Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Krieketspan wat die Verenigde Arabiese Emirate verteenwoordig

Die Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan (Arabies: فريق الإمارات الوطني للكريكيت) is die nasionale krieketspan wat die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in internasionale krieket verteenwoordig.

Hulle word deur die Emiratiese Krieketraad (ECB, van Engels: Emirates Cricket Board) bestuur wat in 1989 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en een jaar later ’n geassosieerde lid geword het. Sedert 2005 is die IKR se administratiewe kantore in Doebai gesetel, terwyl die hoofkantoor nog steeds op Lord’s in Londen is.

Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken
Kenteken van die Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan
KonferensieEmiratiese Krieketraad (ECB)
Personeel
EDI-kapteinVriitya Aravind
T20I-kapteinMuhammad Waseem
AfrigterVlag van Pakistan Mudassar Nazar
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1990)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans Beste rang tot dusver
EDI19de13de (op 2 Mei 2022)
T20I17de11de (op 21 Oktober 2019)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Indië Indië op Sharjah-krieketstadion, Sharjah; 13 April 1994
Laaste EDIt Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State op Takashinga-krieketklub, Harare; 6 Julie 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel10837/70 (34,25%)
(1 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar269/17
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings2/13 (eerste in 1996)
Beste uitslagGroepfase (in 1996 en 2015)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
9 (eerste in 1994)
Beste uitslagKampioen (in 1994)
Kampioenetrofee-verskynings0/8
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Nederland Nederland op Kingsmead, Sylhet; 17 Maart 2014
Laaste T20It Vlag van Nepal Nepal op Mulpani-krieketveld, Kageshwari-Manohara; 3 November 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel9045/44 (50,00%)
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar2111/10
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings2/9 (eerste in 2014)
Beste uitslagEerste rondte (in 2014 en 2022)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2010)
Beste uitslagKampioen (in 2022)
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken
EDI- en T20I-klere

Die Verenigde Arabiese Emirate is een van die opkomende EDI-spanne; hulle het die AKR-trofee tussen 2000 en 2006 vier keer agtereenvolgens gewen, en was ook naaswenners by drie ander geleenthede (in 1996, 1998 en 2008) sedert dié toernooi vir die eerste keer uitgespeel is. Hulle het die 1994-krieketwêreldbekerkwalifikasie gewen en aan die Krieketwêreldbeker 1996 deelgeneem. Bykomende EDI-wedstryde is tydens die Asiatiese Bekertoernooie in 2004 en 2008 gespeel. Tydens die 2014-krieketwêreldbekerkwalifikasie het hulle in die tweede plek na Skotland geëindig en sodoende vir die Krieketwêreldbeker 2015 gekwalifiseer en EDI-status tot in 2018 verkry.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat die Verenigde Arabiese Emirate ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Die Verenigde Arabiese Emirate is tans (November 2023) 19de op die eendagranglys en 17de op die Twintig20-wêreldranglys.

Beheerliggaam

Die Emiratiese Krieketraad (Engels: Emirates Cricket Board, ECB) is in 1989 gestig en verantwoordelik vir die reëling van krieket in die Emirate. In 1990 het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit. Daarbenewens het die ECB in 1984 ’n lid van die Asiatiese krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad) geword.

Die Emiratiese Krieketraad bestuur al die Verenigde Arabiese Emirate se verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die ECB verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Verenigde Arabiese Emirate se span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik die Verenigde Arabiese Emirate oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis

Invoering en vestiging van krieket

In 1892 het die Verenigde Koninkryk verantwoordelikheid oorgeneem vir die sjeikdomme langs die Persiese Golf, destyds “Verdragskus” genoem. Soldate van die Britse Leër het krieket saamgeneem en dié sportsoort op ’n informele vlak beoefen. Die eerste amptelike wedstryde is tydens die Tweede Wêreldoorlog gespeel, toe personeel van die Britse Lugmag en ander Britse Statebondmagte (insluitende eersterangse en klubspelers uit Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika) in stede soos Ajman, Al Ain, Doebai en Sharjah gestasioneer was en hulle hul gunsteling tydverdryf beoefen het. Die kolfblaaie wat hulle rondom die Sharjah-lugmagbasis opgerig het, is ná die einde van die wêreldoorlog deur Britte en ander buitelandse personeel verder gebruik.

Inwoners van Sharjah het teen inwoners van Doebai in plaaslike derbies, wat in Doebai aangebied is, begin speel. Die “tuinstad” van Al Ain beskik oor die oudste krieketraad in die hele Verenigde Arabiese Emirate. Gedurende die 1960’s is die eerste krieketklubs gestig. Die sport se gewildheid het ná die onafhanklikheidwording van die Verenigde Arabiese Emirate in 1971 begin afgeneem. Nadat Suid-Asiatiese werkersmigrante hulle in dié land begin kom vestig het, het hulle hul passie vir krieket saamgeneem. Die plaaslike Arabiese bevolking, wat in Indië en Pakistan opgevoed is, het die nodige infrastruktuur opgerig en van die 1980’s af is plaaslike toernooie aangebied.

