Van Diens Af (VDA) is 'n Afrikaanse rockgroep uit Secunda in Mpumalanga, Suid-Afrika wat in 2008 gestig is.
Die groeplede is William Jonker (stem), Anton van Wyk (kitaar) en Kevin Curry (dromme). Henk van Heerden was op baskitaar voor hy oorgegee het aan Carl Dugdale.
Van Diens Af | |
---|---|
Ook bekend as | VDA |
Oorsprong | Secunda (Suid-Afrika) |
Genres | Afrikaanse rockmusiek |
Jare aktief | 2008-nou |
Etikette | David Gresham Records |
Webwerf | vandiensaf.co.za |
Lede | William Jonker Anton van Wyk Kevin Curry |
Gewese lede | Henk van Heerden Carl Dugdale |
In April 2009 het die groep sy E.P. opgeneem wat in week 10 op Jakaranda FM se "Demostation" sy verskyning gemaak het, en week 10 gewen het. Die E.P het ook die aandag van die span by David Gresham Records getrek, en is een van die liedjies op die ROKOFF CD saam met groot name soos Jack Parow, Straatligkinders, Foto na Dans, Die Heuwels Fantasties en nog vele meer.
In 2010 het hulle 'n kontrak met David Gresham-rekords geteken vir die opneem van hulle eerste album "Dit Wat Was". Die eerste enkelspeler van die album, "Hou My Vas" het goed gedoen op MK en die SA top-10 op TUKS FM en MFM gehaal as ook die Rock top-10 en top-40 nommer 1 plekke behaal het. Die enkelspeler "Hou My Vas" is ook op MK se Hoordosis 5 gespeel.
VDA is genomineer vir 'n Huisgenoot Tempo asook drie Vonk-toekennings waarvan hulle die afdeling Beste Rockalbum van 2010 gewen het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Van Diens Af, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.