Vlag Van Koeweit

Die nasionale vlag van Koeweit (Arabies: علم الكويت) is op 7 September 1961 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon drie ewewydige horisontale bane in groen, wit en rooi met ’n swart trapesium aan die vlagpaalkant.

Vlag van Koeweit
Vlag van Koeweit
Vlag van Koeweit
Bynaam (ar) Alam Baladii, Derti
Gebruik Burgerlike- en Staatsvlag en Nasionale vaandel Burgerlike en staatsvlag en nasionale vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 7 September 1961
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in groen, wit en rooi met ’n swart trapesium aan die vlagpaalkant.

Simboliek

Die kleure van die vlag is afgelei van ’n gedig deur Safie Al-Deen Al-Halie. Die kleure het die volgende betekenis: wit stel die mens se dade voor, swart stel die slagvelde voor, groen stel die landerye voor en rooi stel swaarde voor wat rooi is van die bloed van die vyand.

Kleure

Vlag Van Koeweit 
Koeweitse vlag by die ambassade in Londen
Skema Tekstielkleur
Groen ons landerye
Wit ons dade
Rooi ons swaarde
Swart ons gevegte

Ontwerp

Die horisontale bane is almal ewe hoog. Die swart trapesium kom van die hoeke op die vlagpaalkant tot waar die wit baan met die groen en rooi onderskeidelik byeenkom. Die trapesium kom tot een kwart in die breedte van die vlag in.

Vlag Van Koeweit 
Konstruksietekening

Geskiedenis

Voor 1961 was die vlag van Koeweit rooi en/of wit, soos talle ander state in die Persiese Golf in daardie tyd (’n rooi agtergrond met wit teks of simbole daarop). Tot 1899 was die vlag van Koeweit ’n eenvoudige rooi baan. Van 1899 tot 1915 was die vlag ’n rooi agtergrond met ’n wit ster en sekelmaan en, ook in wit, die woord “كويت” (Koeweit) gestileer om nie die hoofletter K te beklemtoon nie; van 1899 tot 1909 was die twee simbole ewe groot in hoogte maar tussen 1909 en 1915 het die ster en sekelmaan voorrang geniet en die landsnaam is verklein en geskuif na die boonste hoek op die wapperkant. Tussen 1915 en 1956 is die ster en sekelmaan totaal verwyder en is die naam vergroot en teruggeskuif na die middel van die vlag. Tussen 1956 en 1961 is die ster en sekelmaan steeds weggelaat, die naam is op ’n ander manier gestileer om groter klem te plaas op die hoofletter K, die vlagpaalkant van die vlag het ’n wit golwende fraiing bygekry en die Sjahada is vertikaal langs die fraiing geskryf om van bo na onder gelees te word. Die huidige vlag is in die Pan-Arabiese kleure.

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Trivia

Vlag Van Koeweit 
Peter Lynn se Koeweitse vlagvlieër

In 2005 het die vlag van Koeweit die grootste vlieër ter wêreld geword met ’n grootte van 1019 m². Dit is deur Peter Lynn in Nieu-Seeland gemaak en vir die eerste keer in Julie 2004 in die Verenigde Koninkryk aan die publiek vertoon, voordat dit amptelik in 2005 in Koeweit bekendgestel is.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Koeweit SimboliekVlag Van Koeweit OntwerpVlag Van Koeweit GeskiedenisVlag Van Koeweit TriviaVlag Van Koeweit VerwysingsVlag Van Koeweit Eksterne skakelsVlag Van Koeweit19617 SeptemberArabiesKoeweit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaagsweerMielieDirekte en Indirekte redeGeelsugWolfAlkoholismeKonjunktivitisMediese diagnoseGoudkus (streek)Tradisionele literatuurWoordeskatCholeraNazi-DuitslandGeweldVoedselkettingKoppeltekenNasionale PartyInvloed van vigs op die ekonomieNierversakingAlliterasieMassaParasitiese siektesSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994TsoenamiTweede Nuwe JaarReënPaasfeesDikdermLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaMalariaInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandPlastiekGrondwet van Suid-AfrikaWright-broersEk is 'n Afrikaan (toespraak)VoegwoordSatellietfotoBlomGipsHondPornografiese akteurWoudNedersettingFamilie (verwantskap)Orale seksAfrikaanse TaalmonumentLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierSoortnaamPresident van Suid-AfrikaKlem-in-die-kaakImmunologieHibernasieKoorsblaarWerkersdagSeekoeiHindoeïsmeKaapstadVerkoueMenslike skeletInternetSpreeuBlaarBybelLys van myne in Suid-AfrikaMonumentTaalAssonansieMieliestronkGroot TrekKlein-KarooMantisDesimale breukeFeminismeEerste Wêreldoorlog🡆 More