Haak-En-Steek

Die haak-en-steek (Vachellia tortilis) is 'n droogtebestande doringboomspesie wat wydverspreid in woestyn-, halfwoestyn- en savannestreke aangetref word.

Volwasse bome ontwikkel 'n plat of effens geronde kroon, en die twee doringtipes waarna dit vernoem is, is maklik sigbaar. Die peule word deur wild en vee gevreet wat dan die sade versprei.

Haak-en-steek
Haak-En-Steek
'n Haak-en-steek in die Serengeti
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Klade: Mimosoideae
Genus: Vachellia
Spesie:
V. tortilis
Binomiale naam
Vachellia tortilis
(Forssk.) Galasso & Banfi, (2008)
Haak-En-Steek
Verspreiding

Inheemse name vir die boom sluit in Mosu of Mosunyana in Tswana, umSasane in Zoeloe en Umbrella thorn in Engels. Die boom se FSA-nommer is 188.

Verspreiding

Dit kom voor van die woestynstreke in die Midde-Ooste en suidwaarts tot in Suid-Afrika. In Suider-Afrika is dit teenwoordig in Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Eswatini en die sentrale en noordelike dele van Suid-Afrika. In Suider-Afrika toon dit 'n voorkeur vir droë, laagliggende bosveld en grasveld. In die res van Afrika en die Midde-Ooste is die boom inheems in Algerië, Angola, Burkina Faso, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Ethiopië, Golf State, Jemen, Kenia, Libanon, Libië, Malawi, Mali, Mauritanië, Marokko, Niger, Nigerië, Oman, Palestina, Saoedi-Arabië, Senegal, Sinai, Sirië, Soedan, Sokotra, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Tunisië, Uganda, Westelike Sahara en Zambië.

Beskrywing

Die kroon is aanvanklik gerond, maar word platter namate dit groter raak. Dié boom verskil van baie ander akasias deurdat dit reguit sowel as gekromde dorings het. Albei soorte dorings groei dikwels saam op dieselfde takkie wat aanleiding gee tot die naam haak-en-steek. Ander akasias met reguit en krom dorings is die rooihaak of vals-haak-en-steek (A. reficiens), die trassiedoring (A. hebeclada) en die buikdoring (A. luederitzii).

Die blomme word in wit of roomkleurige hofies gedra. Die boom se saad word in peule gedra wat 5 tot 9 mm breed en op kenmerkende wyse verdraai is. Dié verdraaide peule en die kombinasie van haak- en reguit dorings maak dit maklik om die boom uit te ken.

Kyk ook

Eksterne skakels

Bronne

Verwysings

Tags:

Haak-En-Steek VerspreidingHaak-En-Steek BeskrywingHaak-En-Steek Kyk ookHaak-En-Steek Eksterne skakelsHaak-En-Steek BronneHaak-En-Steek VerwysingsHaak-En-Steek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeksposisieHorlosieVratMotRacheltjie de BeerAfro-AmerikanersSekondêre sektor van die ekonomieKrapDirekte en Indirekte redeTelkomNasionale VrouedagHartversakingTafelbergKatjieSirkelVenda (taal)EugenetikaVolhoubare ontwikkelingVaginaFinansiële staatByung-Chul HanKnieLimpopo (rivier)TswanaKindersiektesReg tot ‘n gesonde omgewingRobert SobukweToestand van materieHindoeïsmeTydAngolese BurgeroorlogVerlede tydWerkersdagSendelingposisieStadDiepaartromboseLeierGroepsgebiedewetSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieUitwerking van klimaatsveranderingAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLys van bekende Suid-AfrikanersIsraelGriekwa-AfrikaansWêreldboekedagChatGPTKoos BekkerXenofobie in Suid-AfrikaPinksterBrandbergWatersuiweringApartheidSomerCarike KeuzenkampOrtopedieSeksualiteitMiddelmisbruikReënStikstofDoelwitOlifantNamibwoestynPseudowetenskapHernubare energieLongSoortnaamSuid-SothoKameelperdMorfologie (taalkunde)Lionel MessiSeksAarde se atmosfeerGoudkus (streek)Seksuele opwekkingGeskiedenis (vakgebied)Griep🡆 More