Die ontginning van uraan in Suid-Afrika geskied hoofsaaklik as ʼn newe-proses van goud- en kopermynbou.
As sodanig is die land nie ʼn groot produsent van die mineraal nie. In 2019 het Suid-Afrika 346 ton uraan geproduseer.
Daar is tans twee produsente van uraan in Suid-Afrika. Sibanye-Stillwater herverwerk uitskot mynerts by sy Cooke-goudmyn, 35 kilometer wes van Johannesburg. Dieselfde word buite Stilfontein by die Buffelsfontein-goudmyn gedoen.
In 1951 is daar besluit om uraan van uitskot mynerts op Suid-Afrika se talle goudmyne te ontgin. Gevolglik is die Kernbrandstofkorporasie van Suid-Afrika (Nufcor) gestig. Nufcor het in 1998 deel van Anglo Gold geword. Uraanproduksie het ʼn hoogtepunt van rondom 600 ton in 1960 bereik, maar produksie het geleidelik weer begin daal.
Uraan word verryk ten einde:
Uraanerts kan in oopgroef- of ondergrondse myne ontgin word waarna dit op die perseel fyn gemaal word om die uraan van die erts te skei. Verder kan uraanerts in direk in die ertsneerslag opgelos word waarna dit na die oppervlak gepomp word in ʼn proses wat in situ-loging genoem word. Uraan word as uraanoksiedkonsentraat (U3O8) in die mark verkoop.
In Suid-Afrika word die uraanerts met aangepaste vragmotors van Nufcor per pad vervoer na laasgenoemde se aanleg naby Westonaria.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Uraan in Suid-Afrika, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.