Die nasionale span se eerste jare

Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken 
Die Sharjah-krieketstadion het al 200 EDI- en vier toetswedstryde gehuisves

In 1976 het die nasionale span sy eerste wedstryd teen die Pakistanse Internasionale Lugdiens se eersterangse span in Sharjah gespeel. Die toeriste het 345/5 in hul 50 boulbeurte aangeteken en die gasheer was op 88/4 ná 28 boulbeurte, toe dié wedstryd weens reën afgelas is. In 1980 is plaaslike krieketbeheerliggame in Doebai en Sharjah gestig en een jaar later is die Sharjah-krieketstadion ingewy, wat deur ryk inwoners befonds is. Internasionale wedstryde in die Emirate het meestal sonder die plaaslike nasionale span plaasgevind, so die Asiatiese Beker 1984, wat in hierdie stadion aangebied is. Tydens dié toernooi is die eerste EDIs in die Emirate aangebied; deelnemers was Indië, Pakistan en Sri Lanka. Vier jaar later is hier die Austral-Asiatiese Beker tussen Australië, Bangladesj, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Sri Lanka aangebied. In 1995 het die Emirate die Asiatiese Beker tussen Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka aangebied, weer sonder eie deelname. Altesaam is op die stadion meer as 200 EDIs en vier toetswedstryde aangebied. Weens veiligheidskwessies het die Pakistaanse beheerliggaam van sy tuiswedstryde na die Emirate verskuif. Ook Afghanistan moes weens die veiligheidsituasie van sy tuiswedstryde hierheen verskuif.

In 1984 het hulle by die Asiatiese krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad) aangesluit. In 1989 is die Emiratiese Krieketraad (Engels: Emirates Cricket Board, ECB) gestig en hulle het in dieselfde jaar ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword, wat hulle vir wedstryde teen ander nasionale spanne toegelaat het. Reeds in die daaropvolgende jaar het die beheerliggaam ’n assossiaatlid geword. Weens sy nielidmaatskap in die wêreldbeheerliggaam kon die nasionale span nie aan die kwalifiserings vir die krieketwêreldbekertoernooie in 1979, 1983, 1987 en 1992 deelneem nie. Dieselfde het gegeld vir die Asiatiese Bekertoernooie in 1984, 1986, 1988, 1990 en 1995. In 1990 het die nasionale span twee keer swak teen Nederland verloor. Hierdie nederlae het verduidelik dat die Verenigde Arabiese Emirate nog baie moes doen om tydens die IKR-trofee in 1994 suksesvol te wees en die EKR het toe ’n omstrede beleid goedgekeur.

Op pad na die eerste krieketwêreldbekerdeelname

Ten einde van ’n suksesvolle nasionale span tydens die IKR-trofee 1994 in Kenia het die EKR verskeie eersterangse spelers in Indië, Pakistan en Sri Lanka betrek om ’n werkgeleentheid in dié land te vat, sodat hulle volgens die residensiële vereistes vir die Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan kon speel. Met die inheemse kaptein Sultan Zarawani het die Verenigde Arabiese Emirate die trofee ingepalm en daarmee vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer. Dit was hul eerste sukses in hul eerste probeerslag. Hulle het die gasheer Kenia in die eindstryd verslaan (met twee paaltjies). Die Keniaanse spelers en die krieketraad was baie ontsteld oor die feit dat hulle verslaan is deur ’n span wat volgens hulle en ander waarnemers uit “huursoldate” bestaan het. Die IKR het oor dié dispuut geswyg, maar hulle het die vereistes vir nasionale spanne verhoog.

Tydens die Austral-Asiatiese Beker 1994 het die Emiratiese gasheer sy eerste EDIs teen Indië en Pakistan gespeel, maar hulle is ná twee nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel. Die Emiratis het laaste geëindig tydens ’n driehoekige reeks teen Kenia en Nederland in dieselfde jaar en ook in 1995 laaste tydens ’n toernooi teen die A-spanne van die volle lede Indië, Pakistan en Sri Lanka. ’n Jaar later het die span aan die Pakistanse EDI-toernooi deelgeneem en een van vier wedstryde gewen. Tydens die Krieketwêreldbeker 1996 in Indië, Pakistan en Sri Lanka het hulle vir die eerste keer aan dié toernooi deelgeneem, maar al hul wedstryde behalwe vir dié teen Nederland verloor: teen Suid-Afrika (met 169 lopies), teen Engeland (met agt paaltjies), teen Pakistan (met nege paaltjies) en teen Nieu-Seeland (met 109 lopies). Die ontmoeting met Nederland was die eerste EDI-wedstryd tussen twee assossiaatlede van die IKR en die eerste EDI-oorwinning vir die Verenigde Arabiese Emirate (met sewe paaltjies).

