Ursula K. Le Guin

Ursula Kroeber Le Guin (Oktober 21, 1929 – Januarie 22, 2018) was 'n Amerikaanse skrywer van fiksie, poësie, jeugliteratuur, kortverhale en essays.

Sy word hoofsaaklik beskou as iemand wat aktief was in die genres van wetenskapsfiksie en fantasie, maar sy het ook realistiese fiksie geskryf. Sy was 'n meermalige wenner van die Hugo Award, Nebula Award, Locus Award en World Fantasy Award. In 2003 is sy aangewys as 'n Grandmaster of Science Fiction. En in 2014 het sy die toekenning ontvang van die National Book Foundation Medal for Distinguished Contribution to American Letters.

Ursula K. Le Guin
Ursula K. Le Guin
Ursula K. Le Guin in 2008
Gebore
Ursula Kroeber

21 Oktober 1929
Berkeley, Kalifornië, V.S.A.
Sterf22 Januarie 2018 (op 88)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepRomanskrywer, digteres, essay-skrywer
Bekend virA Wizard of Earthsea (1968)
The Tombs of Atuan (1971)
The Farthest Shore (1972)
The Left Hand of Darkness (1969)
The Dispossessed (1974)
The Word For World Is Forest (1976)
Lavinia (2008)
EggenootCharles Le Guin
Kinders3
Webwerfursulakleguin.com
Handtekening
Ursula K. Le Guin

Lewe

Urusula Kroeber was die dogter van die antropoloog Alfred Louis Kroeber en die skrywer Theodora Kracaw. Tesame met haar drie ouer broers, Clifton, Theodore en Karl, was sy blootgestel aan haar ouers se dinamiese vriendekring, wat figure soos die wetenskaplike Robert Oppenheimer ingesluit het. Le Guin het by Berkeley High School studeer. Daarna het sy 'n B.A.-graad in Franse en Italiaanse Renaissance letterkunde by Radcliffe College in 1951 verwerf, asook 'n M.A-graad in Franse en Italiaanse letterkunde van Columbia Universiteit in 1952. Kort na die aanvang van haar Ph.D.-studies het sy 'n Fulbright-beurs gewen om verder in Frankryk te studeer. op haar skeepsreis na Frankryk het Le Guin haar toekomstige eggenoot ontmoet, die geskiedkundige Charles Le Guin. Hulle is 'n jaar later in Parys getroud. Sy het na haar troue besluit om haar doktorale studies te staak.

Haar man het egter sy Ph.D.-studies by Emory Universiteit voltooi, terwyl sy kinders groot gemaak het, gewerk het as 'n sekretaresse en Franse lesse op universiteitsvlak gegee het. In 1958 het die Le Guin familie verhuis na Portland, Oregon, waar Le Guin tot en met haar dood gelewe het.

Le Guin is op 22 Januarie 2018 oorlede.

Loopbaan

Le Guin het alreeds as kind in letterkunde belanggestel en stories begin skryf.

Tussen 1951 en 1961 het sy 5 romans geskryf wat deur uitgewers verwerp is, omdat hierdie werke ontoeganklik voorgekom het. Terselfdertyd het sy ook poësie geskryf. Haar vroegste skryfwerk was mettertyd aangepas om gepubliseer te word as deel van Orsinian Tales en Malafrena; nie-fantastiese verhale oor 'n fiktiewe land in die middel van Europa, genoem Orsinia. Gepaard daarmee het sy ook kortverhale in wetenskapsfiksie-joernale begin publiseer.

In 1964 het sy met haar beroemde Earthsea-sekwens begin, toe die kortverhaal The World of Unbinding gepubliseer is. Dit is mettertyd opgevolg deur romans genoem A Wizard of Earthsea (1968), The Tombs of Atuan (1970), en The Farthest Shore (1972) (drie romans wat gesamentlik na verwys word as die Earthsea Trilogy). Maar steeds later is hierdie boeke opgevolg deur Tehanu (1990), Tales from Earthsea (2001) en The Other Wind (2001).

Le Guin het ook wye erkenning geniet vir haar roman The Left Hand of Darkness (1969), wat bekroon is met die Hugo Award en Nebula Award vir 1970. Haar daaropvolgende boek, The Dispossessed (1974), het haar die eerste persoon gemaak om hierdie twee toekennings twee keer vir dieselfde twee boeke te wen.

Werke

    Earthsea fantasiereeks
    Hainish wetenskapsfiksiereeks
    The Annals of the Western Shore
  • Gifts (2004)
  • Voices (2006)
  • Powers (2007)
    Ander uiteenlopende werke
  • The Lathe of Heaven (1971)
  • The Wind's Twelve Quarters (1975)
  • Orsinian Tales (1976)
  • The Eye of the Heron (1978)
  • Malafrena (1979)
  • The Beginning Place (1980)
  • The Compass Rose (1982)
  • Always Coming Home (1985)
  • The Birthday of the World: and Other Stories (2002)
  • Lavinia (2008)

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gianna MichaelsAgtervoegselIdioomSokkerKapitalismePoësieLys van kleureBTWUnited Democratic FrontRugbyHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalToringSwawelVerenigde State van AmerikaRassismeLys van musiekinstrumenteBeurtkragLiefdeMenstruasieWithaaiInentingVerenigde KoninkrykNaaldekokerOu Apostoliese KerkAardkorsGrondwetArabies-Israeliese konflikBloedsomloopstelselSpreeuVarkgriepAsemhalingNoag se arkBywoordGawes van die Heilige GeesMiddelmisbruikEk is 'n Afrikaan (toespraak)GeweldNierApokriewe boekeVersamelnaamGoudPriemfaktorTreinOorstromingRekenaarNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyGeldOligopolieHipoteseLys van Afrikaanse rolprenteGevolge van aardverwarming op oseaneAkuutDikdermCorioliskragAbstraksie (rekenaarwetenskap)KommunikasieLys van myne in Suid-AfrikaAfleiding (taalkunde)OogproblemeAfrikanerweerstandsbewegingErosieHemelvaartsdagKlavierSeksuele penetrasieMassaJagluiperdWikimedia-stigtingJohannesburgLys van Nederlandse skildersSprokieVryheidsdagDoelwitDansSaartjie BaartmanKorrupsie🡆 More