Wiki Afrikaans 2022: Spesiaal:Soek
AfrikaansVietnameseEnglish

Die Vanderkloofdam (voorheen bekend as die P.K. le Rouxdam) is 130 km stroomaf van die Gariepdam in die Oranjerivier. Bouwerk aan die dam het begin gedurende April 1971 en die dam is in diens gestel in September 1977. Die dam het 'n bakmaat van 3 236 miljoen m3, die lengte van die wal is 765 m, die hoogte van die wal is 108 m (die hoogste in Suid-Afrika) en die oppervlakte van die dam is 13 874 ha wanneer dit vol is.[4][3]

Vanderkloofdam
Reservaat rondom die Vanderkloofdam[1]
Reservaat rondom die Vanderkloofdam[1]
Vorige naamP.K. le Rouxdam
LiggingTussen Noord-Kaap en Vrystaat
Provinsie/LandSuid-Afrika
Koördinate29°59′32″S 24°43′54″O / 29.99222°S 24.73167°O / -29.99222; 24.73167Koördinate: 29°59′32″S 24°43′54″O / 29.99222°S 24.73167°O / -29.99222; 24.73167
Dam inOranjerivier
DoelOpgaardam, Hidroëlektrisiteit
Konstruksie beginApril 1971
OpeningsdatumSeptember 1977
EienaarDepartement van Waterwese
Soort damBoog-gravitasiedam
Hoogte van wal108 m[2]
Lengte van wal765 m
Bakmaat3 236 miljoen m3[3]
ReservoirVanderkloofdam Reservoir
Damoppervlak13 874 ha
AanlegoperateurEskom
Turbines2
Geïnstalleerde kapasiteit240 MW
Maksimumkapasiteit240 MW
Brug dramotorverkeer
Die dam het 20 jaar lank bekendgestaan as die P.K. le Rouxdam, ter ere van oudmin. P.K. le Roux.

Die damwal is 'n gravitasie-boogtipe ontwerp en die wal bevat 1.1 miljoen  m3 beton. Vier gravitasiesluise aan die linkerkant van die wal verseker dat tot 8 500 m3/s water vrygelaat kan word.

Dam uit die lug

Die dam se hidroëlektriese vermoë is 240 MW en laat water vry teen 'n tempo van 400 m3/s wanneer dit in volle werking is. Die dam is deur die Departement van Waterwese gebou.

Die dam is ook deel van die Oranjerivierprojek.

Die dorpie Vanderkloof het ontstaan uit die kamp wat gebou is vir die mense wat betrokke was by die bou van die dam. Munisipale status is in 1980 aan Vanderkloof toegeken.

Uitleg van 'n hidroëlelektriese dam
A - waterreservoir, B - kragsentrale, C - turbine, D - generator,
E - inlaat, F - waterleiding, G - hoogspanningskabels, H - rivier

Galery


Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

  1. Foto deur Tinus Badenhorst geneem op 15 Nov 2008
  2. "Vanderkloof Dam" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 27 Mei 2009.
  3. 3,0 3,1 "Vanderkloofdam". Departement van Waterwese en Bosbou (Suid-Afrika). Besoek op 27 Mei 2009.
  4. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. p. 312. 1995. ISBN 1-86842-026-4