Tydens die eerste AKR-trofee 1996 in Maleisië het die Verenigde Arabiese Emirate ná hul nederlaag in die eindstryd teen Bangladesj (met 108 lopies) as naaswenner geëindig, waarmee hulle die Asiatiese Beker 1997 misgeloop het. Weens die verhoogde vereistes vir nasionale spanne was die Verenigde Arabiese Emirate nie in staat om hul sukses van 1994 te herhaal nie, tydens die IKR-trofee 1997 in Maleisië het hulle in die tiende plek geëindig. Tydens die halfeindstryd van die AKR-trofee 1998 in Nepal is die Verenigde Arabiese Emirate deur Bangladesj met ses paaltjies verslaan en hulle het ook die Asiatiese Beker 2000 misgeloop.

In die nuwe millennium

Oor die jare heen kon die span, nadat Bangladesj in 2000 ’n volle lid van die IKR geword het, homself as die beste assossiaatlid in Asië vestig, hoewel hulle nie met die beste assossiaatlid van Europa en Noord-Amerika kon meeding nie. Die Emirate het die AKR-trofeë in 2000 en 2002 gewen, nadat hulle onderskeidelik Hongkong (met drie paaltjies) en Nepal (met ses paaltjies) in die eindstryde verslaan en sodoende vir die daaropvolgende Asiatiese Bekertoernooie in 2004 en 2008 gekwalifiseer het. Tydens die IKR-trofee 2001 in Kanada het die Emirate egter in die vyfde plek geëindig en sodoende die Krieketwêreldbeker 2003 misgeloop. Tydens die Hong Kong Cricket Sixes in dieselfde jaar het hulle daarin geslaag om Australië twee keer te klop.

In 2004 het die Verenigde Arabiese Emirate die Sesnasies-uitdaagtoernooi 2004 aangebied en volgens punte gelykop met vier ander spanne in die vyfde plek geëindig. In dieselfde jaar het die Emirate hul eerste Interkontinentale bekerwedstryd teen Nepal gespeel, waartydens Ali Asad nege paaltjies in die eerste beurt geneem het. Daarna het die Emirate Maleisië verslaan, maar in die halfeindstryd teen Kanada verloor. Die Verenigde Arabiese Emirate het die AKR-trofee gewen, nadat hulle Oman in die eindstryd met 94 lopies geklop het. Daarna het hulle weer EDI-krieket gespeel, maar hulle is deur beide Indië (met 116 lopies) en Sri Lanka (ook met 116 lopies) in die eerste rondte van die Asiatiese Beker 2004 verslaan. Tydens die Hong Kong Cricket Sixes het hulle in die vierde plek geëindig, nadat hulle sowel Indië asook Suid-Afrika verslaan het.

Die Verenigde Arabiese Emirate het tydens die Interkontinentale beker 2005 weer die halfeindstryd gehaal, hoewel hulle in die eerste rondte teen Nepal verloor het. Daarna het hulle in Sharjah ’n reeks teen Engeland A gespeel, maar hulle is in al hul vier wedstryde verslaan. Daarna het hulle Hongkong in die eindstryd van die eerste ACC Fast Track Countries Tournament 2004/05 geklop. Tydens die IKR-trofee 2005 in Ierland het die Emiratis sesde geëindig en daarmee die Krieketwêreldbeker 2007 naelskraap misgeloop. Aansluitend het hulle die tweede ACC Fast Track Countries Tournament 2005/06 gewen. Die Emirate het Hongkong in die eindstryd van die AKR-beker 2006 in Maleisië met vyf paaltjies verslaan, maar hul Interkontinentale bekerveldtog het met ’n beurtnederlaag teen Namibië begin. Daarop het ’n gelykop teen Skotland en ’n nederlaag teen Ierland gevolg, weer met ’n beurt, nadat Eoin Morgan met 209 onoorwonne lopies ’n nuwe Ierse rekord opgestel het. Tydens die eerste AKR T20I-beker 2007 het die Emirate in die vierde plek en tydens die derde en laaste ACC Fast Track Countries Tournament ná Nepal in die tweede plek geëindig.

Die Interkontinentale Beker 2007/08 het teleurstellend verloop, aangesien die Emirate net een oorwinning teen Bermuda in hul sewe wedstryde kon aanteken, terwyl hulle teen Skotland onbeslis gespeel het en deur Kanada verslaan is. Tydens die eerste ACC T20I-beker 2007 in Koeweit het hulle in die vierde plek geëindig. Die afdeling twee van die Wêreldkrieketliga 2007 in Windhoek het vir die span heelwat beter verloop, met ’n oorwinning in die eindstryd teen Oman (met 67 lopies).

Tydens die Asiatiese Beker 2008 in Pakistan is die Emirate in die eerste rondte deur Bangladesj (met 96 lopies) en Sri Lanka (met 142 lopies) verslaan. Tydens die AKR Elitetrofee 2008 het hulle ’n verrassende nederlaag teen Saoedi-Arabië gely; hul eerste AKR-trofee-nederlaag sedert dié in die halfeindstryd in 1998. Hulle het in die eindstryd teen Hongkong met drie paaltjies verloor wat hul reeks van vier agtereenvolgende titels beëindig het.

