Viëtnamese

Die Viëtnamese of Kinh (Viëtnamees: người Việt , Chữ nôm: 𠊛越 of người Kinh , Chữ nôm: 𠊛京) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Viëtnam en die aangrensende lande van Suidoos-Asië met sy oorsprong in die hedendaagse noordelike Viëtnam en suidelike China.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die taal, sien Viëtnamees.

Hulle vorm die titulêre nasie van Viëtnam en maak volgens die sensus van 1999 86% van Viëtnam se bevolking uit. Viëtnamese staan amptelik bekend as Kinh om hulle van ander etniese groepe in Viëtnam te onderskei. Die vroegste opgetekende naam vir die ou Viëtnamese blyk Lạc of Lạc Việt (Chinees: 雒越; pinyin: Luòyuè) te wees.

Viëtnamese
Kinh
người Việt (𠊛越)
người Kinh (𠊛京)
Viëtnamese
Totale bevolking: ca. 99 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Viëtnam Viëtnam 94 348 835

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1 548 449
Vlag van Kambodja Kambodja 600 000
Vlag van Frankryk Frankryk 350 000
Vlag van Kanada Kanada 220 425
Vlag van Australië Australië 210 800
Vlag van Republiek van China Republiek van China 200 000
Vlag van Duitsland Duitsland 150 000
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 143 000
Vlag van Japan Japan 135 657
Vlag van Laos Laos 100 000
Vlag van Maleisië Maleisië 70 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 55 000–70 000
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 60 931
Vlag van Pole Pole 50 000
Vlag van Rusland Rusland 36 225
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 30 000
Vlag van Filippyne Filippyne 27 600
Vlag van Noorweë Noorweë 18 333
Vlag van Nederland Nederland 18 000
Vlag van Thailand Thailand 10 000
Vlag van Denemarke Denemarke 8 575
Vlag van Switserland Switserland 8 173
Vlag van Katar Katar 8 000
Vlag van België België 7 151
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 4 875
Vlag van Finland Finland 4 000
Vlag van Oekraïne Oekraïne 3 850
Vlag van Hongarye Hongarye 3 019
Vlag van Slowakye Slowakye 3 000
Vlag van Italië Italië 3 000
Vlag van Bulgarye Bulgarye 1 500
Vlag van Brasilië Brasilië 1 000

Taal: Viëtnamees
Geloofsoortuiging: Oorwegend Viëtnamese volksgodsdiens gemeng met Mahayana-Boeddhisme. Minderhede van Christene (meestal Rooms-Katolieke) en ander groepe.
Verwante etniese groepe: Gin (ook bekend as Jing or Kinh) en Muong
Viëtnamese
Verspreiding van Viëtnamees as 'n moedertaal
Viëtnamese
Kinh-meisies in tradisionele áo dài-klere en 'n nón lá-hoed
Viëtnamese
Viëtnamese Nuwejaaroptog in San Jose, Kalifornië

Hoewel Viëtnamese weens geografiese en taalwetenskaplike redes as Suidoos-Asiërs geklassifiseer word, het lang tydperke van Chinese oorheersing en invloede die Viëtnamese kultuur nader aan die Oos-Asiatiese kultuur beweeg, of meer spesifiek hul onmiddellike noordelike bure, die Suider-Chinese en ander stamme van Suid-China. Die woord Việt is verkort van Bach Việt (Chinees: 百越; pinyin: Bǎiyuè), 'n naam wat in antieke tye gebruik is. Nam beteken "suid".

In die Volksrepubliek China behoort die Viëtnamese tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") en word Gin-mense (Chinees: 京族; pinyin: Jīngzú) genoem. Hulle leef veral in die Suid-Chinese provinsie van Guangxi aan die grens tot Viëtnam.

Ná die verowering van Saigon deur die kommunistiese Noord-Viëtnam en die daaropvolgende einde van die Viëtnamoorlog in 1975 het meer as 1,5 miljoen Viëtnamese hulself in die Verenigde State gevestig, waarvan sowat 50% in die deelstate Kalifornië en Texas. Hulle vorm die vierde grootste Asiaties-Amerikaanse etniese groep na die Han-Chinese, Filipinos en Indiërs. Die Viëtnamese diaspora verwys na hulself as Người Việt Hải Ngoại (letterlik: "oorsese Viëtnamese") of Người Việt Tự Do ("vrye Viëtnamese"), terwyl Viëtnamese in Viëtnam hulle Việt Kiều (letterlik: "Viëtnamese vreemdelinge") noem.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ChineesEtniese groepNasiePinyinSuidoos-AsiëViëtnamViëtnameesVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeekoeiChristendomSamestellingErosietipesPrimêre sektor van die ekonomieAngina pectorisBurgerregteVaginale kankerLettergreepTennisVeeartsDieretuinSonsteekEngelsKatoenNoordwesKoringSkerpioenJames AlexanderSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Motorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaJeugdagGeestesteuringDigtheidOu Apostoliese KerkSprokieWikiCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGroepsdrukTekstielLianie MayVlag van Suid-AfrikaBestaansboerderyVreesKoekie (rekenaarwetenskap)PsigopatiePinksterViëtnamoorlogSendelingposisieOutismeLys van lande volgens bevolkingTweede Nuwe JaarNedersettingJakkalsSwawelWaterbesparing in Suid-AfrikaSuid-AfrikaDemokrasieTrevor NasserNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyGriekse mitologieKobus LombardJan-Willem BreureMierHernubare energieKunstenaarKoorsNasionalismeBosluisbytkoorsGawes van die Heilige GeesElektrisiteitsvoorsieningZack du PlessisMenslike seksuele gedragSeksuele penetrasieTegnologieKoppeltekenHoofkarakterOorlogMenslike skeletSinoniemBlaarLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaDuitse maselsByvoeglike naamwoordElandréAborsie in Suid-AfrikaNasiebou🡆 More