Viktor Mihály Orbán (Hongaars: ; gebore 31 Mei 1963) is 'n Hongaarse politikus en juris.
Hy dien sedert 2010 as die eerste minister van Hongarye. Hy het hierdie amp ook van 1998 tot 2002 bekleë. Hy was van 1993 tot 2000 en is sedert 2003 die leier van die nasionaalkonserwatiewe Fidesz-party. Op 19 November 2016 het hy István Bethlen as die langsdienende eerste minister in Hongaarse geskiedenis verbygesteek.
Viktor Mihály Orbán | |
Viktor Orbán in 2018 | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 29 Mei 2010 | |
Vise | Tibor Navracsics Zsolt Semjén |
---|---|
President | László Sólyom Pál Schmitt László Kövér (waarnemend) János Áder Katalin Novák |
Voorafgegaan deur | Gordon Bajnai |
Lid van die Nasionale Vergadering | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 2 Mei 1990 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 31 Mei 1963 Székesfehérvár, Hongarye |
Politieke party | Fidesz |
Eggenoot/-note | Anikó Lévai (trou 1986) |
Kind(ers) |
|
Alma mater | Universiteit Eötvös Loránd Pembroke College, Oxford |
Handtekening |
Op 3 April 2022 is Orbán vir 'n verdere termyn verkies in Hongarye se algemene verkiesing. Dit sal sy vierde agtereenvolgende termyn as Eerste Minister van Hongarye wees. Orbán se party, Fidesz, sal danksy die oorwinning 'n tweederde meerderheid in die parlement hê, met 135 setels vergeleke met die opposisie alliansie se 56 setels. Dit is ook Fidesz se vierde agtereenvolgende oorwinning sedert 2010.
Orbán is op 31 Mei 1963 in Székesfehérvár in 'n landelike middelklas gesin gebore as die oudste seun van die landboukundige en sakeman Győző Orbán (gebore 1940) en die spesiale opvoeder en spraakterapeut, Erzsébet Sípos (gebore 1944). Hy het twee jonger broers, albei sakemanne, Győző jr. (gebore 1965) en Áron (gebore 1977). Sy oupa aan vaderskant, Mihály Orbán, het boerdery en veeteelt beoefen. Orbán het sy kinderjare in twee nabygeleë dorpe, Alcsútdoboz en Felcsút in die Fejér-distrik, deurgebring; hy het skool daar en in Vértesacsa bygewoon. In 1977 het sy gesin permanent na Székesfehérvár verhuis. Op die ouderdom van 14 en 15, terwyl hy by sy sekondêre skool was, was hy sekretaris van die kommunistiese jeugorganisasie, KISZ, waarvan die lidmaatskap verpligtend was om aan 'n universiteit te kan inskryf.
Orbán het in 1981 van die Blanka Teleki Hoërskool in Székesfehérvár, waar hy Engels gestudeer het, gematrikuleer. Hy het toe twee jaar militêre diens voltooi. Hy het later in 'n onderhoud gesê dat hy homself voor hierdie tyd as 'n "naïewe en toegewyde ondersteuner" van die kommunistiese bewind beskou het, maar tydens sy militêre diens het sy politieke sieninge radikaal verander.
Daarna, in 1983, het Orbán regte aan die Universiteit Eötvös Loránd in Boedapest gaan studeer. Hy het sy tesis oor die Poolse Solidariteitbeweging geskryf. Na die verkryging van sy doktorsgraad in die regte in 1987, het hy twee jaar lank in Szolnok gewoon, terwyl hy na sy werk in Boedapest as sosioloog by die Bestuursopleidingsinstituut van die Departement van Landbou en Voedsel gependel het.
In 1989 het Orbán 'n beurs van die Soros-stigting ontvang om politieke wetenskap aan Pembroke College, Oxford, te studeer. Sy persoonlike tutor was die Hegeliaanse politieke filosoof Zbigniew Pełczyński. In Januarie 1990 het hy Oxford verlaat en na Hongarye teruggekeer om vir 'n setel in Hongarye se eerste post-kommunistiese parlement te staan.
Wiki Commons bevat media in verband met Viktor Orbán. |
Party-politieke poste | ||
---|---|---|
Nuwe pos | Leier van Fidesz in die Nasionale Vergadering 1990–1993 | Opgevolg deur László Kövér |
President van Fidesz 1993–2000 | ||
Voorafgegaan deur János Áder | President van Fidesz 2003–hede | Sittend |
Politieke poste | ||
Voorafgegaan deur Gyula Horn | Eerste minister van Hongarye 1998–2002 | Opgevolg deur Péter Medgyessy |
Voorafgegaan deur Gordon Bajnai | Eerste minister van Hongarye 2010–hede | Sittend |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Viktor Orbán, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.