Die Verenigde Arabiese Emirate het die AKR T20I-beker 2009 aangebied en as naaswenner geëindig, nadat hulle die eindstryd teen Afghanistan met 94 lopies verloor het; tydens dié toernooi het die span al sy vier groepwedstryde en die halfeindstryd teen Oman gewen. Tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2009 in Suid-Afrika het die Emirate net die sewende plek behaal en sodoende die Krieketwêreldbeker 2011 misgeloop. Daarna het hulle Namibië besoek, waar hulle die Interkontinentale Bekerwedstryd en twee bykomende eendaagse wedstryde gewen het. Eers in 2010 kon die span aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering deelneem, nadat hulle voorheen nie aan die Wêreldkrieketliga-afdeling een 2007 vir die T20I-wêreldbeker 2007 en die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2008 vir die T20I-wêreldbeker 2009 deelgeneem het nie. Die gasheer kon egter net die derde plek behaal en het sodoende die T20I-wêreldbeker 2010 misgeloop. Aansluitend het die Emirate die Marylebone-krieketklub (MKK) gehuisves. Daarna het die Ugandese span die Emirate besoek. Terwyl die wedstryd tydens die Interkontinentale Skild 2009/10 onbeslis geëindig het, het die gasheer die eendaagse wedstryd en albei T20Is gewen. Daarna het die span tydens die AKR Elitetrofee 2010 in Koeweit in die sesde plek geëindig en vir die eerste keer die halfeindstryd tydens dié toernooi misgeloop. Aansluitend het die Emirate Bermuda besoek, waar hulle albei eendaagse Interkontinentale Bekerwedstryde en albei T20Is teen die gasheer gewen het. Die daaropvolgende besoek aan Kenia was egter minder suksesvol, aangesien hulle al die vier eendaagse wedstryde teen die nasionale span verloor het. Die eindstryd van die Interkontinentale Skild is in Doebai beslis en deur Namibië teen die gasheer gewen.

Gereelde deelname aan toernooie

Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken 
Wedstryd tussen Indië en die Verenigde Arabiese Emirate tydens die Krieketwêreldbeker 2015 in Perth, Australië

In Oktober 2010 het die beheerliggaam Kabir Khan as nuwe hoofafrigter aangestel. Khan het voorheen tydens sy ampstermyn as Afghanistan se hoofafrigter van een jaar ’n groot sukses behaal en dié nasionale span na EDI-status geneem. Hy het verduidelik, dat dit ook sy doel is om die Verenigde Arabiese Emirate na die T20I-wêreldbeker 2012 te neem. Vir die Asiatiese Bekertoernooie in 2010, 2012 en 2014 is die Emirate nie genooi nie.

In April 2011 het die Emirate afdeling twee van die Wêreldkrieketliga aangebied en onoorwonne beklink, nadat hulle die eindstryd teen Namibië gewen het. In Junie/Julie 2011 het die Emiratis tydens die eerste rondte van die Interkontinentale Beker 2011/13 in Nairobi teen Kenia te staan gekom, waar hulle die Interkontinentale bekerwedstryd gewen en die reeks van twee eendaagse wedstryde onbeslis geëindig het. Daarna het hulle Afghanistan verwelkom; terwyl die Interkontinentale bekerwedstryd onbeslis geëindig het, het die gasheer albei eendaagse wedstryde gewen. In Desember 2011 het die Emirate deelgeneem aan die AKR T20I-beker in Nepal, wat as Asiatiese kwalifiseringstoernooi vir die T20I-wêreldbekerkwalifisiering gedien het. Aangesien die nasionale span reeds uit die Asiatiese kwalifisering geskakel is, het hulle die hooftoernooi misgeloop. Tydens die AKR Elitetrofee 2012 het hulle die titel met Nepal gedeel, nadat die eindstryd onbeslis geëindig het.

Tydens die AKR T20I-beker 2013 het die Verenigde Arabiese Emirate met ’n oorwinning in die uitspeelwedstryd teen Hongkong die derde plek behaal. In November dieselfde jaar het hulle die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2013 aangebied en ná ’n nederlaag in die uitspeelwedstryd teen Nepal in die vierde plek geëindig; met die oorwinning teen Nederland met tien lopies in die kwarteindstryd was hulle reeds vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer. Die jaar 2014 het die Emiratiese span in Nieu-Seeland begin met die krieketwêreldbekerkwalifisering 2014, die laaste fase van die Wêreldkrieketliga 2009/14. In die kwalifisering het hulle die eindstryd gehaal, is deur Skotland met 41 lopies verslaan en het vir die Krieketwêreldbeker 2015 in Australië en Nieu-Seeland gekwalifiseer. Daarmee het die Verenigde Arabiese Emirate ná byna 20 jaar weer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Nadat hulle die kwalifiseringstoernooi onder die vier beste spanne afgesluit het, het hulle vir die daaropvolgende vier jaar ook EDI-status ontvang.

