Umtiza

Umtiza is 'n monotipiese genus in die Fabaceae familie, wat die enkele spesie Umtiza listeriana bevat.

Dit is 'n middelgroot, immergroen boom wat voorkom in die binnelandse streek rondom Oos-Londen. Dit is ‘n bedreigde boomspesie en kom voor op die Suid-Afrikaanse lys van beskermde bome. Die boom se FSA-nommer is 205.

Umtiza
Umtiza
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Genus: Umtiza
Spesie:
U. listeriana
Binomiale naam
Umtiza listeriana
Sim
Umtiza
Verspreiding in Oos-Kaap, Suid-Afrika

Verspreiding

Hierdie boom is inheems in Suid-Afrika. Dit het 'n uiters beperkte verspreidingsgebied, naamlik die woude en klowe langs die Buffels- en Nahoonriviere, die omgewing van Oos-Londen, Kentani en King William’s Town en in die Umtiza-natuurreservaat.

Identifikasie

Die boom is lid van die peulvrugfamilie. Dit groei tot 12 m hoog en is immergroen met veervormige saamgestelde blare van 2-6 cm in lengte. Die takkies het skerp punte en die kernhout is hard, swaar en olieagtig.

Gebruik

Die aantal volwasse bome het die laaste jare skerp afgeneem. Redes daarvoor is hoofsaaklik die uitkap daarvan om plek te maak vir woonplek en die gebruik van dele van die boom as medisyne. In tradisionele gemeenskappe is stukkies bas bo ‘n deur gehang as gewaande weerligafleier en beskerming teen bose geeste en siektes.

Lees ook

Verwysings

Bibliografie

Tags:

Umtiza VerspreidingUmtiza IdentifikasieUmtiza GebruikUmtiza Lees ookUmtiza VerwysingsUmtiza BibliografieUmtiza

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tweede VryheidsoorlogYstervarkRobert SobukweGawes van die Heilige GeesRobbeneilandVerantwoordelikheidAce MagashuleSiya KolisiInternetSatellietMasturbasieRandall WicombHemelvaartMaanAntisemitismeOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKlein-KarooHarry KerrKoos BekkerEnsiklopedieValentynsdagWikimedia-stigtingGqeberhaPornografiese subgenresErfenisdag (Suid-Afrika)HemelBesemSkoenlapperFluoorBeroerteBoer Soek 'n VrouMetamfetamienLys van Kaapstad se voorstedeKlawers (speelkaarte)ChristendomCarike KeuzenkampBipolêre gemoedsteuringLys van slangeBesoedelingPuberteitSportGroepsgebiedewetNederduitsch Hervormde KerkWaterkringloopEmosieVerstedelikingBlourokkeReënAllan BoesakOntkiemingWikipediaKarakteriseringIntensiewe vormElandréHeuningbyPeach van PletzenVigsGoudSwaweldioksiedRicus NelPaarl GimnasiumMosesInligtingstegnologieTydWielewaalStilleweGewone luislangJodeProteïenMenslike seksuele gedragSuid-AfrikaLianie MayKrimpvarkieNag van die lang messeIronieNarsistiese persoonlikheidsteuring🡆 More