Vir die voëls

Afrikaanse rolprent

Vir die voëls is ’n Afrikaanse rolprent wat op 25 November 2016 vrygestel is. Die fliek is gebaseer op 'n kortverhaal deur Irma Humpel, getiteld "Slim vang sy baas". Die storie gaan oor die ware liefdesverhaal van Irma en Sampie de Klerk van Newcastle. Irma het 'n dit vir ’n leserswedstryd ingeskryf op soek na ’n draaiboek om Huisgenoot se 100ste bestaansjaar te vier. Huisgenoot het die film in samewerking met kykNET Films en The Film Factory vervaardig.

Vir die voëls
RegisseurQuentin Krog
ProduksieleierDanie Bester
DraaiboekSean Robert Daniels
Quentin Krog
Tina Kruger
MetSimoné Nortmann
Francois Jacobs
Lara Kinnear
Bennie Fourie
Musiek deurBenjamin Willem
KinematografieBrendan Barnes
RedigeerderC.A. van Aswegen
AteljeeThe Film Factory
VerspreiderSter Kinekor
Uitgereik25 November 2016
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
IMDb-profiel

Genre

Die film is ’n romantiese drama wat in die laat sewentigs afspeel. Hubare mans was op die grens vir diensplig en vroueregte ’n onbekende konsep. Musiektreffers uit die 1970’s, soos Carike Keuzenkamp se Hoeka Toeka en Glenys Lynne se Ramaja, kan in die fliek gehoor word. Die fliek het ’n 10-12 OLG-ouderdomsperk (ouerleiding vir geweld).

Rolverdeling

Storielyn

In die fliek is Irma Humpel ’n korrelkop-rabbedoe wat in die laat 1970’s in ’n trourok voor die kansel beland. Die bruidegom is die seun wat haar kleintyd geterg het. Tot kort tevore het sy vas geglo dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, maar intussen het Sampie de Klerk haar oor haar oortuigings laat nadink.

Sien ook

Eksterne skakels