Die T20I-wêreldbeker 2014 het teleurstellend verloop, aangesien die Emiratiese nasionale span in al hul drie wedstryde deur Nederland (met ses paaltjies), Ierland (met 21 lopies) en Zimbabwe (met vyf paaltjies) verslaan en reeds in die eerste rondte uitgeskakel is. Tydens die AKR Premierliga 2014 het hulle met hul tweede plek vir die AKR Kampioenskap 2014 gekwalifiseer. Aangesien Afghanistan en die Verenigde Arabiese Emirate besig was met voorbereidings op die Krieketwêreldbeker is die AKR Kampioenskap 2014 gekanselleer. In teenstelling met die meeste ander aan die krieketwêreldbekertoernooi deelnemende spanne het die Emiratiese span veral uit halfprofessionele spelers bestaan. In die groepwedstryd teen Zimbabwe in Nelson het die span met 285/7 hul hoogste EDI-telling tydens ’n toernooi aangeteken, hulle het nogtans met vier paaltjies verloor. Shaiman Anwar het met 106 lopies teen Ierland die eerste honderdtal vir die Emirate tydens dié toernooi aangeteken en die span het ’n algehele telling van 278/9 bereik. Nadat Ierland die teiken in die laaste boulbeurt gehaal het, is die Emirate nogtans met twee paaltjies verslaan. Nadat hulle ook deur Indië (met nege paaltjies), Pakistan (met 129 lopies), Suid-Afrika (met 146 lopies) en Wes-Indië (met ses paaltjies) verslaan is, is hulle reeds in die groepfase uit die toernooi geskakel. Troosprys was in die laasgenoemde wedstryd die met 109 lopies hoogste vennootskap tussen Amjad Javed en Nasir Aziz teen ’n toetsspan.

Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2015 in Ierland en Skotland het die Emirate slegs die 13de plek behaal en sodoende die T20I-wêreldbeker 2016 misgeloop. Op 21 Julie 2016 het die Emiratiese Krieketraad die eerste sentrale kontrakte met agt krieketspelers onderteken, wie sodoende dié land se eerste professionele krieketspelers geword het. Tydens die Interkontinentale Beker 2015–17 kon hulle slegs Papoea-Nieu-Guinee (met nege paaltjies) en Namibië (met 34 lopies) verslaan, terwyl die deur reën beïnvloede wedstryd teen Skotland onbeslis geëindig en hulle die ander vier wedstryde verloor het. Die enigste ligpunte was die eersterangse honderdtalle deur Muhammad Usman en Saqlain Haider (albei teen Papoea-Nieu-Guinee), deur Adnan Mufti teen Namibië, asook die hoogste aanvangskolwervennootskap vir die Emirate tussen Rohan Mustafa en Chirag Suri tydens dié toernooi teen Afghanistan (met 146 lopies). Nadat die Emirate tydens die Asiatiese Bekerkwalifisering 2016 in Bangladesj al hul drie wedstryde teen Afghanistan, Hongkong en Oman gewen het, het hulle vir die hooftoernooi gekwalifiseer. Tydens die Asiatiese Beker 2016 in Bangladesj is hulle egter in al hul wedstryde deur Sri Lanka (met 14 lopies), Bangladesj (met 51 lopies), Pakistan (met sewe paaltjies) en Indië (met nege paaltjies) verslaan.

Die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 in Zimbabwe het die Emirate in die sesde plek afgesluit en sodoende nie vir die Krieketwêreldbeker 2019 gekwalifiseer nie. Troosprys was hul eerste EDI-oorwinning teen ’n volle lid van die IKR (teen Zimbabwe met drie lopies). Buitendien is die nasionale span se EDI-status tot in 2023 verleng. Ná sy nederlaag in die eindstryd tydens die Asiatiese Bekerkwalifisering 2018 in Maleisië teen Hongkong met twee paaltjies het die span die Asiatiese Beker 2018 misgeloop. Vanweë die politieke spanninge tussen Indië en Pakistan is die hooftoernooi van Indië na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif, terwyl die Indiese beheerliggaam as amptelike gasheer aangebly het.

In 2019 het die span vir sy eerste bilaterale reeks teen ’n volle lid van die IKR Zimbabwe besoek, maar hulle het die EDI-reeks van vier wedstryde met 0–4 verloor. In dieselfde jaar het die Emirate die reeks van vier T20Is in Nederland met 4–0 gewen. Met hulle EDI-status het die Emirate ook die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 vir die Krieketwêreldbeker 2023 gehaal. Die Emiratis het dié toernooi in die sesde plek afgesluit, waarmee hulle die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 se uitspeelrondte gehaal het, wat hulle met ’n swakker lopietempo na die Verenigde State, wat gelyk aan punte was, in die tweede plek afgesluit het. Daarmee het hulle die Krieketwêreldbekerkwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2023 gehaal en gelyktydig hul plek in die Krieketwêreldbekerliga 2 2023–2027 vir die Krieketwêreldbeker 2027 bespreek. Tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 in Zimbabwe het die Emiratis die negende plek behaal, waarmee hulle die hooftoernooi in Indië misgeloop het.

