Universiteit Van Londen

Die Universiteit van Londen (Engels: University of London) is 'n federasie van kolleges en instellings wat saam die grootste universiteit ter wêreld vorm.

Ongeveer 5% van alle studente in die Verenigde Koninkryk studeer aan een van hierdie kolleges. Sommige van hierdie kolleges bevind hulself onder die mees prestigeryke universiteite ter wêreld.

Universiteit van Londen
University of London
Universiteit Van Londen
Die Universiteit van Londen se
hoofgebou, Senate House, in Bloomsbury

Latyn: Universitas Londiniensis
Gestig:1836
Tipe:Openbare universiteit
Kanselier:Anne, Koninklike Prinses
Studentetal:135 090 intern (2005-2006)
50 000 Internasionale Programme
Ligging:Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
51°31′16″N 0°07′44″W / 51.52111°N 0.12889°W / 51.52111; -0.12889 0°07′44″W / 51.52111°N 0.12889°W / 51.52111; -0.12889
Webtuiste:london.ac.uk

Die Universiteit van Londen is in 1836 gestig en het toe uit slegs twee kolleges bestaan: die University College London (UCL), en King's College London (KCL). Die universiteit was die eerste in die Verenigde Koninkryk wat vroue en mans op gelyke voet toegelaat het. Tans is dit 'n oorkoepelende instituut van 31 onafhanklike kolleges en institute wat reg oor Londen versprei is.

Naas UCL en King's is die bekendste kolleges die London School of Economics (LSE), die St George's University of London (SGUL), die Queen Mary University of London (QMUL), die Royal Holloway University of London (RHUL), die Goldsmiths College, en die School of Oriental and African Studies (SOAS). Die Royal Academy of Music is ook aan die universiteit verbonde.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EngelsVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DysselsdorpVergelykings (taalkunde)Seksueel oordraagbare infeksiePrikkelbaarheid (biologie)OnomatopeePornografiese akteurLionel MessiHipertensieSeevlakstygingKoolstofHartBloedsomloopstelselFinale OplossingMadison IvyKookpuntMaagsweerOrtopedieJames FrechevilleJuan Antonio VillacañasMerinoSelfmoordMorfologie (taalkunde)Direkte en Indirekte redeHindoeïsmePrimêre sektor van die ekonomieWoordeboekVerkleurmannetjieKlem-in-die-kaakOnse VaderEskomTikTokEmosieSelfieCleopatra VIIEkotoerismeVarkWeefselWaterbesoedelingSonkragJagluiperdHidroulikaGlukosePaarl GimnasiumMiddeloorontstekingGasa-Israel-konflik van Oktober 2023PoesTrekarbeidKongo-krisisWerkwoordRob HersovAkroniemRugbyItaliaansFort BeaufortWortelGeskiedenis van die BoererepubliekeSDonkieKaaps-Hollandse stylLys van Griekse mitologiese figureGreen PornoBevolkingWoordsoortRocco SiffrediNamibiëXenofobieSally EsterhuizenJodeAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidVraag en aanbodMateriaalMoedersdagNazi-DuitslandIngrid JonkerKrugerwildtuinGeskiedenis van erotiese afbeeldings🡆 More