Volksparty Vir Vryheid En Demokrasie

Die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (Nederlands: Volkspartij voor Vrijheid en Democratie, VVD) is 'n Nederlandse regs-liberale politieke party, wat in 1948 gestig is.

Volkspartij voor Vrijheid en Democratie
VVD
Logo van die betrokke party.
Leier Dilan Yeşilgöz-Zegerius
Gestig 24 Januarie 1948
Samesmelting van Partij van de Vrijheid en Komitee-Oud
Hoofkwartier Thorbeckehuis, Laan Copes van Cattenburch 52, Den Haag
Jeugvleuel Jongeren Organisatie Vrijheid en Democratie
Ideologie Konserwatiewe liberalisme, Ekonomiese liberalisme
Internasionale affiliasie Liberal International
Amptelike kleure Blou en oranje
Webblad vvd.nl

Die politieke leier is Dilan Yeşilgöz-Zegerius. Die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 22 November 2023 is deur die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie verloor. Die party het 24 setels behaal (-10).

Deelname aan die regering

Van 14 Oktober 2010 tot 5 November 2012 het die VVD met die Christen-Demokratiese Appèl (CDA) die Rutte I-kabinet gevorm. Mark Rutte was hierde kabinet se Eerste Minister. Die kabinet was 'n minderheidskabinet, wat gesteun is deur die Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders.

Van 5 November 2012 tot 26 Oktober 2017 het die VVD met die Party van die Arbeid (PvdA) die Rutte II-kabinet gevorm.

Van 26 Oktober 2017 tot 10 Januarie 2022 het die VVD met die CDA-party, die D66-party en die ChristenUnie-party die Rutte III-kabinet gevorm.

Sedert 10 Januarie 2022 vorm die VVD met dieselfde partye die Rutte IV-kabinet.

Partyleiers

  • Pieter Oud: 28 Januarie 1948 – 16 Mei 1963
  • Edzo Toxopeus: 16 Mei 1963 – 1 Oktober 1969
  • Molly Geertsema: 1 Oktober 1969 – 1 Julie 1971
  • Hans Wiegel: 1 Julie 1971 – 20 April 1982
  • Ed Nijpels: 20 April 1982 – 9 Julie 1986
  • Rudolf de Korte: 9 Julie 1986 – 15 Desember 1986
  • Joris Voorhoeve: 15 Desember 1986 – 30 April 1990
  • Frits Bolkestein: 30 April 1990 – 30 Julie 1998
  • Hans Dijkstal: 30 Julie 1998 – 16 Mei 2002
  • Gerrit Zalm: 16 Mei 2002 – 27 November 2004
  • Jozias van Aartsen: 27 November 2004 – 8 Maart 2006
  • (Willibrord van Beek): 8 Maart 2006 – 31 Mei 2006 (parlementêre leier TK)
  • Mark Rutte: 31 Mei 2006 – 14 Augustus 2023
  • Dilan Yeşilgöz-Zegerius: 14 Augustus 2023 — nou

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Volksparty Vir Vryheid En Demokrasie Deelname aan die regeringVolksparty Vir Vryheid En Demokrasie PartyleiersVolksparty Vir Vryheid En Demokrasie BronneVolksparty Vir Vryheid En Demokrasie Eksterne skakelsVolksparty Vir Vryheid En DemokrasieLiberalismeNederlandNederlands

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NierversakingHerfsLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsEweknienetwerkLentePretoriaWolkMagneetVlinderNazi-DuitslandErosietipesAtriale fibrillasieGrondwet van Suid-AfrikaShakaGriekwa-AfrikaansKweekhuiseffekSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Trigeminale neuralgieMenseregtedagHector PietersonKoolhidraatChatGPTKatoenSeekoeiTafelsoutKunstenaarBeesSendelingposisieNag van die lang messeFiela se kindEnkelvoudige sinLugbesoedelingPerdebyeHomofoonDirekte en Indirekte redeAlliterasieHondGordelroosHomoniemSpreeuErfenishulpbronSwart menseSkynprivaatnetwerkOnderhandelinge om apartheid te beëindigGevolge van aardverwarming op oseaneDermpoliepWaarheid-en-versoeningskommissieGeletterdheidMiltOnderwerp (taalkunde)TafelbergPornhubDesmond TutuEkonomiese sektorSlag van BloedrivierLeeuLieweheersbesieWaterkringloopGrootste rampe in Suid-AfrikaXhosaPreseminale vloeistofAnale seksKlavierCradock-4Franse RewolusieVoegwoordLys van Joodse feeste en herdenkingsLongLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKookpuntRudi ClaaseBestuiwingBeroerteOopbroninhoudMusiekSkarlakenkoors🡆 More