Umbries

Umbries is 'n uitgestorwe taal uit Oskies-Umbriese groep van die Italiese taalfamilie, wat in die laaste eeue voor Christus in die antieke Italiaanse gewes Umbria gepraat is.

Dit was nou verwant aan Oskies en Volskies en – alhoewel in 'n mindere mate – ook aan Latyn. Sy sprekers, die Umbri, het oorspronklik 'n groot gebied bewoon, wat tot by die Porivier gestrek het. Hulle is later egter deur die Etruskers tot hulle latere tuisland in die Apennyne-bergreeks teruggedring. Die taal het in die loop van die Romeinse geskiedenis volledig verdwyn en is deur Latyn as omgangstaal vervang.

Umbries
Gepraat in: Umbria 
Gebied: Italië
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
 Italies
  Oskies-Umbries
   Umbries 
Skrifstelsel: Oud-Italiese alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: -
ISO 639-2: -
ISO 639-3: xum 
Geskatte verspreiding van tale in Italië in die Ystertydperk.

Umbriese inskripsies, wat tot dusver gevind is, word in twee hoofgroepe verdeel: Oud-Umbriese tekste dateer uit die tydperk van die 7de tot 1ste eeu v.C., en hulle is in variante van die Oud-Italiese alfabet geskryf, wat uit die Etruskiese skrif ontwikkel is. Die Tabulae Iguvinae is die belangrikste van die sowat dertig bekende dokumente van Oud-Umbries, waaroor taalhistorici tans beskik. Hierdie sewe bronstafels, wat dikwels ook die "Ritueel van Iguvium" genoem word en waarskynlik tussen 300 en 90 v.C. saamgestel is, is in die huidige stad Gubbio gevind en bevat notas oor sakrale seremonies en statute vir priesters.

Laat-Umbriese tekste dateer uit die 1ste eeu v.C., en vir hulle is reeds van die Latynse alfabet gebruik gemaak is. Daarna het Umbries vinnig uitgesterf.

'n Vergelyking tussen Umbries en Latyn – die eerste tafel van die Tabulae Iguvinae

Umbries Latyn
      Dei Grabouie
    orer ose persei ocre fisie pir
      orto est
    toteme Iouine arsmor dersecor
      subator sent
    pusei neip heritu.
      Dei Grabouie
    persei tuer perscler uaseto est
    pesetomest peretomest
    frosetomest daetomest
    tuer perscler uirseto auirseto
      uas est. . .
      Deus Grabovie
      si in monte Fisiano ignis
      accensum est
      aut si in populo apparationes debitae
      omissae sunt
      fac ut sit perinde ac si factae essent
      Deus Grabovie
    si in sacrificio tuo aliquis error fuit
    aliqua defectio, aliqua violatio adolendi
    aliquis dolus, aliqua culpa
    si in sacrificio tuo aliquis, aut visus aut invisus,
      error est...

Eksterne skakels

Tags:

ApennyneChristusEtruskersItaliese taleLatynPo (rivier)Umbria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AborsieDriehoekVoortrekkermonumentVryheidsdagKommunismeMeervoudBosluisbytkoorsAborsie in Suid-AfrikaTafelsoutDesimale breukePornografiese akteurAardbewingLeonardo da VinciLys van NG gemeentesSkilpadJapanBeroerteLiesbreukWiskundeSeismologieIntensiewe vormOnderwys in Suid-AfrikaKrokodilDepressie (gemoedstoestand)FiksieAkroniemGalileo GalileiGeweldKlankverskynselsKappie (skryfteken)HartNarsistiese persoonlikheidsteuringAnale seksAnneli van RooyenVarkWeervoorspellingParoniemSeksismeWatersuiweringFabelAfkappingstekenKontinentMisdaadJames FrechevillePornhubAll Citizens PartyVlinderEpilepsieFrankrykTussenwerpselSelfoonSan FranciscoGedigElandréPampoentjiesMasjienAarverkalkingKonsentrasiekampVaste stofApostoliese GeloofsbelydenisSpaansNieregeringsorganisasieRymPolisieSelfoongebruik tydens motorbestuur (teksboodskappe)ErfenisEnkelvoudige sinEkonomieSprokieOnderwysLiewe HeksieProstaatklierKlein-Karoo🡆 More