Verenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En Ierland

Die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland (Engels: Kingdom of Great Britain and Ireland) was die amptelike naam en staatsvorm van die Verenigde Koninkryk van 1 Januarie 1801 tot 12 April 1927.

    Hierdie artikel handel oor die Verenigde Koninkryk in die tydperk toe die hele Ierland deel daarvan was. Vir die staat in sy huidige vorm, sien die Verenigde Koninkryk.

Dit het tot stand gekom met die vereniging van die Koninkryk van Groot-Brittanje (wat self ’n unie was van die Koninkryke van Engeland en Skotland) en die Koninkryk van Ierland, met Ierland wat regstreeks deur die Britse regering regeer is.

Kingdom of Great Britain and Ireland
Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland
Verenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En Ierland
Verenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En Ierland
1801–1927 Verenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En Ierland
Verenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En Ierland
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Dieu et mon droit
(Frans vir: "God en my reg")
Volkslied: God Save the King (tot 1837/1901–22)
God Save the Queen (1837–1901)
Ligging of Verenigde Koninkryk
Ligging of Verenigde Koninkryk
Grondgebied van die Koninkryk van Groot Brittanje en Ierland
Hoofstad Londen
51°30′N 0°07′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117 0°07′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117
Taal/Tale Engels (amptelik),
Wallies (Wallis),
Iers-Gaelies (dele van Ierland),
Skots en Skots-Gaelies (dele van Skotland)
Regering Grondwetlike monargie
Monarg
 - 18011820 George III
 - 1820–1830 George IV
 - 1830–1837 William IV
 - 1837–1901 Victoria
 - 1901–1910 Edward VII
 - 1910–1927 George V
Eerste Minister
 - 1801–1804 William Pitt the Younger (eerste)
 - 19241927 Stanley Baldwin (laaste)
Wetgewer Parlement
Geskiedenis
 - Act of Union 1800 1 Januarie 1801
 - Anglo-Ierse Verdrag 6 Desember 1922
 - Formele naamsverandering 12 April 1927
Oppervlakte
 - 1801 315 093 km2
121 658 sq mi
Bevolking
 - 1801 skatting 16 000 000 
     Digtheid 50,8 /km² 
131,5 /sq mi
 - 1921 skatting 45 370 530 
     Digtheid 144 /km² 
372,9 /sq mi
Geldeenheid Pond sterling

Geskiedenis

Die Koninkryk van Ierland word sedert 1541 bestuur onder die Engelse konings, terwyl die jurie onafhanklik was. Ierland se arm, hoofsaaklik Rooms-Katolieke bevolking is deur 'n klein Protestantse, Iers-Engelse elite beheer. Na die bloedige Ierse Rebellie van 1798 het die Britse regering besluit om Ierland by die Verenigde Koninkryk te annekseer, ten einde die Ierse volk 'n regverdiger verteenwoordiging in die regering te gee en verdere onrus te voorkom. In 1800 het beide die Britse en Ierse parlement ten gunste van 'n Uniewet gestem, wat eers in 1801 in werking getree het.

Vanaf die 1880's het die Iere probeer om groter outonomie binne die Verenigde Koninkryk te verkry, maar hierdie pogings is keer op keer deur opposisie van die Konserwatiewe Party gefrustreer. 'n Huisregeringswet is uiteindelik in 1914 aangeneem, maar die inwerkingtreding is tot ná die Eerste Wêreldoorlog uitgestel. In 1916 het nog 'n opstand in Ierland uitgebreek, die Paasopstand, en in 1919 het LP's van die nuwe Ierse party Sinn Féin besluit om 'n onafhanklike Ierse parlement en regering in Dublin op te rig. Dieselfde jaar het 'n drie jaar lange Ierse Vryheidsoorlog uitgebreek.

Op 2 Desember 1922 is 'n vredesverdrag onderteken waarvolgens die 26 graafskappe van Suid-Ierland die Verenigde Koninkryk verlaat het om die Ierse Vrystaat, 'n outonome staat binne die Britse Ryk, te vorm, met die Britse koning as staatshoof. Die ses noordelike graafskappe het in die Verenigde Koninkryk gebly onder die naam Noord-Ierland.

Die naam Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland het in gebruik gebly tot 1927, toe die naam verander is na die huidige Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland.

Lys van monarge

Tot 1927 was die woorde "Koning(in) van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland" deel van die monarg se koninklike titel. In 1927 is die woorde "Verenigde Koninkryk" weggelaat en was die titel "Koning(in) van Groot-Brittanje, Ierland … [en ander plekke]". Die woorde "Verenigde Koninkryk" is in 1953 in die titel teruggeplaas. Die verwysing na "Ierland" is vervang deur ’n verwysing na "Noord-Ierland".

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Verenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En Ierland GeskiedenisVerenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En Ierland Lys van monargeVerenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En Ierland VerwysingsVerenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En Ierland Eksterne skakelsVerenigde Koninkryk Van Groot-Brittanje En IerlandEngelsKoninkryk van EngelandKoninkryk van Groot-BrittanjeKoninkryk van IerlandKoninkryk van SkotlandVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Onse VaderMoslemGeskiedenis van AfrikaansRekenaarKalenderWolkHartseerKatAtoomMaatskaplike verantwoordelikheidTerracottaleërKolorektale kankerRookgewoonteBiodiversiteitFiela se kind (rolprent)Transatlantiese slawehandelVerlede tydAardbewingMondLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SkrywerProvinsies van Suid-AfrikaHigiëneIronieBynierWesterse filosofieTegnologieWaterbesparing in Suid-AfrikaNelson MandelaDroogteLeah van NiekerkWright-broersLys van veltoestandeKunsmatige algemene intelligensieDermpoliepOorstromingRenosterHeuningbyWeervoorspellingSeptimius AwardsMosambiekkanaalSwart mensePizzaSlawernyKaapstadSlag van BloedrivierDansKaartNiersteenEuropaOligopolieProteïenKriekKlereInentingInkomsteKorrupsieGemeenskapsorganisasieSuid-AfrikaHannes van WykChemiese elementSeevlakDiskriminasieAtletiekIntensiewe vormAngolese BurgeroorlogGriekwa-AfrikaansWetenskapVroueregteGeboorteJan van RiebeeckLys van Afrikaanse rolprenteVrouGeelsugAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHoofpynVerbondsarkElandré🡆 More