Victoriadag

Victoriadag (Engels: Victoria Day, Frans: Fête de la Reine) is 'n Kanadese openbare vakansiedag wat op die Maandag op of voor 24 Mei gevier word, ter ere van beide die verjaarsdag van koningin Victoria en dié van die huidige heersende Kanadese monarg.

Victoriadag
'n Portret in Ottawa se stadsaal van koningin Victoria, eerste koning van 'n Kanadese konfederasie
Victoriadag
Victoriadagvuurwerkvertoning 2005, vanaf Ontario-plek, Toronto

Dié dag word ook gevier in dele van Skotland, veral in Edinburg en Dundee, waar dit ook 'n openbare vakansiedag is.

Geskiedenis

Sedert 1901 is 24 Mei as datum dwarsdeur die Britse Ryk gevier as Ryksdag. In 1958 is die dag herbenoem na Gemenebesdag en in 1977 is die dag verskuif na die tweede Maandag in Maart, maar die Kanadese het aangehou om Victoriadag in Mei te vier.

Die heersende Kanadese monarg was tot dusver twee keer tevore in Kanada vir die viering van hulle amptelike geboortedag: die eerste keer op 20 Mei 1939, toe koning George VI op 'n Kanada-wye toer in die land was, en die tweede keer toe koningin Elizabeth II in Kanada was van 17 tot 25 Mei 2005, om die eeufeesvieringe van Saskatchewan en Alberta se intrede tot die Konfederasie van Kanada te gedenk.

Feesvierings

Dié dag is een van 'n paar wat in Kanada met vuurwerke gevier mag word. Dit word beskou as die nie-amptelike begin van die somerseisoen in Kanada, en daarom maak die meeste parke en ander besighede wat gedurende die warmer somermaande bedryf word oop op hierdie naweek. Soortgelyk beteken dié langnaweek vir die tuinier in Kanada dat die lente behoorlik daar is, en daar waarskynlik nie weer ryp sal wees voor die volgende winter nie.

Notas

    Die artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Engelse Wikipedia artikel Victoria day.

Eksterne skakels

Tags:

Victoriadag GeskiedenisVictoriadag FeesvieringsVictoriadag NotasVictoriadag Eksterne skakelsVictoriadagEngelsFransKanadaVictoria van die Verenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DundermElandréDuitsHeupvervangingOrtopedieDerrickSlukdermKoningAardverwarmingVratDie Stem van Suid-AfrikaSeksuele opwekkingOpgestopte speelgoedToorbergGewone drolpeerMadison IvyStuitjieDaggaInfeksieBateTongBipolêre gemoedsteuringGeorgiëHolocaustSkoenlapperLetterlike en figuurlike taalgebruikSonsteekKanadese nasionale krieketspanLys van kinderspeletjiesJeuksiekteEkonomie van Suid-AfrikaNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweSuurstofKrampBorsteBoeberErica RhodesKadmiumNasiebouIndustriële RevolusieNieu-SeelandCristiano RonaldoLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekords26 MaartPoesGeboorteMosambiekGetalAarverkalkingJada FireOorlog in Soedan (sedert 2023)EkonomieKinkhoesSuid-Afrikaanse InkomstediensKlem-in-die-kaakGordelroosKoorsRooibokVoornaamwoordKarpaletonnelsindroomPolitieke partySteenkoolLika BerningAngina pectorisDissipel vir wie Jesus baie lief wasGrasCleopatra VIIKoolhidraatJannie du Toit🡆 More