Obesiteit: Mediese toestand waarin oortollige liggaamsvet gesondheid benadeel

Obesiteit of vetsug is 'n mediese toestand waar 'n persoon soveel vet in die liggaam opgebou het dat sy gesondheid negatief daardeur beïnvloed word.

Dit kan aanleiding gee tot gesondheidsprobleme en selfs 'n korter lewensverwagting. Mense met 'n liggaamsmassa-indeks (LMI) van meer as 30 kg/m2 word as obees beskou. LMI word bereken deur die liggaamsgewig in kilogram te deel deur die kwadraat van die liggaamslengte in meter. Vetsug is redelik skaars by wilde diere, maar nie ongewoon by mense en troeteldiere nie, wat dikwels oorvoed is en te min beweeg.

Obesiteit
Klassifikasie en eksterne bronne
Drie silhoeëtte vir respektiewelik: normaal, oorgewig en obees (regs)
Drie silhoeëtte vir respektiewelik: normaal, oorgewig en obees (regs)
ICD-10 E66
ICD-9 278
OMIM 601665
DiseasesDB 9099
MedlinePlus   003101
eMedicine med/1653
MeSH C23.888.144.699.500
Obesiteit: Mediese toestand waarin oortollige liggaamsvet gesondheid benadeel Mediese waarskuwing

Vetsug vergroot die risiko van verskillende siektes, onder andere hartsiektes, tipe 2-diabetes, obstruktiewe slaapapnee, sekere vorme van kanker, osteoartritis en asma. Vetsug word gewoonlik veroorsaak deur 'n kombinasie van 'n buitensporige inname van voedselenergie (te veel eet), gebrek aan oefening en genetiese vatbaarheid. In sommige gevalle lê die oorsaak egter hoofsaaklik in die gene, endokriene afwykings, medikasie of 'n geestesteuring. Daar is min bewyse vir die opvatting dat sommige obese individue min eet en tog as gevolg van 'n stadige metabolisme swaarder word. Obese mense verbruik deurgaans meer energie as hul slanke eweknieë vanweë die hoeveelheid energie wat die instandhouding van 'n groter lyf verg.

Obesiteit: Mediese toestand waarin oortollige liggaamsvet gesondheid benadeel
In die middeleeue en die renaissance is vetsug dikwels as 'n teken van welvaart beskou.

Dieet en oefening is die belangrikste komponente vir die behandeling van vetsug. Die kwaliteit van die dieet kan verbeter word deur minder energiedigte voedsel (met minder vet en suiker) en meer dieetvesel in te neem. Uiteindelik kan anti-vetsugmedikasie geneem word om eetlus of vetabsorpsie te rem, natuurlik in kombinasie met 'n gepaste dieet. Wanneer dieet, oefening en medikasie geen effek het nie, kan 'n maagballon help om gewig te verloor. In uiterste gevalle kan 'n operasie uitgevoer word om die maaginhoud te verklein en/of die derm te verkort. Hierdeur sal die persoon vinniger versadig voel en die liggaam se vermoë om voedingstowwe op te neem ingeperk word.

Vetsug is wêreldwyd een van die belangrikste voorkombare doodsoorsake en kom steeds meer gereeld by volwassenes en jeugdiges voor. Owerhede beskou dit as een van die ernstigste gesondheidsprobleme van die 21ste eeu.

Obesiteit: Mediese toestand waarin oortollige liggaamsvet gesondheid benadeel
'n Obese tienerseun.

In 'n groot deel van die moderne wêreld (veral in die Weste) gee vetsug aanleiding tot stigmatisering. Tog is dit vroeër algemeen as 'n simbool van rykdom en vrugbaarheid gesien, en in sommige dele van die wêreld is dit tot vandag toe die geval.

Indeling

Obesiteit is 'n mediese toestand waarin oortollige liggaamsvet opgehoop het tot die mate dat dit 'n nadelige effek op gesondheid kan hê. Dit word gedefinieer deur die liggaamsmassa-indeks (BMI) en verder geëvalueer in terme van vetverspreiding via die middellyf-heupverhouding en totale kardiovaskulêre risikofaktore. By kinders wissel 'n gesonde gewig met ouderdom en geslag. Vetsug by kinders en adolessente word nie as 'n absolute getal gedefinieer nie, maar in verhouding tot 'n historiese normale groep, so dat vetsug 'n BMI is wat groter is as die 95ste  persentiel. Die verwysingsdata waarop hierdie persentiele gebaseer is, dateer van 1963 tot 1994 en is dus nie beïnvloed deur die onlangse gewigstoename nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

GesondheidKilogramLiggaamMeterVet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TjelloAfkortingNiemetaalC.J. LangenhovenGordelroosWatersuiweringBaälPaddaGroot TrekPaasfeesVersoeningsdagDagroofvoëlsUnited Democratic FrontSpelerposisies in rugbyReënspinnekopJan van RiebeeckSeekoeiSnaarinstrumentKuberkrakerMielieBelastingArendJaarPieter DuvenageTegnologieVrystaatChris HaniHeupLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandDiarreeMorfeemWiskundige terminologieKoorsEkonomie van Suid-AfrikaErektiele disfunksieDroogteInsekLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Vierde Industriële RevolusieSamestellingPreseminale vloeistofJapanVerenigde State van AmerikaNoag se arkGipsMynbouSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Vraag en aanbodGrondwet van Suid-AfrikaHolocaustAgtervoegselRumatiekAnette EngelbrechtRoemeensWaterstofWynEksodus (uittog)GautengIndonesiëRuslandKommaIndiëBergen-Belsen-konsentrasiekampBukkakeInfeksieJan de WetWewervoëlsBruin menseRivierJohan BadenhorstAdolf HitlerSuikerbekkiesGewoonteDoziHernubare energieKrugerwildtuinSnoeker🡆 More