapperheid van die volk se helde en hul gewilligheid om hul laaste druppel bloed ter verdediging van hul land te stort, voor. Die groen stel vrede en voorspoed voor. Die wit sekelmaan stel ’n staat van verenigde Islamitiese geloof voor.

Ontwerp

Die fraiing is die helfte so dik soos die hoogte van die groen reghoek. Die wit sekelmaan is reg in die middel van die groen reghoek.

Vlag Van Maledive 
Konstruksietekening

Geskiedenis

Die eerste vlag van die Maledive het bestaan uit ’n eenvoudige rooi baan. Later is ’n vertikale baan in swart en wit afwisselend aan die vlagpaalkant toegevoeg wat die Dhandimathi genoem is.

Hierdie weergawe van die vlag is gebruik tot vroeg in die 20ste eeu toe Abdoel Madjeed Didi ’n sekelmaan tot die vlag toegevoeg het. Terselfdertyd is ’n afsonderlike staatsvlag gemaak waarvan die sekelmaan op ’n groen reghoek was. Hierdie veranderinge is iewers tussen 1926 en 1932 aangebring tydens Abdoel Madjeed se termyn as Eerste Minister.

In 1953 het Maledive ’n republiek geword, wat uitgeloop het op verandering van die vlag. Die nasionale vlag is laat vaar en die sekelmaan op die staatsvlag is vertikaal omgekeer. In 1954 is die Sultanaat herstel maar die vlag het onveranderd gebly. Moehammaf Fareed Didi het besluit om eerder ’n nuwe vlag spesifiek vir die Sultan te skep met ’n vyfpuntige ster langs die sekelmaan. ’n Weergawe van hierdie vlag word vandag nog as die Presidensiële Standaard gebruik.

Toe die Maledive in 1965 onafhanklikheid verkry het is die baan in swart en wit aan die vlagpaalkant verwyder.

Ander vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Maledive SimboliekVlag Van Maledive OntwerpVlag Van Maledive GeskiedenisVlag Van Maledive Ander vlaeVlag Van Maledive VerwysingsVlag Van Maledive Eksterne skakelsVlag Van Maledive196525 JulieMaledive

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KatoenMarkenPlantKameelperdAntjie KrogVleilandAt BothaSarel Jacob PretoriusMantisInfeksieSuid-Afrikaanse RugbyunieOmtrek, oppervlakte en volumeSkaapBevolkingArmoedeverligtingTropiese sikloonKaliumProstaatkankerZack du PlessisAssonansieChloorWoestynRugbyPapierLionel MessiKankerOvulasieKoos du PlessisRamsar-vleilande in Suid-AfrikaGriekse mitologieBreinPêrelIsraelCarike KeuzenkampKookpuntBuffelIgtiologieVaginaLys van Afrikaanse rolprenteNic de JagerSteve HofmeyrLongontstekingXenofobieKoolstofdioksiedKrieketSelBestuiwingJohan BadenhorstLewerIranTsoenamiStikstofJames AlexanderAkwariumOlimpiese Somerspele 2024JaarMiskruierByeboerderyHolocaustDieregeluideKaapstadDikdermSirkelBeenbreuke en ontwrigtingsTafeltennisDiskriminasieAndré JacobsLys van Griekse mitologiese figureHelga UysKoos KombuisKletsrymJo BlackLandbouPriemgetalRoossenekalTandbederf🡆 More