Vermont Progressive Party

Die Vermont Progressive Party is 'n Amerikaanse politieke party, wat in 1999 gestig en slegs in die deelstaat Vermont aktief is.

Vermont Progressive Party
Party se logo is 'n Amerikaanse eland
Partyleier Anthony Pollina
Senate Leader Geen
House Leader Christopher A. Pearson
Gestig 1999
Hoofkwartier 73 Main Street, Suite 29,
P.O. Box 281
Montpelier, VT 05601
Politieke ideologie Progressivisme
Sosiale demokrasie
Liberalisme
Politieke posisie Fiskaal: Sentrum-links
Sosiaal: Sentrum-links
Internasionale lidmaatskap Geen
Kleur(e) Rooi
Webwerf www.progressiveparty.org

Geskiedenis

Die Vermont Progressive Party het sy oorsprong in die verkiesingsveldtog van Bernie Sanders, wat as onafhanklike kandidaat in die burgemeesterverkiesing in Burlington gestaan het. Sanders, wat later as 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers en vervolgens as 'n lid van die Senaat verkies is, het homself nooit amptelik met die party geassosieer nie, alhoewel die Progressiewes tot sy grootste ondersteuners behoort het. 'n Groep van sy aanhangers het die Progressive Coalition gestig, om in toekomstige verkiesings te staan.

'n Aantal van die Coalition se lede, waaronder Terry Bouricius, is as lede van Vermont se parlement, die Vermont General Assembly, verkies en het, nadat 'n stabiele politieke basis daargestel is, formeel die Progressive Party geword. Met die drie nuwe setels, wat in die verkiesing van 2004 gewen is, is daar nou ses verteenwoordigers van die party in Vermont se Huis van Verteenwoordigers. Dit maak van die Progressiewes die enigste derde party in die VSA wat meer as een setel in 'n deelstaat se parlement gewen het.

In Burlington se burgemeesterverkiesing van 7 Maart 2006 het kiesers Bob Kiss, 'n lid van die Vermont Progressive Party en Vermont se Huis van Verteenwoordigers sedert 2001, bo sy teenstanders Hinda Miller (Demokratiese Party) en Kevin Curley (Republikeinse Party) verkies.

Tags:

1999Verenigde StateVermont

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DomkragSelfmoordVioolBrandstofSpysverteringstelselAntisemitismeE-posTekstielSkaapGeelsugLettergreepAfkortingBysteekOmtrek, oppervlakte en volumeLoftus MaraisKoppeltekenTemperatuurSowjetunieMaagEnergieDeelteken en umlautKlavierAtoomAardkorsBevolkingsafnameFranse RewolusieFamilie (verwantskap)RuslandBeurtkragRooikatHoenderAardbewingJan van TonderWikiquoteHeupIdioomLys van kleureLeierImpakte van toerismeLika BerningProteaDiepaartromboseMenstruasieWet op NaturellengrondEngelsKonjunktivitisSuid-Afrikaanse randNatuurrampDirekte en Indirekte redeBipolêre gemoedsteuringSteenkoolBritse en Amerikaanse maateenhedeOu Apostoliese KerkDramaKoue OorlogWet op Bantoe-onderwysAngolese BurgeroorlogKatWerkloosheidPlaattektoniekKunsIndonesiëMaatskappyHeelgetalLimpopo (rivier)MieliestronkGeldKaliumBywoordSuurreënHerfsDubbelpuntChristendomKunsmatige algemene intelligensieWes-Germaanse talePizza🡆 More