Oetoe: Mesopotamiese godheid

Oetoe of Utu (Akkadiese weergawe van die Sumeriese UD, Son) is die Sumeriese songod.

Hy is die seun van die maangod Nanna en die godin Ningal. Sy broer en susters is Isjkoer en die tweeling Inanna en Eresjkigal. Sy kultussentrum was in die stad Larsa.

Oetoe
Soort god  Sumeries
God van die son
Kultussentrum  Larsa
Simbool Horings, saag
Ouers Nanna en Ningal
Sibbes Isjkoer, Inanna en Eresjkigal

Oetoe is die god van die son, geregtigheid en waarheid. Hy word gewoonlik uitgebeeld met ’n helm met horings en met ’n saagagtige wapen in sy hande. Daar word geglo Utu het elke dag van die berg in die ooste verskyn, wat die sonsopkoms simboliseer, en het óf met ’n koets óf met ’n boot oor die aarde gereis na ’n gat in die berg in die weste, wat die sonsondergang gesimboliseer het. Hy het elke nag in die onderwêreld verdwyn om oor die lot van die dooies te beskik.

Die songod word selde in die Sumeriese mitologie genoem, met een uitsondering: in die Heldedig van Gilgamesj. In dié mite wil Gilgamesj sy naam vestig met die hulp van Oetoe vanweë sy verbintenis met die Berg Cedar. Dit lyk of Oetoe ’n voorvader van Gilgamesj kon gewees het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

InannaIsjkoerNannaSonSumeriesSumeriese beskawing

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TuisbladOlimpiese SpeleApokriewe boekeOorkruipersHondDikdermNag van die lang messeMeeueHomofoonLuiperdKonjunktivitisGemeenskapJak de PriesterKommunikasieWolfKunsmatige algemene intelligensieVormBevolkingSkaakWêreldwye webWolkWetenskaplike klassifikasieStadAbsolute monargieLys van visseVlag van Suid-AfrikaRosa ParksRelatiwiteitsteorieDrie-eenheidSkrywerDermpoliepNarsistiese persoonlikheidsteuringErosieKasteel die Goeie HoopCounter-Strike 2Sharpeville-slagtingOnse VaderKankerGenadedoodGroot vyfHibernasieNaaldekokerLetterlike en figuurlike taalgebruikSonpaneelLandbouKarakteriseringWikipediaImpakte van toerismeLangste woordWithaaiSelfoonWiskundige terminologieDonkieKorrupsieBestuiwingKlem-in-die-kaakMeervoudEreksieMarsSublimasieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeJohannesburgRenosterKatSaartjie BaartmanSkisofrenieMonopolieInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandAngssteuringDiamantYouTubePriemgetalPaasfeesRudi ClaaseWaatlemoenGestremdheid🡆 More