As gasheer was die Emirate regstreeks vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2019 gekwalifiseer, maar met hul sewende plek het hulle die T20I-wêreldbeker 2021 naelskraap misgeloop. In 2021 het die Emirate Ierland vir vier EDIs gehuisves. Hulle het die eerste EDI met ses paaltjies gewen en sodoende hul eerste oorwinning teen Ierland in dié formaat aangeteken. Die tweede en derde EDI moes egter weens verskeie Covid-19-gevalle afgelas word. Ierland het eindelik die vierde EDI gewen en die reeks met 1–1 geëwenaar. In Oktober dieselfde jaar het die Emirate Ierland vir drie T20Is ontvang. Ná hul nederlaag in die eerste wedstryd het hulle die ander twee wedstryde gewen en die reeks met 2–1 beklink. Vanweë die aanhoudende wêreldwye Covid-19-pandemie is die T20I-wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate en Oman aangebied, waarmee albei lande vir die eerste keer wedstryde tydens ’n internasionale toernooi gehuisves het; Indië het egter as amptelike gasheer aangebly. In teenstelling met Oman het die Emirate nie vir dié toernooi gekwalifiseer nie.

Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering se groep A 2022 in Oman het die Verenigde Arabiese Emirate die eindstryd teen Ierland gewen en sodoende vir die T20I-wêreldbeker 2022 in Australië gekwalifiseer. In Februarie 2020 het die Emirate aan die AKR Westelike Streek T20-toernooi deelgeneem, wat deel was van die Asiatiese Bekerkwalifisering 2022. Hulle het al hul groepwedstryde teen Iran, Koeweit en Saoedi-Arabië gewen, in die halfeindstryd Katar verslaan en die eindstryd teen Koeweit beklink. In die tweede deel van die kwalifisering, die Asiatiese Bekerkwalifisering 2022 in Augustus 2022 is die Emiratis deur Koeweit en Hongkong verslaan, terwyl hulle Singapoer geklop het, waarvolgens hulle die hooftoernooi misgeloop het. Vanweë die ekonomiese krisis in Sri Lanka moes die Asiatiese Beker 2022 na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif word, terwyl die Sri Lankaanse beheerliggaam as amptelike gasheer aangebly het. Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 se eerste rondte het die Emiratis teen Nederland en Sri Lanka verloor, terwyl hulle Namibië kon verslaan, waarmee hulle uit dié toernooi geskakel is; laasgenoemde was hul eerste T20I-wêreldbekeroorwinning nog.

In Augustus 2023 het die Emirate Nieu-Seeland vir drie T20Is gehuisves. In die tweede T20I kon die gasheer ’n verrassende oorwinning met sewe paaltjies aanteken. Dit was hulle eerste internasionale oorwinning teen Nieu-Seeland en dié span se eerste nederlaag teen ’n assosiaatlid nog. Tydens die Asiatiese T20I-wêreldbekerkwalifisering 2023 is die Verenigde Arabiese Emirate in die halfeindstryd deur Nepal verslaan en het sodoende die T20I-wêreldbeker 2024 misgeloop.

Kleure en kenteken

In EDI- en T20I-krieket dra die Verenigde Arabiese Emirate swart truie met rooi kleuraksente, swart moue, ’n rooi V-halslyn en swart broeke. Veldwerkers dra ’n swart bofbalpet of ’n swart sonhoed. Die kolwers se helms is op ’n soortgelyke manier geverf. Gedurende IKR-toernooie verskyn die borg se embleem op die regtermou en die belettering UAE verskyn in die middel van die trui.

Die Emiratiese Krieketraad se kenteken toon ’n valk van Koraisj met die belettering UAE Cricket Board daaragter.

Tuisstadions

Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken 
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken 
Doebai Int./IKR-akademie
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken 
Sharjah
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken 
Sjeikh Zayed/Tolerance-ovaal
Ligging van Emiratiese krieketstadions

Die Verenigde Arabiese Emirate beskik nie oor ’n amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan gebruik vir hul krieketwedstryde eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur die Verenigde Arabiese Emirate. Die span het tot dusver tuiswedstryde op vyf tuisstadions gespeel. Vier van dié vyf Emiratiese stadions beskik oor toetskrieketstatus, waarmee die Emirate saam met Oman die enigste land is, wat oor stadions in dié kategorie beskik, maar self geen toetswedstryde speel nie.

No. Stadion Plek Eerste wedstryd
1 Sharjah-krieketstadion Sharjah 6 April 1984
2 IKR-akademieveld Doebai 13 Maart 1995
3 Sjeikh Zayed-krieketstadion Aboe Dhabi 18 April 2006
4 Doebai Internasionale Krieketstadion Doebai 22 April 2009
5 Tolerance-ovaal Aboe Dhabi 22 Oktober 2018

T20I-wêreldbekerstadions

Die Verenigde Arabiese Emirate het saam met Oman die T20I-wêreldbeker 2021 aangebied; Indië het egter steeds as amptelike gasheer aangebly. Dit was die eerste internasionale kriekettoernooi wat in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied is, asook die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur IKR-assosiaatlede gehuisves is.

