Victoria-Wes

Victoria-Wes is 'n dorp in die sentrale Karoo-streek van die provinsie Noord-Kaap.

Dit is op die N12-roete geleë, op 'n hoogte van 1 300 meter. Dit is die setel van die Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit.

Victoria-Wes

Victoria West
Dorp
NG kerk Victoria-Wes
Wapen van Victoria-Wes
Wapen
Victoria-Wes is in Noord-Kaap
Victoria-Wes
Victoria-Wes
Victoria-Wes Victoria-Wes se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 31°24′11″S 23°07′14″O / 31.40306°S 23.12056°O / -31.40306; 23.12056 23°07′14″O / 31.40306°S 23.12056°O / -31.40306; 23.12056
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikPixley ka Seme
MunisipaliteitUbuntu
Stigting1844
Oppervlak
 • Totaal78,95 km2 (30,48 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal8 254
 • Digtheid105/km2 (270/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense5.6%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense69.3%
 • Swart mense23.7%
 • Ander0.9%
Taal (2011)
 • Afrikaans82.1%
 • Xhosa13.8%
 • Engels1.1%
 • Ander3.0%
Poskode (strate)
7070
Poskode (posbusse)
7070
Skakelkode053

Geskiedenis

Toe diamante in 1867 by Hopetown ontdek is, is 'n hoofpad teen 'n reghoek bo-oor die hoofstraat van Victoria-Wes gemaak. Hotelle, winkels en selfs 'n koerant is opgerig. Die spoorweg het 12 km van die dorp af verbygeloop en Victoria-Wes moes tevrede wees met 'n spoorweghalte met die koddige naam Victoria-Wes-Weg en 'n swak grondpad dorp toe.

NG gemeente

Die dorp het sy ontstaan te danke aan die voorstelling in April 1844 van die eerste kerkraadslede, wat dadelik oorgegaan het om grond aan te koop vir die aanlê van 'n dorp. Vir 23 000 riksdaalders (£1725) is die plaas Kapoksfontein en 'n deel van die plaas Zeekoegat aangekoop en op 28 Augustus 1844 besluit die kerkraad dat die "parochie . . . naar onze geliefde koningin 'Victoria' zoude genoem worde". Die getal belydende lidmate was in 1979 726, in 1990 566 en in 2007 465.

Besienswaardighede

Victoria-Wes 
St John-kerk, Victoria-Wes (1869)

Die Apollo-teater is die enigste oorblywende voorbeeld van 'n Art Deco-teater uit die dekade na 1950. Gereelde rolprentfeeste word hier aangebied. Die Handelspos en Mannetjies Roux-museum bied aandenkings van die legendariese Springbok-rugbyspeler te koop aan. Die Anglikaanse kerk, gebou in 1869, het twee pragtige gebrandskilderde ruite.

Daar is 'n wildreservaat buite die dorp met springbokke, elande, swartwildebeeste, blesbokke, gemsbokke en ander wild. Op 'n nabygeleë plaas is daar 'n aansienlike versameling ou motorkarre, onder meer stoomaangedrewe modelle en een van Adolf Hitler se koeëlvaste voertuie.

Bevolking

Volgens die World Gazetteer het Victoria-Wes se bevolking van 8 409 in 1996 tot 8 164 in 2007 afgeneem, maar weer tot 11 202 in 2008 toegeneem.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Victoria-Wes GeskiedenisVictoria-Wes NG gemeenteVictoria-Wes BesienswaardighedeVictoria-Wes BevolkingVictoria-Wes Sien ookVictoria-Wes VerwysingsVictoria-Wes BronneVictoria-Wes Eksterne skakelsVictoria-WesKarooN12 (Suid-Afrika)Noord-KaapPixley ka Seme-distriksmunisipaliteitUbuntu Plaaslike Munisipaliteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Waterbesparing in Suid-AfrikaKlein-KarooBoelieryWaterkringloopWiskundige terminologieFabelNaaldekokerBeesvleisLyfstraf in skoleKoolhidraatNatuurbewaringGemeenskapsorganisasieJan van TonderSekondêre sektor van die ekonomieWes-KaapVerlede tydKorrupsieHoofstadDansKnopiespinnekopChloorGalileo GalileiDiatomiese molekuulRassisme in AfrikaEngelsPrimêre sektor van die ekonomieKunselementeLetterlike en figuurlike taalgebruikProteïenOraniaVolhoubaarheidSwartrenosterMynbouDemografie van Suid-AfrikaKoerantKlimaatsverandering in Suid-AfrikaPropagandaLionel PetersonOorkruipersHemelBesemOos-KaapAfkortingDiarreeNG gemeente JansenvilleStedelike hitte-eilandViëtnamoorlogHaelEnsiklopedieStadMisdaadromanLangste woordGreen PornoEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaOlimpiese Somerspele 2024ToerismeWitbloedselHolocaustJudaïsmeEufemismeRenosterE-posKameelperdManie LibbokAnrich HerbstRacheltjie de BeerAnilingusBoomSoutsuurWaterstofSinoniemSkerpioenHondHibernasieLandbou in Suid-AfrikaWiskundeKweekhuiseffek🡆 More