Drakenstein-Gevangenis

Die Drakenstein-gevangenis, vroeër die Victor Verster-gevangenis, is 'n tronk tussen Paarl en Franschhoek, op die R301-pad 5 km vanaf die R45 Huguenot-pad, in die vallei van die Dwarsrivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Dit word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste bestuur. Die tronk is veral bekend omdat Nelson Mandela die laaste deel van sy gevangenskap hier deurgebring het.

Drakenstein-gevangenis
Die ingang na die Drakenstein-gevangenis.
Die ingang na die Drakenstein-gevangenis.
Ligging
Stad/dorp  Tussen die Paarl en Franschhoek
Staat/provinsie  Wes-Kaap
Land Suid-Afrika
Geskiedenis
Voormalige naam  Victor Verster-gevangenis
Inligting
Sekuriteitsklas  Minimum sekuriteit
Bestuur deur  SA Departement van Korrektiewe Dienste
Drakenstein-Gevangenis
Die Drakenstein-gevangenis.

In 1982 word Mandela vanaf die maksimum-sekuriteitsgevangenis op Robbeneiland, 'n eilandjie in Tafelbaai, na Pollsmoor-gevangenis in Tokai, Kaapstad verskuif. Hy word op 9 Desember 1988 na Victor Verster oorgeplaas, waar hy in 'n privaathuis in die kompleks gewoon het. Victor Verster is 'n plaasgevangenis wat dikwels as oorbrugging gebruik is voordat lae risiko-gevangenes vrygelaat is. Mandela dien 14 maande hier uit tot sy vrylating op 11 Februarie 1990. Die dag van sy vrylating het verslaggewers van oor die wêreld heen die gevangenis omring, wat die tronk wêreldwyd bekend gemaak het.

Die huis waar Mandela woonagtig was is as 'n nasionale erfenis verklaar en 'n standbeeld van Mandela is voor die gevangenis opgerig.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

19°0′57.98″O / 33.8436306°S 19.0161056°O / -33.8436306; 19.0161056

Tags:

Dwarsrivier (Wes-Kaap, lat -33,83, long 18,98)FranschhoekNelson MandelaPaarlSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe DiensteTronkWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vlag van LibanonJan van RiebeeckPubiese hareSlag van BloedrivierPsigopatieGhanaJo BlackVier temperamenteMenslike skeletAntoniemDuitslandHeliosfeerHennie MaasChristeneJannie du ToitAndré SchwartzUniversiteit StellenboschVermaakDiarreeVolksrepubliek ChinaPlae van EgipteGewone tarentaalMaroela MediaBybelvertalingTropiese sikloonLily CarterIngrid JonkerBorsklierSkoenlapperWaterhertBrongitisMielieJohannesburgSkilpadMeksikoHartversakingJacques LootsAntieke EgipteSelfieBysteekRina HugoSmaakAfrikaanse woordelys en spelreëlsSeksuele stimulasieMaagKuberkrakerAardverwarmingAppelblaarOos-KaapSirkelKarlien van JaarsveldNardusReënspinnekopHeupVoornaamwoordDeelstate van die Verenigde State van AmerikaLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLibiëWaverDuitsAfghanistanSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989WikimaniaDissipel vir wie Jesus baie lief wasLys van Suider-Afrikaanse soogdiereOosters-Ortodokse KerkGrasDie Stem van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsAlfabetOsoonlaagApartheidProstaatkankerBloeddrukRoekelose Dade🡆 More