Spelers

Spelerstatistieke

Altesaam het vir die Verenigde Arabiese Emirate 107 spelers EDI- en 70 spelers T20I-krieket gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Emiratiese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Vriitya Aravind 2019–hede 55 1 693 Muhammad Waseem 2021–hede 41 1 549
Rohan Mustafa 2014–hede 81 1 504 Rohan Mustafa 2014–hede 58 1 006
Shaiman Anwar 2014–2019 40 1 219 Vriitya Aravind 2020–hede 45 0980
Muhammad Waseem 2022–2022 45 1 197 Shaiman Anwar 2014–2019 32 0971
Asif Khan 2022–hede 30 1 049 Muhammad Usman 2016–2022 47 0891
Korrek teen: 6 November 2023 Korrek teen: 6 November 2023

Paaltjies

EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Zahoor Khan 2017–hede 59 89 Zahoor Khan 2017–hede 57 72
Rohan Mustafa 2014–hede 81 85 Rohan Mustafa 2014–hede 58 61
Ahmed Raza 2014–2022 53 64 Junaid Siddique 2019–hede 44 54
Junaid Siddique 2019–hede 43 60 Mohammad Naveed 2015–2019 31 37
Mohammad Naveed 2014–2019 39 53 Ahmed Raza 2014–2022 55 37
Korrek teen: 6 November 2023 Korrek teen: 6 November 2023

Spankapteins

Tot op hede was elf spelers reeds die kaptein vir die Verenigde Arabiese Emirate tydens ’n EDI-wedstryd en nege tydens ’n T20I.

EDI T20I
No. Naam Tydperk Naam Tydperk
1 Sultan Zarawani 1994–1996 Khurram Khan 2014
2 Khurram Khan 2004–2014 Mohammad Tauqir 2015
3 Saqib Ali 2008 Ahmed Raza 2015–2022
4 Ahmed Raza 2014–2022 Amjad Javed 2016–2017
5 Mohammad Tauqir 2015 Rohan Mustafa 2016–2018
6 Amjad Javed 2016 Mohammad Naveed 2019
7 Rohan Mustafa 2017–2018 Rameez Shahzad 2019
8 Mohammad Naveed 2019 Chundangapoyil Rizwan 2022–2023
9 Chundangapoyil Rizwan 2022–2023 Muhammad Waseem 2023–hede
10 Muhammad Waseem 2023
11 Vriitya Aravind 2023–hede

Rekords

EDI-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetslande
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Afghanistan 6 3 3 0 0 50,00 28 November 2014
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Bangladesj 1 0 1 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Engeland 1 0 1 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Ierland 9 1 8 0 0 11,11 8 Januarie 2021
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Indië 3 0 3 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Nieu-Seeland 1 0 1 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Pakistan 3 0 3 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Sri Lanka 3 0 3 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Suid-Afrika 2 0 2 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Wes-Indië 5 0 5 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Zimbabwe 6 1 5 0 0 16,67 22 Maart 2018
t. Assosiaatlede
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Hongkong 4 2 2 0 0 50,00 4 Mei 2014
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Kanada 1 1 0 0 0 100,00 1 April 2023
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Jersey 1 1 0 0 0 100,00 5 April 2023
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Namibië 7 6 1 0 0 85,71 6 Januarie 2020
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Nederland 1 1 0 0 0 100,00 1 Maart 1996
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Nepal 15 6 9 0 0 40,00 30 Augustus 2018
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Oman 8 3 4 1 0 37,50 5 Februarie 2022
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Papoea-Nieu-Guinee 11 6 5 0 0 54,54 31 Maart 2017
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Skotland 13 4 9 0 0 30,76 24 Januarie 2017
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Verenigde State 7 2 5 0 0 28,57 4 Junie 2022
Algeheel 108 37 70 1 0 34,25 1 Maart 1996
Rekords volledig tot en met EDI #4695 op 6 November 2023. Laaste keer hersien op 6 November 2023. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Krieketwêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Nie toegelaat nie
1979 Nie toegelaat nie
1983 Nie toegelaat nie
1987 Nie toegelaat nie
1992 Nie deelgeneem nie
1996 Groepfase
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Groepfase
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 Nie gekwalifiseer nie
2027 N.v.t.
2031 N.v.t.

Kampioenetrofeerekord

Jaar Uitslag
1998 Nie gekwalifiseer nie
2000 Nie gekwalifiseer nie
2002 Nie gekwalifiseer nie
2004 Nie gekwalifiseer nie
2006 Nie gekwalifiseer nie
2009 Nie gekwalifiseer nie
2013 Nie gekwalifiseer nie
2017 Nie gekwalifiseer nie
2025 Nie gekwalifiseer nie
2029 N.v.t.

