Niesiklopedia (Engels: Uncyclopedia) is 'n inhoudvrye ensiklopedie.
Niesiklopedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Afrikaans, Engels en meer |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Uncyclomedia Foundation (vir Niesiklopedia) |
Outeur | Jonathan Huang en "Stillwaters" |
Opgerig | 20 Julie 2011 (Niesiklopedia), 5 Januarie 2005 (Uncyclopedia) |
Huidige status | Aktief |
URL | niesiklopedia.org |
Dit is 'n satiriese parodie van Wikipedia en is in Afrikaans, Engels en verskeie ander tale beskikbaar. Die wiki verskaf humoristiese en satiriese artikels van spesifieke temas en is gerig op vermaak eerder as om betroubare inligting weer te gee.
Die Engelstalige Uncyclopedia is op 5 Januarie 2005 begin deur Jonathan Huang, oftewel "Chronarian", en 'n anonieme helper wat as "Stillwaters" bekend staan. Uncyclopedia en later Niesiklopedia se kenteken is 'n uitgeholde aartappel in teenstelling met Wiki se aardbol. Huang het die domein uncyclopedia.org op 10 Julie 2006 aan Wikia oorgedra sonder die konsensus van die ander webbeheerders. Sedertdien het daar baie interne debatte gewoed oor die eienaarskap van Wikia.
Die Afrikaanse Niesiklopedia is deur die onafhanklike internasionale organisasie "Uncyclomedia Foundation" in die somer van 2011 van stapel gestuur, maar dit het maar min artikels in Afrikaans.
In die begin van 2013 het daar 'n breuk tussen Uncyclopedia en Wikia gekom en loop die projek 'n onafhanklike koers in onder die URL uncyclopedia.co.
Wiki Commons bevat media in verband met Niesiklopedia. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Niesiklopedia, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.