Utahmeer

Die Utahmeer (Engels: Utah Lake) is 'n vlak varswatermeer (met 'n maksimale diepte van tien voet) in die sentrale gedeelte van Utah County, 'n administratiewe distrik van die Amerikaanse deelstaat Utah.

Dit is wes van Provo en 48 myl suid van Salt Lake City in die Utah Valley geleë waar dit deur die metropolitaanse gebied van Provo-Orem omring word. Sy enigste natuurlike uitvloei is die Jordanrivier wat noordwaarts deur die Soutmeervallei vloei om in die Groot Soutmeer uit te mond. Net soos die Groot Soutmeer is ook die Utahmeer 'n klein oorblyfsel van die magtige Lake Bonneville en het sedert sy ontstaan steeds 'n varswatermeer gebly. Dit word gevoed deur bergstroompies.

Utahmeer
Utah Lake State Park: Uitsig oor die Utahmeer in Desember. Dikwels bevries die meer laat in Desember
Utahmeer
Utahmeer in die Novemberson
Utahmeer
Pleasant Grove, een van die nedersettings langs die meer se oewers
Utahmeer
Uitsig oor die Utahmeer vanuit Squaw Mountain, terwyl 'n somerbui in die verte uitsak

Die Utahmeer is die derde grootste meer in Utah en die deelstaat se grootste varswatermeer met 'n oppervlakte van 150 vierkante myl. Die meer is 'n gewilde bestemming vir watersport-geesdriftiges en hengelaars. Daar is boothawens in Provo, Saratoga Springs, American Fork en Lindon sowel as ’n strand en kampeerplek. Vir fietsryers is daar 'n fietspad rondom die meer met 'n lengte van 100 myl, die Utah Lake Loop. Die roete loop deur plat terrein en bied aan die weskant van die meer uitsigte oor die Wasatch Front-bergreeks.

Verwysings

Eksterne skakels

    Toerisme

    Navorsing

    Bootsport

Tags:

AmerikaanseEngelsGroot SoutmeerProvoSalt Lake CityUtah

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoofkarakterJazzReënvalbepalingNG gemeente JansenvilleVliegtuigSebraDepressie (gemoedstoestand)VolstruisMikro-ekonomieKonjunktivitisProstaatklierMisdaadromanBesoedelingMielieThys die Bosveldklong2001VoortrekkermonumentLys van chemiese elemente volgens atoomgetalNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaWiki CommonsDeelteken en umlautLarry PageTienerKrieketMuskietLys van myne in Suid-AfrikaSinoniemKommunikasieVryheidsmanifesJudaïsmeBeesBruin menseEmfiseemCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSuurstofVoedingGalileo GalileiMark (ekonomie)Sout (chemiese stof)Lys van politieke partye in Suid-AfrikaSikloonSwart menseResensieHomoniemDeelwoordStaatstoelaeGrondbesoedelingWeskusHarry PotterOnderwysDigvormVerkragtingRobbeneilandVerkoueJanie du PlessisDiatomiese molekuulSirkusLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameBoelieryVoorvoegselWieg van die MensdomKultuurKolorektale kankerTweede WêreldoorlogMiskruierReënNarsismeMandalaLys van Afrikaanse digtersLys van bekende Suid-AfrikanersNieuwoudtvilleVerkleurmannetjie🡆 More