Velddrif: Dorp op die weskus van Suid-Afrika

Velddrif is 'n vissersdorp aan die mond van die Bergrivier geleë in die Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit-gebied.

Dit grens aan Laaiplek en Port Owen. Velddrif se bevolking is in 2011 op sowat 11 000 geraam, teenoor 7 800 in 2007 en 5 905 in 1996. Die dorpie het sy naam gekry omrede dit die enigste plek was waar vee en voertuie die rivier kon kruis. Die drif is vervang met 'n brug. Daar is 'n groot soutaanleg van Cerebos suid van Velddrif waar 12 000 ton sout jaarliks uit die see ontgin word.

Velddrif
Bokkomlaan, een van Velddrif se gewilde toeristebestemmings.
Bokkomlaan, een van Velddrif se gewilde toeristebestemmings.
Velddrif is in Wes-Kaap
Velddrif
Velddrif
Velddrif: Port Owen, Wapen, Sien ook Velddrif se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°47′0″S 18°10′0″O / 32.78333°S 18.16667°O / -32.78333; 18.16667 18°10′0″O / 32.78333°S 18.16667°O / -32.78333; 18.16667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikWeskus
MunisipaliteitBergrivier
Stigting1946
Oppervlak
 • Totaal8,87 km2 (3,42 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal11 017
 • Digtheid1 242/km2 (3 220/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense29.6%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense57.1%
 • Swart mense12.2%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Afrikaans 83.5%
 • Xhosa 8.7%
 • Engels 5.8%
 • Ander 2.1%
Poskode (strate)
7365
Poskode (posbusse)
7365
Skakelkode022
Webwerfwww.velddriftourism.co.za
Velddrif: Port Owen, Wapen, Sien ook
Geskiedkundige opstal op die plaas Langrietvlei naby Velddrif.

Port Owen

Port Owen is 'n vakansiedorp en 'n marina, aangrensend aan die vissershawe van Laaiplek en word omring deur soutmoerasse. Die area is bekend vir sy voëllewe: meer as 350 verskillende see-, land- en riviervoëls word hier gevind.

Port Owen was die eerste diepsee, residensiële marinaontwikkeling in Suid-Afrika. Die waterweë word beheer deur die Port Owen Marina-owerheid. Port Owen word aan drie kante omring deur die Bergrivier, wat se toekomstige groei beperk word om seker te maak dit bly rustig en eksklusief. Die rivier is vir 56 km bevaarbaar deur klein bote.

Wapen

Velddrif se munisipale raad het in 1967 'n wapenverlening van die Kaaplandse provinsiale administrateur verkry : In rooi, in die skildhoof 'n fabriek en in die skildvoet 'n pelikaan, albei van natuurlike kleur; die kante rond gesnee van silwer belaai met vier golwende dwarsbalke van blou. Die helmteken was twee gekruiste gekroonde goue visse, en die wapenspreuk "Labori detur". Die wapen is in 1972 by die Buro vir Heraldiek geregistreer.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Velddrif Port OwenVelddrif WapenVelddrif Sien ookVelddrif VerwysingsVelddrif Eksterne skakelsVelddrif199620072011BergrivierBergrivier Plaaslike MunisipaliteitDrifLaaiplekTafelsout

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Joodse feeste en herdenkingsOseaanLys van landeSinkHeuningbyTropiese sikloonEienaamAborsieSelfoonChloorGroot GatLongontstekingVoegwoordMiltGroot Muur van ChinaHannes van WykJohannesburgSkerpioenGemeenskapsorganisasieGoogleHemelvaartSuid-AfrikaJan van RiebeeckBraaiWater (molekuul)Labia (geslagsdele)Wêreld- Ekonomiese ForumNederlandsKarlien van JaarsveldFinale OplossingBeesvleisGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaBeesAardeLys van Suid-Afrikaanse skrywersSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Geskiedenis van Suid-AfrikaAnneli van RooyenOlimpiese SpeleMcDonald'sMens3D-rolprentJodeTelevisieWebjoernaalOrgasmeIngenieursweseMusieksimboleImpakte van toerismeHulpwerkwoordDaggaPornografiese akteurLys van Griekse mitologiese figureJavaScriptOraniaGrondbewerkingHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLemoenWeer (meteorologie)WoestynLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameMuskietKoolstofdioksiedVoëlGrondbesoedelingKaapse florarykLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaVulkaanPad na jou hartSirkusElektroniese of digitale mediaGlasWes-KaapYsterTuisbladBreinkaartBosluisItalië🡆 More