T20I-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste T20I-oorwinning
t. Toetslande
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Afghanistan 9 2 7 0 0 22,22 19 Februarie 2016
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Australië 1 0 1 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Bangladesj 3 0 3 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Ierland 11 7 4 0 0 63,63 16 Februarie 2016
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Indië 1 0 1 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Nieu-Seeland 3 1 2 0 0 33,33 19 Augustus 2023
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Pakistan 1 0 1 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Sri Lanka 2 0 2 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Zimbabwe 1 0 1 0 0 0,00
t. Assosiaatlede
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Bahrein 3 1 2 0 0 33,33 30 Oktober 2023
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Duitsland 1 1 0 0 0 100,00 19 Februarie 2022
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Hongkong 6 4 2 0 0 66,67 21 Februarie 2016
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Iran 1 1 0 0 0 100,00 23 Februarie 2020
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Jersey 1 0 1 0 0 0,00
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Kanada 1 1 0 0 0 100,00 27 Oktober 2019
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Katar 2 2 0 0 0 100,00 26 Februarie 2020
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Koeweit 5 4 1 0 0 80,00 24 Februarie 2020
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Namibië 2 1 1 0 0 50,00 3 Mei 2023
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Nederland 9 4 5 0 0 44,44 3 Augustus 2019
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Nepal 9 4 5 0 0 44,44 31 Januarie 2019
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Nigerië 1 1 0 0 0 100,00 24 Oktober 2019
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Oman 6 3 3 0 0 50,00 22 November 2015
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Papoea-Nieu-Guinee 3 3 0 0 0 100,00 12 April 2017
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Saoedi-Arabië 2 2 0 0 0 100,00 25 Februarie 2020
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Singapoer 1 1 0 0 0 100,00 22 Augustus 2022
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Skotland 3 1 2 0 0 33,33 4 Februarie 2016
Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure en kenteken  Verenigde State 2 1 0 0 1 50,00 16 Maart 2019
Algeheel 90 45 44 0 1 50,00 22 November 2015
Rekords volledig tot en met T20I #2348 op 5 November 2023. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
2007 Nie gekwalifiseer nie
2009 Nie gekwalifiseer nie
2010 Nie gekwalifiseer nie
2012 Nie gekwalifiseer nie
2014 Eerste rondte
2016 Nie gekwalifiseer nie
2021 Nie gekwalifiseer nie
2022 Eerste rondte
2024 Nie gekwalifiseer nie
2026 N.v.t.
2028 N.v.t.
2030 N.v.t.

Asiatiese Beker

Jaar Uitslag
1984 Nie toegelaat nie
1986 Nie toegelaat nie
1988 Nie toegelaat nie
1990 Nie deelgeneem nie
1993 Toernooi afgelas
1995 Nie deelgeneem nie
1997 Nie gekwalifiseer nie
2000 Nie gekwalifiseer nie
2004 Eerste rondte
2008 Eerste rondte
2010 Nie gekwalifiseer nie
2012 Nie gekwalifiseer nie
2014 Nie gekwalifiseer nie
2016 Eerste rondte
2018 Nie gekwalifiseer nie
2022 Nie gekwalifiseer nie
2023 Nie gekwalifiseer nie

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Verenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan BeheerliggaamVerenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan GeskiedenisVerenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan Kleure en kentekenVerenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan TuisstadionsVerenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan SpelersVerenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan RekordsVerenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan Sien ookVerenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan VerwysingsVerenigde Arabiese Emirate Se Nasionale Krieketspan Eksterne skakelsVerenigde Arabiese Emirate Se Nasionale KrieketspanArabiesDoebai (stad)Emiratiese KrieketraadEngelsInternasionale KrieketraadKrieketLondenLord’sVerenigde Arabiese Emirate

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NederlandAgtervoegselBTWNederlandsSimboolLongontstekingWoordeboek van die Afrikaanse TaalOnderwerp (taalkunde)WerkwoordMandalaBruto binnelandse produkJazzLys van Nederlandse skildersLys van Afrikaanse televisiereekseWieg van die MensdomTelefoonToerismeKoppeltekenSeksWolkWerkloosheidKommunikasieKlimaatsverandering in AfrikaDroomPampoentjiesYsterWaterpokkiesJeuksiekteEkonomie van Suid-AfrikaJodeGroot Muur van ChinaOmgewingsbeheerClanwilliam-sandvisRacheltjie de BeerIndiëLenteAppelBosluisbytkoorsHoofpynProteïenCarike KeuzenkampKangaroeVratAsemhalingGroot GatReënvalbepalingGedigWolfThys die BosveldklongDistillasieNag van die lang messeNelson MandelaPaddaArthur GrumiauxKunsmisTermietHomoniemPersentasieSpierCristiano RonaldoAntisemitismeInflasieKwame NkrumahKonflik (proses)GoudAnale seksVerkleinwoordBeaufortskaalAvbobHeidelberg, GautengNatuurbewaringNarsismeNic de JagerSwart nasionalisme🡆 More