Ulsan

Ulsan (Koreaans: 울산광역시, ) amptelik die Ulsan Metropolitaanse Stad, is Suid-Korea se sewende grootste metropool met 'n bevolking van meer as 1,2 miljoen en 'n oppervlakte van 1 057,136 km².

Dit is in die suidooste van die land geleë, met die buurstad Busan in die suide en teenoor Gyeongju in die noorde. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.

Ulsan
울산광역시
Ulsan

Kaart Wapen
Ulsan
Ulsan
Vlag
Ulsan
 Land Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
 Streek Yeongnam
 Koördinate 35°33′N 129°19′O / 35.550°N 129.317°O / 35.550; 129.317
 Stigting 1642
 Oppervlakte:  
 - Totaal 1 057,136 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2015) 1 199 717
 - Bevolkingsdigtheid 1 000/vk km
 Tydsone UTC +9 (KST)
 Burgemeester Song Cheol-ho
 Amptelike webwerf ulsan.go.kr

Nywerhede

Ulsan 
Ingang na die Ulsan Sentrale mark

Ulsan is die nywerheidsreus van Suid-Korea, wat die hart vorm van Ulsan se industriële distrik. Dit is die tuiste van die wêreld se grootste motorvervaardigingsaanleg wat deur die Hyundai Motormaatskappy bedryf word, die wêreld se grootste skeepswerf wat deur Hyundai Heavy Industries bedryf word, en die wêreld se tweede grootste olieraffinadery, wat deur SK Energy besit word.

Ulsan is aan die See van Japan geleë en beskik oor Suid-Korea se tweede belangrikste hawe ná die van Busan. In 2012 het Ulsan 'n BBP per capita van $ 79,623 gehad, die hoogste van enige streek in Suid-Korea.

Administratiewe afdelings

Ulsan word in vier administratiewe distrikte (gu) en een county verdeel:

  • Buk Distrik (북구; 北區)
  • Dong Distrik (동구; 東區)
  • Jung Distrik (중구; 中區)
  • Nam Distrik (남구; 南區)
  • Ulju County (울주군; 蔚州郡)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ulsan NywerhedeUlsan Administratiewe afdelingsUlsan VerwysingsUlsan Eksterne skakelsUlsanBusanFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002JapanKoreaansSuid-Korea

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

United Democratic FrontHartaanvalIndiëKommunismeCristiano RonaldoLys van Suid-Afrikaanse digtersAluminiumIndustriële RevolusieBurgerregteLys van landeLys van Suid-Afrikaanse musikanteLugbesoedelingLeeuSeisoenKMenseregtedagKrieketOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAntjie SomersVerdampingAlliterasieBeurtkragVlag van Suid-AfrikaPaasfeesMagnetismeLys van Afrikaanse televisiereekseNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse randSharpeville-slagtingHemelvaartSuurstofEmo AdamsSkoolSiya KolisiVoegwoordMisdaadSeksismeAfleiding (taalkunde)DikdermTuberkuloseAkroniemBlack SashSarel Jacob PretoriusLys van elemente volgens simboolMaagWet op NaturellengrondSosiale ordeBlourokkeJohannesburgChris HaniKoerantSwangerskapMierAfrikaanse TaalmonumentHulpwerkwoordGreen PornoHemelvaartsdagVerlede tydLys van Griekse mitologiese figure3D-rolprentVoëlJaco JacobsLys van kinderspeletjiesKolitisJan-Willem BreureGeweldMandalaKriekGrondbewerkingJudaïsmeKunsmatige intelligensieWeskusWeer (meteorologie)KlereSlang🡆 More