U-Carmen Ekhayelitsha: Suid-Afrikaanse operafilm

U-Carmen eKhayelitsha (uitgespreek Oe-Carmen ê Kaai-elietsja) is 'n 2005 Suid-Afrikaanse operafilm wat deur Mark Dornford-May geregisseer en vervaardig is.

U-Carmen eKhayelitsha
Regisseur Mark Dornford-May
Produksieleier Mark Dornford-May
Camilla Driver
Ross Garland
Draaiboek Gebaseer op Bizet se opera Carmen
Speeltyd 120 minute
Land Suid-Afrika
Taal Xhosa

Produksie

Die film is 'n moderne weergawe van Bizet se opera Carmen uit 1875. Dit is geheel en al in Xhosa geskiet, en dit kombineer beide musiek uit die oorspronklike opera met tradisionele Afrika-musiek onder leiding en regie van die Britse dirigent, Charles Hazlewood. Dit vind plaas in die Kaapstadse township Khayelitsha. U-Carmen is in Xhosa vertaal deur Andiswa Kedama en Pauline Malefane, wat onderskeidelik ook Amanda en Carmen in die film vertolk.

Die akteurs het vier weke lank geoefen voordat die film geskiet is. Die musieknommers van die film is regstreeks op die stel opgeneem sonder enige verdere klankverwerking. Die film was Dornford-May se regiedebuut. Geen van die lede van die rolverdeling het voorheen ooit op film gespeel nie.

Storielyn opsomming

Die film begin wanneer Nomakhaya by 'n Kaapstadse polisiekantoor aankom op soek na polisiesersant Jongikhaya. Hy is op patrollie, en daarom besluit sy om later terug te keer om nie deur die ander beamptes geteister te word nie. Intussen gaan Carmen en Amanda by die sigaretfabriek werk. Hulle gaan voor Jongikhaya se polisievoertuig verby en Carmen skreeu op hom omdat hy daar geparkeer het.

Nomakhaya kom uiteindelik by Jongikhaya uit en gee hom 'n ring wat sy sterwende moeder hom gestuur het. Sy versoek hom om na sy dorp terug te keer om sy ma te sien voordat sy sterf. 'n Terugflits onthul dat Jongikhaya deur sy moeder ontken is nadat hy sy broer tydens 'n rusie verdrink het. Later besluit die verveelde polisiebeamptes om na die sigaretfabriek te gaan om die meisies te sien. Carmen word geprikkel toe Jongikhaya sy Bybel lees en haar ignoreer. Sy flankeer met hom en gooi 'n roos in sy motor.

Later kyk die sigaretmeisies televisie en sien dat 'n sangeres, Lulamile Nkomo, van hul township na die omgewing terugkeer vir 'n spesiale konsert. Pinki skakel die televisie af wanneer Carmen na die storie probeer kyk en 'n bakleiery ontstaan. Die polisie daag op om die geveg op te breek. Jongikhaya neem Carmen in hegtenis nadat sy Pinki met 'n mes verwond het. Carmen oortuig Jongikhaya egter om haar te laat gaan in ruil vir haar liefde en beloof om hom later by 'n plaaslike kroeg te ontmoet. Jongikhaya word deur kaptein Gantana in rang verlaag en beperk tot barakke vir sy rol in die ontsnapping.

'n Paar dae later wag Carmen, Amanda, die werkers van die sigaretfabriek en Carmen se dwelmhandelaarsvriende gretig op die aankoms van Lulamile Nkomo by Bra Nkomo se kroeg. Die polisie arriveer om na Carmen te soek, maar sy kruip weg. Jongikhaya kom ook aan, hoewel hy deur die fabrieksmeisies en dwelmhandelaars met vyandigheid behandel word totdat Carmen vir hom instaan. Hy verklaar sy onsterflike liefde vir Carmen en sy waarsku hom weer dat sy net aan haarself behoort. Hy gee ook vir haar sy ma se ring. Op aandrang van Carmen bedank Jongikhaya sy werk en word 'n dwelmhandelaar. Een aand tydens 'n smokkeloperasie word hy egter jaloers as Carmen vriendelik teenoor 'n ander man is en 'n bakleiery ontstaan. Die ander dwelmhandelaars het hom geslaan en 'n woedende Carmen verklaar dat hul verhouding verby is. Carmen gee die ring terug wat hy vir haar gegee het. Jongikhaya is vasbeslote dat Carmen nie van hom sal vergeet nie. Hy sê dat hy haar sal doodmaak as sy hom verwerp.

Carmen was geskeduleer om tydens Lulamile Nkomo se tuiskonsert te sing. Haar vriende waarsku haar dat Jongikhaya in die gehoor is. Toe Carmen probeer om Jongikhaya te vertel dat hul verhouding verby is, jaag hy haar buite die musieklokaal en dreig haar met 'n mes. Ondanks sy onheilspellende bedreiging, weier Carmen om hom terug te neem. Jongikhaya steek haar en word deur die lede van die konsertgehoor gevang terwyl sy sterf.

Toekennings

Die film het lof ontvang en is met die Goue Beer tydens die Berlynse Internasionale Filmfees in 2005 bekroon.

Rolverdeling

  • Carmen – Pauline Malefane
  • Nomakhaya – Lungelwa Blou
  • Jongikhaya – Andile Tshoni
  • Amanda – Andiswa Kedama
  • Manelisa – Noluthando Boqwana

Verwysings

Eksterne skakels

  • U-Carmen Ekhayelitsha: Produksie, Storielyn opsomming, Toekennings  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

U-Carmen Ekhayelitsha ProduksieU-Carmen Ekhayelitsha Storielyn opsommingU-Carmen Ekhayelitsha ToekenningsU-Carmen Ekhayelitsha RolverdelingU-Carmen Ekhayelitsha VerwysingsU-Carmen Ekhayelitsha Eksterne skakelsU-Carmen EkhayelitshaSuid-Afrikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Seksuele opwekkingAlkoholismeVerantwoordelikheidVleilandTienerDataverwerkingEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSarel Jacob PretoriusLys van politieke partye in Suid-AfrikaPrimêre sektor van die ekonomieAardedagSteenkool in Suid-AfrikaDistillasieSpelerposisies in rugbyMasturbasieWeervoorspellingAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeThys die BosveldklongGetalHeidelberg, GautengJavaScriptSiya KolisiGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondDemokrasieEeuSelfoonHoofpynVrouCovid-19-pandemieSosiale ordeTropiese sikloonPoësieGroot GatAvbobConsolidated B-24 LiberatorLieweheersbesieWet op NaturellengrondBynierDoelwitSwawelErfenisGalileo GalileiPlaattektoniekOutismeAboriginesMark (ekonomie)Toekoms van die AardeGordelroosKasteel die Goeie HoopSatellietMiddeloorontstekingDieremishandelingIndustriële RevolusieMisdaadProvinsies van Suid-AfrikaThabo MbekiGewone breukeEmfiseemSitrusHoofstadGeskiedenis van erotiese afbeeldingsAfrikaansTradisionele Afrika-medisyneEnkelvoudige sinMolekuulXenofobieGeskiedenis van AfrikaansJan-Willem BreureYstertydperkKaliumErektiele disfunksieSuurstofBeroerteGeldAnrich HerbstVerkleurmannetjieBoer Soek 'n VrouLemoen🡆 More