Uitenhage is 'n dorp digby Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, wat veral vir sy Volkswagenfabriek bekend is.
Die Suid-Afrikaanse dogtermaatskappy van die Duitse motorvervaardiger is die grootste op die vasteland van Afrika met sowat 20 000 werknemers.
Uitenhage | |
---|---|
Victoriatoring in Uitenhage | |
Koördinate: 33°46′S 25°24′O / 33.767°S 25.400°O 25°24′O / 33.767°S 25.400°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Munisipaliteit | Nelson Mandelabaai |
Stigting | 1804 |
Regering | |
• Tipe | Deel van 'n Metropolitaanse Munisipaliteit |
• Burgemeester | Retief Odendaal (DA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 75,35 km2 (29,09 vk. myl) |
Hoogte | 103 m (338 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 103 639 |
• Digtheid | 1 375/km2 (3 560/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 18.4% |
• Indiërs/Asiërs | 1.2% |
• Bruin mense | 54.7% |
• Swart mense | 23.8% |
• Ander | 1.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 68.9% |
• Xhosa | 17.9% |
• Engels | 10.4% |
• Ander | 2.9% |
Poskode (strate) | 6230 |
Poskode (posbusse) | 6229 |
Skakelkode | 041 |
Die landdrosdistrik Uitenhage, is op 7 Februarie 1804 deur kommisaris-generaal Jacob Abraham de Mist per proklamasie as 5de distrik van die Kolonie van Graaff-Reinet afgestig. Op 25 April 1804 is kaptein Alberti, die kommandant van Fort Frederick, deur 'n "Publicatie" deur die goewerneur van die Kaapkolonie, Jan Willem Janssens, aangestel om die nuwe landdrosdistrik te bestuur en 'n geskikte woning vir die landdros van die distrik te vind. Kapt Jacob Cuyler is in 1806 gestuur om die pligte van Kapt Alberti oor te neem.
Die goewerneur vernoem die dorp na die Kaapse kommissaris-generaal Jacob Abraham Uitenhage de Mist. Op 11 Junie 1841 het die munisipaliteit van Uitenhage tot stand gekom deur die publikasie van regulasies daarvoor in die Staatskoerant ("Government Gazette").
Op Uitenhage se markplein is 'n standbeeld van 'n Suid-Afrikaanse soldaat. Die standbeeld gedenk die vrywilligers uit Uitenhage wat tussen 1899 en 1902 in die Tweede Vryheidsoorlog geveg het. 'n Motorbuiteband is op 2 April 2015 oor die beeld gegooi en aan die brand gesteek.
Die distrik is 2 500 km² groot. Die belangrikste produkte wat verbou word is wol, sybokhaar, bees- en skaapvleis, sitrus en groente.
Uitenhage het in 2001 saam met Port Elizabeth en Despatch deel geword van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit.
Nota: Afstande per teerpad gemeet
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Uitenhage, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.