Veldsteenkerk

Veldsteenkerke is kerkgeboue wat van swerfstene gebou is, meestal as dorpskerke op die platteland.

Een van die kenmerkendste veldsteenkerke, wat nie vir 'n dorpsgemeenskap opgerig is nie, is die kloosterkerk in Zinna. Soms word na massiewe veldsteenkerke valslik as weerkerke verwys, alhoewel hulle nie vir verdedigingsdoeleindes gebou is nie.

Veldsteenkerk
Kloosterkerk in Zinna, deelstaat Brandenburg, Duitsland
Veldsteenkerk
Die muurwerk van die veldsteenkerk in die voormalige dorp en landgoed Giesensdorf wat tans deel uitmaak van Berlyn
Veldsteenkerk
Veldsteenkerk in Tyrvää naby Vammala, Finland (1510)

Verspreiding

Veldsteenkerke is uitsluitlik in gebiede opgerig waar gletsers op hulle pad kristalliene materiaal, dit wil sê afgebrokkelde gesteentes agtergelaat het en waar natuurstene uit steengroewe nouliks voorkom. In Duitsland hoort Sleeswyk-Holstein, Mecklenburg-Voorpommere, Sakse-Anhalt en Brandenburg met Berlyn by hierdie streke. Veldstene is daarnaas in Skandinawië, Pole, Finland en die Baltiese lande as boumateriaal gebruik. Swerfstene bestaan gewoonlik uit graniet, gneis of kwartsiete en word sowel in bewerkte asook onbewerkte toestand (dikwels in twee helftes gesplits) gebruik.

Tags:

Kerk (gebou)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cristiano RonaldoAarverkalkingWhatsAppKletsrymMiltPeter SnydersKunsmatige intelligensieDigvormHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalIngrid JonkerOutismeWekkerWeer (meteorologie)Black SashKarooArmoedeCarike KeuzenkampTsoenamiTrigeminale neuralgieRumatoïede artritisBrendan PeyperDoopByMaatskappyKanadaBraaiAalwynAardeDuitse maselsMeettegniekKinderregteLetterkundePesachEnkelvoudige sinReënAppel (sanger)WolkKolonoskopieBelastingFotosinteseDaggaApostoliese GeloofsbelydenisNamibiëGoudLys van Afrikaanse digtersIngenieurswese22 AprilSamespanningTradisionele Afrika-medisyneGeweldBrittany Ashton HolmesPrimêre sektor van die ekonomieMenseregteSeksBernice WestIndustriële RevolusieMangelontstekingSarel Jacob PretoriusKlem-in-die-kaakAfrikaansGrondbewerkingWerkersdagOrthopteraWatersuiweringLys van myne in Suid-AfrikaVennootskapKolorektale kankerAvbobMaagJakkalsAfkappingstekenWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaAandagstreepPikkewynVerenigde KoninkrykKarlien van Jaarsveld🡆 More