Verdrag Van Guadalupe Hidalgo

Die Verdrag van Guadalupe Hidalgo (Engels: Treaty of Guadalupe Hidalgo, Spaans: Tratado de Guadalupe Hidalgo) was 'n vredesooreenkoms tussen Meksiko en die Verenigde State van Amerika wat op 2 Februarie 1848 onderteken is.

Die verdrag bring 'n einde aan die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog en lei daartoe dat Meksiko 'n groot deel van sy grondgebied (Alta Kalifornië) vir $15 miljoen aan die Verenigde State verkoop.

Verdrag Van Guadalupe Hidalgo
Gebied wat na die oorlog aan die VSA gesedeer is (rooi). Die oranje gekleurde gebied word in 1853 deur die VSA gekoop.
Verdrag Van Guadalupe Hidalgo
Die verdrag in Engels (links) en Spaans (regs).

Die verdrag is in Guadalupe Hidalgo geteken, tans die Distrik Gustavo A. Madero in Meksikostad. Dit is deur Antonio López de Santa Anna en Nicholas P. Trist onderteken. Op 10 Maart word dit deur die Amerikaanse Senaat geratifiseer, en op 19 Mei van dieselfde jaar deur die Meksikaanse regering. Volgens die verdrag word Meksikane in die noorde van Meksiko 'n keuse gebied om Amerikaanse burgerskap te aanvaar of te verskuif. Meer as 90% kies egter Amerikaanse burgerskap.

Soos dikwels met die soort verdrae gebeur, word die verdrag beter in Meksiko as in die VSA onthou. Daar is 'n beweging in die VSA, genaamd Aztlán wat hulle beywer om die gebied wat deur die verdrag verloor is weer by Meksiko te voeg.

Eksterne skakels

Tags:

18482 FebruarieEngelsMeksikaans-Amerikaanse OorlogMeksikoSpaansVerdragVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalDepressie (gemoedstoestand)NierversakingLys van elemente volgens simboolLys van Suid-Afrikaanse skrywersLuiperdBreinSigaretAfghanistanGewone luislangMond2024 Japannese Grand PrixPerdMolotofbomVerkleurmannetjiePoesWes-KaapWeer (meteorologie)Piet ByleveldSatireKoorsMamelukDramaISBN (identifier)TuisbladRolprentOoiSwangerskapKadmiumOekraïneNieu-SeelandArabiesBoomAnilingusBaltimoreEuropese RugbykampioenskapAntjie KrogAsiëHottentot (vis)IranSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureBrasiliaanse nasionale rugbyspanVerenigde KoninkrykSuid-Afrikaanse PolisiediensEuropese Suidelike SterrewagLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsIerse nasionale rugbyspanSeksuele penetrasieGoogle MapsZack du PlessisRugbyAfrikanersBorskankerSolidariteitGerrie PretoriusRam (sterreteken)GetalAfrikaanse taalleerSiembambaNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweGewone drolpeerAlvin BruindersHennie MaasWiskundige terminologieRenteDrie SusterskerkePersentasieAnette Engelbrecht🡆 More