Valda Jansen

Valda Jansen (* 1965, Aliwal-Noord, Oos-Kaap) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, joernalis en radio-omroeper.

Lewe en werk

Valda Jansen is in Desember 1965 in Aliwal-Noord gebore. Sy ontvang haar laerskoolopleiding by Dr. G.J. Joubert Primêre Skool in die Strand. Daarna gaan sy na die C.R. Rhoda Sekondêre Skool in die Strand en matrikuleer aan die Gordon Sekondêre Skool op Somerset-Wes. Sy studeer verder aan die Universiteit van Wes-Kaapland en behaal ’n B.A.-graad en Hoër Onderwysdiploma, waarna sy ook in Duitsland ’n taalkursus volg aan die Goethe-Instituut op die Middeleeuse dorpie Rothenburg ob der Tauber. Later gee sy Duits aan die Portland Sekondêre Skool te Mitchells Plein. In 1998 dien sy as sekretaris en later as ondervoorsitter van die Afrikaanse Skrywersvereniging. As joernalis werk sy vanaf 2004 by Die Burger en behartig onder andere die rubriek “Van alle kante”. Daarna sluit sy haar in April 2007 by Radiosondergrense (RSG) aan as joernalis in nuusaktualiteit. In 2009 is sy ’n finalis met die toekennings van die ATKV-mediapryse vir Beste insetsel in ’n nuus- of dieptenuusprogram met haar insetsel in die program oor Adam Small en in 2010 is sy weer ’n finalis, hierdie keer vir Beste nuus- of dieptenuusprogram vir Monitor op Radiosondergrense. Vanaf Januarie 2014 is sy ’n vryskutskrywer in Kaapstad.

Skryfwerk

Sy debuteer wanneer van haar gedigte opgeneem word in “I Qabane Labantu”, die versamelbundel van versetpoësie onder redaksie van Ampie Coetzee en Hein Willemse en daarna ook in die versamelbundel “Optog”. Haar gedig “Toe skoene” word opgeneem in Gerrit Komrij se bloemlesing “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte” en van haar gedigte word ook opgeneem in “Groot verseboek”. Haar kortverhaal “Mooi Melissa” verskyn in Boeke-Insig van Lente 2007. In Junie 2016 verskyn haar eerste roman, “Hy kom met die skoenlappers”.

Publikasies

  • Hy kom met die skoenlappers (2016)

Verwysings

Tags:

Valda Jansen Lewe en werkValda Jansen SkryfwerkValda Jansen PublikasiesValda Jansen VerwysingsValda Jansen1965Aliwal-NoordDigterJoernalisOos-KaapSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SlawernyWet op NaturellengrondAboriginesKommunismeXenofobie in Suid-AfrikaShakaHemelvaartLetterkundeSuikersiekteKeramiekIndustriële RevolusieKoue OorlogFiela se kindLiefdeLys van Nederlandse skildersJanie du PlessisAnale seksLangste woordLys van Suider-Afrikaanse soogdiereRonelda KamferRacheltjie de BeerDroogteThabo MbekiRudi ClaaseHipoteseMisdaadromanGeelsugMikro-ekonomieDistrik SesHulpwerkwoordTafelbergOraniaGregoriaanse kalenderRobbeneilandAgtervoegselBosluisVoorsetselSlag van BloedrivierImpakte van toerismeAfrikaanse taalleerMisdaadOnderhoudLandbou23 AprilIdioomWeer (meteorologie)EreksieOmgewingskwessies in Suider-AfrikaTegnologie7de LaanMIVWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaGesondheidLetterlike en figuurlike taalgebruikKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVigsWet op Bantoe-onderwysKindermishandelingAbstraksie (rekenaarwetenskap)Wiki CommonsFacebookFranse RewolusieSowjetunieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBorskankerMiltRooikatGlasPrimêre sektor van die ekonomieKolonialismeOnse VaderYsterElektroniese of digitale mediaNedersettingByvoeglike naamwoord🡆 More