Trianon-Verdrag

Die Verdrag van Trianon is op 4 Junie 1920 tussen Hongarye en die oorwinnaars van die Eerste Wêreldoorlog gesluit.

Die koninkryk van Hongarye is vervolgens in vyf lande verdeel en verloor twee-derdes van sy grondgebied en een-derde van sy bevolking.

Trianon-Verdrag
Die opdeling van Oostenryk-Hongarye na die Eerste Wêreldoorlog
Trianon-Verdrag
Vergelyking tussen die Koningryk van Hongarye voor die Eerste Wêreldoorlog en die onafhanklike Hongarye in 1920

Die verdrag is vernoem na die Grand Trianon-paleis in Versailles, Frankryk, waar dit onderteken is. Die Hongaarse delegasie, onder leiding van graaf Albert Apponyi, het homself op moeilike onderhandelings voorberei, maar het gou agtergekom dat daar niks is om te onderhandel nie. Hongarye moes uiteindelik die geallieerde vredesvoorwaardes sonder noemenswaardige aanpassings aanvaar.

Die land word gereduseer tot slegs 29% van sy oorspronklike grondgebied:

  • Hulle moes Zevenburgen (Transsylvanië), die oostelike helfte van die Banaat en die gebiede rondom die stede Satu Mare (Szatmárnémeti) en Oradea (Nagyvárad) aan Roemenië afstaan.
  • Opper-Hongarye, bestaande uit die latere Slowakye en Karpato-Roethenië (Kárpátalja) gaan na Tsjeggo-Slowakye.
  • Die koninkryk van die Serwiërs, Kroate en Slowene, die latere Joego-Slawië, kry die Vojvodina, waaronder die westelike helfte van die Banaat, voorts Kroasië, wat voorheen 'n semi-outonome deel van Transleithanië was, en nog enkele kleinere gebiede ten noorde daarvan: Prekmurje (Muravidék), Međimurje (Muraköz) en die Baranya-driehoek.
  • Oostenryk kry ten slotte 'n strook wat later die Burgenland sou heet.

Die grootste deel van die verlore gebiede is nie deur etniese Hongare bewoon nie, maar deur voormalige minderhede, waarvan die Slowake, Roemene en Suid-Slawiërs hulle nasionale aspirasies kon verwesenlik. Deur die eensydige manier waarop die grense bepaald is, is ongeveer 3,3 miljoen Hongare uiteindelik van hulle moederland geskei.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

19204 JunieEerste WêreldoorlogHongarye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KokketielKlawers (speelkaarte)SinoniemAce MagashuleKrugerwildtuinProteïenMierleeuLys van Suid-Afrikaanse skrywersOlifantAborsieMaagSwart nasionalismePaasfeesAkroniemErfenisdag (Suid-Afrika)BeroerteLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandMunhwa Broadcasting CorporationMaagsweerSeeAt BothaKonsentrasiekampPuberteitRonelda KamferVerfMisdaadromanGeestesteuringSaldanhabaaiGeelsugGianna MichaelsRicus NelVerenigde KoninkrykGriekse mitologieHerpes simplexParkinson se siekteVarkgriepLikkewaanHamerkopBeurtkragInstagramHamilton WesselsWaar ruwe rotseLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesVaginale kankerRutenium(III)chloriedAppelPlastiekMuishondNagapieLeeuViëtnamHoutMuskeljaatkatSlag van Cuito CuanavaleSendelingposisieAfrikaanse woordelys en spelreëlsSuid-Afrikaanse RugbyunieWindTweede WêreldoorlogPerdVulkaanAuschwitz-konsentrasiekampPornhubBeesvleisOu Apostoliese KerkWinnie Madikizela-MandelaHorlosieJavaScriptHerfsSkerpioenMondJode in Suid-AfrikaTropiese sikloonNicola HanekomLionel MessiJeuksiekte🡆 More