Wiki Afrikaans 2022: Carles Puigdemont
AfrikaansVietnameseEnglish

Vanguard-klas duikboot

Britse klas duikbote

Die Vanguard-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Britse Vloot wat interkontinentale ballistiese missiele dra. Hierdie klas is ontwikkel ter ondersteuning van die Trident-kernmissielprojek.

HMS Vanguard te Faslane, 2010

Veertien jaar na die aanvang van Trident is die eerste duikboot, die HMS Vanguard, in diens gestel. Nog drie duikbote het gevolg: HMS Victorius, HMS Vigilant en HMS Vengeance. Hulle dra die Trident D5-missiele aanboord.

Hierdie klas is tweemaal so groot soos die Resolution-klas wat hulle vervang het. Die 16-buismissielstelsel is gebaseer op die 24-buisstelsel van die Amerikaanse Ohio-klas Trident duikbote.

Die duikbote word in hul geheel in Groot-Brittanje vervaardig. 'n Spesiale fasiliteit is gebou by die Devonshire Dock Hall waarin die duikbote vervaardig word. Skepe in dié klas benodig slegs 'n bemanning van 132 teenoor die 149 van 'n Polaris-duikboot. Dit is die gevolg van outomatisering in die nuwe duikbote. Die kernaandrywingstelsel sowel as die wapenstelsel is ook verbeter.

Tegniese besonderhede

 
HMS Victorious in die Clyde-strandmeer, 2003
Besonderhede van die Vanguard-klas duikboot:
ItemStatistiek
Verplasing (oppervlak)15 130 metrieke ton
Verplasing (onderwater)16 000 metrieke ton
Lengte149,9 m
Breedte12,8 m
AandrywingRolls-Royce, PWR-2, 20 507 kW reaktor
Spoed (oppervlak)20 knope
Spoed (onderwater)25 knope
Bemanning132 persone
Wapens4 x 533 mm torpedobuise

18 Spearhead torpedos
Trident D5-Wapenstelsel

Duikbote in die klas

NaamDuikbootWimpelnommerSkeepsbouerKiel gelêTe water gelaatIn diens gestelStatus
HMS Vanguard1S28Vickers Shipbuilding and Engineering,
Barrow-in-Furness.
3 September 19864 Maart 199214 Augustus 1993In diens
HMS Victorious2S293 Desember 198729 September 19937 Januarie 1995In diens
HMS Vigilant3S3016 Februarie 199114 Oktober 19952 November 1996In diens
HMS Vengeance4S311 Februarie 199319 September 199827 November 1999In diens

Bron

  • The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2